Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all 513 articles
Browse latest View live
↧

Ena Jansen se toespraak by Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum

$
0
0

ommietafel15.11

Ena Jansen (foto: Izak de Vries)

Op 14 Augustus 2015 is 'n geleentheid by die Afrikaanse Taalmuseum aangebied om drie verjaarsdae vir Afrikaans te vier: Afrikaans amptelik 90, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument 40 en die Vriende van Afrikaans 21 jaar oud. Ena Jansen deel haar toespraak by hierdie geleentheid met LitNet.

Taalmonument – 14 Augustus 2015

Terwyl ek vanaand wou rock in my taal, soos Amanda Strydom sing, sal ek eerder moet klou aan my kruk en die rock en amok en lawaai oorlaat aan HemelBesem.

Baie dankie aan Amanda de Stadler en almal wat vanaand gereĂ«l het; vir die uitnodiging om hier te wees. Nooit het ek vermoed dat ek by die Taalmonument sou praat nie – ’n plek wat ek as linkse student op Stellenbosch met groot skeptisisme sien verrys het – ondanks die feit dat my hele lewe in die teken staan van leef en werk in Afrikaans. Vanaf die jare toe my Bolandse ouma Myburgh vir my en my tweelingsussie Christine Smit ons eerste geskrewe Afrikaanse woordjies in die mond gelĂȘ het met opskrifte in haar fotoalbum as sou ons gesĂȘ het as prille kleuters: “Kyk, ons 6 uur bottels!”; “My eerste stappies en dit nogal op my eerste verjaardag!”; “Ai, wat is dit lekker by die Strand!”; “Kyk vir ons saam met Meisie by ons Darling-stomp!”

In die destydse Natal, waar my pa predikant was, en ons byderwetse ma ’n speech & drama-juffrou in die klein dorpies, en later in Durban, waar ons gewoon het, was ek op ’n gemengde Afrikaans-Engels-medium laerskool, en later op Port Natal HoĂ«rskool, destyds een van die beste Afrikaanse skole in die land.

Dat ons op Stellenbosch sou kom studeer, was vanselfsprekend, selfs al het ’n mens daai dae op ’n Saterdagmiddag op die Oranje-sneltrein geklim in Durban en eers Maandag laatoggend ná oorklim op Wellington in Stellenbosch aangekom.

Ek was assistent in die Departement Afrikaans en Nederlands, een van die blouoog-nooiens van Dirk Opperman en WEG Louw, en het voor ek in Nederland gaan studeer het en tien jaar lank daar sou bly (1974–1984), ’n paar wonderlike maande by Die Burger deurgebring. ’n Hoogtepunt was toe ek tydens die hele Sestiger-week by UK aan die perstafel langs Rykie van Reenen gesit het – nooit sal ek die plesier vergeet toe Breyten nĂĄ sy “Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal”-toespraak sy uitgetikte toespraak vir mĂœ aangee, oor die skouer van die politieke verslaggewer wat Die Burger spesiaal op daardie aand na die Universiteit van Kaapstad se lesingsaal gestuur het nie. Met so ’n ou Burger-Volksie het ek tog veilig om die De Waalrylaan-draaie in Keeromstraat uitgekom en uitasem die voorbladberig getik terwyl Piet CilliĂ© kort-kort op sy pantoffels kom kyk het hoe ver ek is.

Maar goed. Amanda het my genooi om veral ’n buitelandse perspektief op Afrikaans te gee.

Die afgelope 15 jaar is ek behalwe dosent aan die VU ook hoogleraar in Afrikaanse taal en letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam – ‘n pos wat baie Suid-Afrikaners as die NP Van Wyk Louw-leerstoel beskryf, omdat hy daar professor was tussen 1950 en 1958. Louw was die eerste bekleder van die leerstoel na die Tweede WĂȘreldoorlog – voor hom was net die Nederlander Gerrit Besselaar professor toe die leerstoel in 1933 ingestel is. Die energieke Elizabeth Conradie, oorspronklik van Wellington, was tydelik nĂĄ hom ‘n lektor totdat sy op baie vroeĂ« leeftyd oorlede is.

