Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

ATKV-Woordveertjies: Die Afrikaanse woord word vereer in hiérdie liefdesverhale

$
0
0
Dit is weer daardie tyd van die jaar – die ATKV vier skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.

Die kategorie vir die Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Malene Breytenbach, Cliffordene Norton en Ilse Salzwedel.

Die wenner in hierdie kategorie is Heimwee – Sophia Kapp (Boekdiva Uitgewers).

Die beoordeelaars het die volgende te sê gehad oor die wenroman:

Heimwee is Sophia Kapp op haar beste. Hierdie verhaal bevat al die elemente van ’n klassieke liefdesverhaal: ’n lekker storie teen ’n interessante agtergrond, goed ontwikkelde karakters wat tot die leser spreek en intrige wat boei tot op die laaste bladsy. Die meesterlike hantering van die verhaallyne getuig van ’n bedrewe skrywer, en ’n mens verlustig jou in haar uitstekende taalgebruik. Sy doen ook deeglike navorsing, maar sluit die historiese feite naatloos by die verhaal in. Dis ’n goed afgeronde roman uit die pen van ’n skrywer wat nie net haar lesers ken en verstaan nie, maar ook haar genre.

Romanses, of korter liefdesverhale, boer boaan die topverkoperlyste in Afrikaans en die beoordelaars, Carol-Ann Alexander, Amanda Claasens en Kobie van Aswegen, kon kies en keur uit inskrywings.

Die Prys vir Romanses word vanjaar aan ’n Ultimatum vir liefde – Corné van Rooyen (Romanza) toegeken.

Die beoordelaars sê:

Anders as die gewone splinternuwe verhouding tussen held en heldin, het ons hier te doen met die heropbou van ’n huwelik wat skade gely het weens ’n motorongeluk waarin die vrou ernstig beseer is. Behalwe vir fisieke letsels, moet die paartjie ook die dood van hul seuntjie verwerk. Die skrywer gaan met deernis om met sensitiewe kwessies soos rou, vertroue, emosionele konflik, fisieke uitdagings, vergifnis en selfverwyt. ’n Heerlike leeservaring.

Op 21 September word die wenners van die Prys vir Poësie, die Prys vir Dramateks en die Woordwystoekenning aangekondig.

The post ATKV-Woordveertjies: Die Afrikaanse woord word vereer in hiérdie liefdesverhale appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 493

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>