Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

Persverklaring: ATKV-Mediaveertjies bekroon weer ondersoekende joernalistiek

$
0
0
In ’n era waarin die waarheid dikwels verdraai word en sosiale media vir baie mense hul enigste bron van nuus geword het, wil die ATKV ondersoekende joernalistiek in Afrikaans op ’n tasbare manier bekroon.

Prysgeld van altesaam R30 000 is op die spel.

Joernaliste in alle genres (drukmedia, digitale media, radio en televisie) wat nie skroom om moeilike vrae te vra, diegene in magsposisies tot verantwoording te roep, of die stories te vertel waarvan ander wegskram nie, word genooi om in te skryf in drie kategorieë: LEES, LUISTER en KYK.

Afrikaanse artikels, programme of insetsels wat tussen 1 Maart 2022 en 28 Februarie 2023 verskyn het of uitgesaai is, mag ingeskryf word.

Artikels, programme, insetsels en reekse moet feitelik korrek wees, prikkelend aangebied word, deurdring tot die kern van die saak en insiggewende inligting op ’n verstaanbare manier oordra.

Die kompetisie is oop vir alle joernaliste wat in Afrikaans werk. Die algehele wenner sal R15 000 ontvang, die naaswenner ontvang R10 000, en die persoon wie se werk die uiteindelike derde plek beklee, kry R5 000.

Inskrywings sluit op 15 September 2023 om 17:00 en die wenners word op 24 November 2023 aanlyn aangekondig.

Volledige inligting, reglemente en inskrywingsvorms is hier beskikbaar.

Navrae: Ilse Salzwedel (projekorganiseerder)
E-pos: IlseS@atkv.org.za (Alle amptelike navrae oor die kompetisie moet aan hierdie e-posadres gestuur word.)

The post Persverklaring: ATKV-Mediaveertjies bekroon weer ondersoekende joernalistiek appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>