In Louw se dae het talle Suid-Afrikaners, soos Elize Botha, Ernst Lindenberg, Philip Grobler en Theuns Cloete, in Amsterdam gaan studeer en by hom gepromoveer. Merwe Scholtz, nog ’n Amsterdam-promovendus, het Louw vir enkele jare opgevolg in die 1960’s. Die doodskiet van 69 van die 19 000 mense wat op 21 Maart 1960 teen paswette by Sharpeville geprotesteer het, was die begin van die kulturele verwydering tussen Nederland en Suid-Afrika, één van die oorsake van die muishondstatus van Afrikaans in die Lae Lande vir talle dekades. Die opstande in 1976 in Soweto en elders was die finale strooi.

Dat die Amsterdamse leerstoel in 2002 heringestel is, en dat ek my intreerede in 2003 kon hou, was ’n mylpaal vir Afrikaans in die buiteland. Meer as Louw probeer ek die afgelope 15 jaar soveel moontlik voorgraadse studente vir my semester lange kursusse interesseer. Omdat Nederlanders Afrikaans dikwels Suid-Afrikaans noem, en my posbeskrywing die woord “Zuid-Afrikaans” bevat, het ek die gaping gevat en kies wel soveel moontlik Afrikaanse boeke vir my kursusse, maar om die veelkantigheid van perspektiewe op die komplekse Suid-Afrikaanse wĂȘreld te gee, lees ons ook Engelstalige boeke deur wit Ă©n uiteraard swart skrywers. Want dĂ­t was die doelstelling wat ek tydens my intreerede uitgespreek het, in teenstelling met Elizabeth Conradie, wat veral die “Hollands-Afrikaanse ziel” wou propageer het:

Voor mij, in dit postapartheid en postkoloniale tijdperk, is zo’n begrenzing onhoudbaar. Een zo groot mogelijke diversiteit van zielen, kleuren en talen wil ik betrekken bij mijn onderwijs en onderzoek van Zuid-Afrikaanse literatuur.

My aanpak is om elke jaar ’n bepaalde tema sentraal te stel: bv landskap, of stad, of die migrasiegeskiedenis en expat-literatuur, of die verwantskap tussen geskiedenis en letterkunde: met aansprekende titels vir die reekse, soos “Tot siens Kaapstad” (’n gedig van Breyten), “O wye en droewe land” (’n versreĂ«l van Louw) of “Want ons is van gister” (vir die geskiedenisreeks). Elke jaar het ek meer as 20, soms tot 30, studente van sowel die VU as die UvA en soms ander universiteite wat die kursusse bywoon en daarmee krediete vir hulle graadkursusse verdien. Wanneer ek volgende jaar uittree, sal daar byna 500 Nederlandse studente wees wat op diĂ© manier ’n wye en intensiewe kennis opgedoen het van die Suid-Afrikaanse konteks en tekste waarin dit uitgedruk word. My promovendi is veral Nederlanders, maar ook ’n uitstekende Russiese vrou, Ksenia Robbe, wat oor moederskap in die Suid-Afrikaanse letterkunde gepromoveer het. Ook Suid-Afrikaners kom soms Amsterdam toe. Ek is byvoorbeeld baie trots daarop dat die jong Hertzogprys-wenner Tertius Kapp by my sy proefskrif aan die skryf is.

Ek is beslis nie die enigste dosent in Suid-Afrikaanse letterkunde in Europa nie. In Pole word baie belangrike werk deur Jerzy Koch en ander dosente gedoen. In Gent is danksy die breĂ« belangstelling van sowel taalkunde- en letterkunde- as sosiologiedosente ’n Suid-Afrikaanse Studiesentrum opgerig. Op hulle webwerf pryk die wuiwende landsvlag met daarby die woorde: “Bly kalm en praat Afrikaans”. Danksy skakeling wat veral deur Wannie Carstens tydens sy termyn as Akademievoorsitter gedryf is, het ’n Internasionale Vereniging vir Afrikaanse Letterkunde tot stand gekom – op diĂ© manier kan kennis oor en weer uitgewissel word tussen al die buitelandse departemente wat met Afrikaanse letterkunde besig is. Al gaan dit soms opdraand by Suid-Afrikaanse universiteite, gaan dit uitstekend met Afrikaans in die buiteland. En ek kan nie anders nie as om vanuit my Amsterdamse perspektief te sĂȘ hoe uiters vreemd dit in die buiteland oorkom dat Stellenbosch hom steeds meer in ’n hoek dryf met so ’n verontskuldigende taalbeleid.

