Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend

$
0
0

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.

Die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies sal vanaf 19 tot 22 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Die finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die onderskeie kategorieë is:

ATKV-Prosaprys

  • Op pad na Moormansgat – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Die kapokdokter – François Loots (Penguin Random House SA)
  • Eugene – Kirby van der Merwe (Human & Rousseau)

Prys vir Liefdesroman

  • Heimwee – Sophia Kapp (Boekdiva Uitgewers)
  • Murasie – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
  • Droomboom – Marie Spruyt (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Sanctum – Joan Hambidge (Protea Boekhuis)
  • Plunder – Antjie Krog (Human & Rousseau)
  • Narreskip – Johan Myburg (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

  • Dis effens gekompliseerd – Dina Botha (Romanza)
  • Soene onder die kersboom – Madelie Human (Romanza)
  • ’n Ultimatum vir liefde – Corné van Rooyen (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Buit – Dibi Breytenbach (Kwela)
  • Vlam – Sidney Gilroy (Human & Rousseau)
  • Die verkeerde vrou – Irma Venter (Tafelberg)

Prys vir Dramateks

  • Die halwe huis – Ricardo Arendse
  • Offer van die see – Adriaan Havenga
  • Antwoorde – Zack Mtombeni

Prys vir Niefiksie

  • Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog – Vicky Heunis (Protea Boekhuis)
  • Retoervloot – Dan Sleigh (Tafelberg)
  • Die Kaapse slawe, 1652-1838 – Eunice Visser (Protea Boekhuis)

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinders self vir hul gunstelingboeke en -illustrasies stem, word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Die wenners in dié drie kategorieë sal ook tussen 19 en 22 September op Facebook bekendgemaak word.

The post Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>