Ek het my praatjie begin met ’n stukkie familiegeskiedenis oor die fotoalbum waarin my ouma Tibbie Myburgh vir my en my tweelingsussie ons eerste Afrikaanse woordjies in die mond gelĂȘ het. Hierdie jaar het ek by Protea Boekhuis ’n boek gepubliseer met die titel Soos familie. Dit gaan nie oor my eie familie nie, maar oor huisbediendes, stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, vroue oor wie Elsa Joubert in haar storie “Agterplaas” skryf: “Sy is soos ’n suster vir my, maar ek ken haar nie.” Soos familie is ’n dikke boek; dis my manier om te rock in my taal. Die geskiedenis van slawerny tot die migrasie stede toe word bespreek. En veral ook baie soorte tekste: van die Maasdorp-boeke, tot Minnie Postma se rubrieke oor haar bediendes in die 1950’s, tot Riana Scheepers se Katrina-stories, tot Koos Kombuis se liedjie Kytie en Ronelda Kamfer se weerwoord oor haar Antie Katie. Die mees onlangse teks is Antjie Krog se reeks “bediendepraatjies”. Hopelik sal Soos familie in Engels vertaal word, maar, soos wat ek in die inleiding skryf, dit was vir my belangrik om juis hierdie boek in Afrikaans te skryf en deur Afrikaanse mense te laat lees. Want dit gaan oor ’n instelling wat alle Suid-Afrikaners tot in die hart raak. Dat Jean Meiring die boek in sy resensie ‘n “monument” noem en afsluit met die paragrafie: “Oor monnemente gepraat, dank die gode daar’s nog nie wĂ©rklik sprake van die laaste Afrikaanse boek nie”, het hy my baie bly gemaak. Hy verwys natuurlik tegelykertyd na Peter Blum, die buitelander gebore in TriĂ«st, tot Karel Schoeman, die kleinseun van Nederlandse migrante. Ek is dit so naby die Taalmonument vanaand roerend eens met Meiring: laat ons Afrikaans bly skryf Ă©n lees, Ă©n daarin rock, amok maak Ă©n lawaai. En bowendien aksies steun soos van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal: ek wil daarom uiteindelik doen wat ek my al ’n tydjie voorgeneem het: ’n woord borg – die woordjie ABBA.

The post Ena Jansen se toespraak by Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum appeared first on LitNet.

↧

SA Akademie wag voorleggings in vir die jaarlikse pryse aan skrywers van die beste Afrikaanse geakkrediteerde artikels

$
0
0

AAN: REDAKTEURS VAN GEAKKREDITEERDE TYDSKRIFTE

Geagte Redakteur

I/S GEAKKREDITEERDE ARTIKELS IN AFRIKAANS

In die lig van die afname in die publikasie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans stel die ATKV jaarliks ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte (papierformaat of elektronies) verskyn het: R40 000 (R10 000 per artikel) vir vier artikels in die geesteswetenskappe en R20 000 (R10 000 per artikel) vir twee artikels in die natuurwetenskappe. Laasgenoemde sluit die ingenieurswese en die mediese wetenskappe in.

In verband met bogenoemde word u vriendelik versoek om een of hoogstens twee artikels (geskryf in Afrikaans) voor te lĂȘ wat na die mening van die redaksie beskou word as die beste wat in die gegewe tydperk in u tydskrif verskyn het.

Die volgende reëls geld:

  • Die voorgelegde artikel of artikels moes verskyn het in tydskrifaflewerings tussen Januarie 2013 en einde Desember 2014 – dus artikels wat die afgelope twee jaar verskyn het.
  • ’n Afskrif van die betrokke artikel moet saam met die name van die persone wat as keurders opgetree het, voorgelĂȘ word.  Laasgenoemde inligting sal vertroulik gehou word.  Die redakteur moet in ’n begeleidende skrywe kortliks motiveer waarom ’n artikel of artikels (hoogstens 2) hoog aangeskryf word.
  • ’n Kommissie van die Akademieraad sal die ingestuurde artikels beoordeel en indien nodig kenners op die betrokke vakgebied raadpleeg.  Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die bekroonde kandidaat moet bereid wees om die prysgeld in ontvangs te neem op ’n plek en by ’n geleentheid soos bepaal deur die SA Akademie in oorleg met die ATKV.
  • Die sperdatum vir inskrywings is 30 September 2015.  Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Uitslae sal aan die einde van die jaar bekend wees. Inskrywings kan gestuur word aan linda@akademie.co.za

In die vorige ronde in 2015 is die prys aan die volgende persone toegeken vir artikels wat in 2012 verskyn het:

  • Prof. Susan Smith, Departement Afrikaans, Universiteit van Fort Hare vir haar artikel: Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoĂ«tiese skryfpraktyk wat in LitNet Akademies, jg. 9, no.3, Desember 2012 verskyn het.
  • Prof. Jan Harm van Wyk vir sy artikel Van Christologie tot Jesulogie? Teologiese gesprek met Sakkie Spangenberg na aanleiding van sy boek Jesus van Nasaret (2009) wat in In die Skriflig, 46(1), 2012 verskyn het.
  • Prof. J.M. (Jannie) Otto, Departement Privaatreg, Universiteit van Johannesburg vir sy artikel Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming wat in LitNet Akademies Jg. 9, no. 1, Maart 2012.
  • Prof. Fanie de Beer vir sy artikel Die polemologie vir die gees wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, jg. 52, no. 1, Maart 2012 verskyn het.

Natuurwetenskappe:

  • Prof. Helgaard Raubenheimer, Departement Chemie en Polimeerwetenskappe, Universiteit Stellenbosch vir sy artikel Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop wat in LitNet Akademies, jg. 9, no. 3, Desember 2012 verskyn het.
  • Prof. Francois Durand en mede-outeurs vir hulle artikel Die karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng) in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 31, no. 1, 2012.

Versoek:
Die SA Akademie en die ATKV wil u graag aanmoedig om in u tydskrif se redaksionele riglyne op te neem dat artikels in Afrikaans ook geplaas sal word.

Die SA Akademie se Tydskrif vir Geesteswetenskappe plaas normaalweg alle artikels in Afrikaans (soms ook in Nederlands of Duits) en is 'n ISI-goedgekeurde tydskrif.

Die Akademie se SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie verskyn as 'n ooptoegangtydskrif en plaas eweneens slegs artikels in Afrikaans. Manuskripte word dikwels afgelaai, ook deur buitelanders wat trefwoorde op Google Scholar vind en dan die outomatiese vertaling op die webblad gebruik om die artikel te lees.

Vriendelike groete

Dr. Dionē Prinsloo
Hoof Uitvoerende Beampte

The post SA Akademie wag voorleggings in vir die jaarlikse pryse aan skrywers van die beste Afrikaanse geakkrediteerde artikels appeared first on LitNet.

↧
↧

Wilna Adriaanse (1958–)

$
0
0

SĂȘgoed van Wilna Adriaanse

“Lesers hou van karakters waarmee hulle kan identifiseer, hulle lees agter ’n sterk intrige aan en die liefdesaspek is maar net een deel van die storie. Interessant genoeg, vroue van alle ouderdomme, uit alle dele van die land en uit alle beroepe lees liefdesverhale. En deesdae raak al hoe meer mans dapper genoeg om te erken hulle lees dit ook.”

“Ek dink nooit karakters self uit nie: hulle kom verlei my en fluister in my oor dat hulle wil hĂȘ ek moet hul storie vertel.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

“As ek in die antieke tye geleef het, sou ek heel waarskynlik ’n storieverteller op die markplein gewees het, want by die huis sou daar nie vir my veel nut gewees het nie.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Vir my is skryf ’n jaloerse proses en al beplan ek hoe deeglik, beland ek met elke boek in ’n stadium dat ek my dikwels aan vriende, familie en die wĂȘreld onttrek en die grootste gedeelte van my dae in ’n gedagtewĂȘreld saam met fiktiewe karakters deurbring. En selfs die tye dat ek nie agter die rekenaar sit nie, is die storielyn besig om soos ’n rolprent in my gedagtes af te speel en bedink ek moontlikhede.” (LitNet)

Hoe maak ’n mens tyd om te skryf? “Jou geliefdes moet begrip hĂȘ, jy moet vrede maak met min slaap, skryf moet werklik ’n passie wees, jy moet leer om die kaf en die koring te skei, tevrede wees dat die woorde ‘verveling’ en ‘ledigheid’ nie in jou woordeboek voorkom nie – en die aanleer van die woord ‘nee’ help baie.” (LitNet)

“As mense hoor ek skryf liefdesverhale, wil hulle altyd weet of ek hygromans skryf. Daar is ’n duidelike verskil tussen die twee. In ’n liefdesverhaal gaan dit eerder oor die karakters se emosies as oor grafiese beskrywings. Ek het groot respek vir skrywers wat jare lank met groot omsigtigheid liefdesverhale skryf. Dis soms nogal ’n ondankbare werk, want die skrywers dien hul lesers eerder as hulself.” (Die Burger, 6 Januarie 2005)

“My stories gaan oor mense en menswees en menswees. En veral oor die eiesoortige dans wat ontstaan die dag as twee mense mekaar ontmoet of her-ontmoet. Binne die ontdekking van ’n ander persoon lĂȘ daar soveel interessante moontlikhede opgesluit en bly dit vir my ’n interessante tema.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za/va)

“Romantiese fiksie word dikwels deur onkundige lesers en kritici voor die voet afgemaak as hygromans, maar ek is dankbaar dat daar wel lesers en resensente is wat nie in die geykte slaggat trap nie. Op ’n ligter noot, ek sal nogal graag wil hoor indien een van my boeke ’n leser laat hyg het ... en waar in die boek dit plaasgevind het.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

Waar is/was sy op haar gelukkigste? “Die dag toe my kinders, Cobus, Jaco en Johann, oud genoeg was om saam met my te gaan fliek. Dis soveel opwindender as ’n rondomtalie in die speelpark.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Waar was sy op haar ongelukkigste? “’n WĂȘreld sonder oranje lipstiffie, boeke, donker sjokolade en my ma se vleisslaai.” (Beeld, 1 Maart 2009)

As wat sou sy in ’n tweede lewe wou terugkom? “Ek vermoed hierdie is reeds my tweede ronde ... Ek was in my eerste lewe ’n hofnar en vir my straf het ek teruggekom met ’n verdraaide humorsin.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Oor die skuif in genre (met Dubbelspel) aan Nadine Petrick: "Aan die een kant ’n vrees dat ek dalk op ’n dag gaan begin karakters en storielyne kloon, en om dit te voorkom, moet ek ’n groot verskeidenheid storielyne ondersoek. Deels dalk omdat ek gou verveeld raak en altyd op soek na iets nuuts is. ’n Derde rede is dalk omdat ek nie graag net oor 'boy meets girl and they lived happily ever after' skryf nie. Verhoudings en die lewe is tog veel komplekser as dit. En die laaste rede is waarskynlik omdat ek glo daar is ’n groot mark vir boeke wat die lesers laat ontspan, maar terselfdertyd hulle gedagtes en verbeelding prikkel. Ek hoop ek slaag daarin." (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

Is dit maklik vir haar om elke keer ’n nuwe boek aan te pak (Phyllis Green)? "Elke boek is moeilik. Selfs al kom meld die karakters aan. Dit is nie asof hulle met ’n klaar storie aankom nie. Ek moet hard werk om te sien waarheen hulle my wil neem. Die ergste is as hulle dae lank, selfs soms ’n week of twee stil raak. Dit is dan wanneer ’n mens soms ure lank na ’n wit muur kan staar, en niemand dit verstaan as jy sĂȘ jy is besig om te werk nie!" (Sarie, 13 Junie 2014)

"Mense dink ek het ’n keuse van watter tipe boek ek gaan skryf, maar eintlik het ek nie veel van ’n keuse nie. Die karakters kom net en dan loop ek maar agter hulle aan." (Bookslive)

Haar lewensfilosofie: "Die lewe bring nie altyd presente met groot, veelkleurige linte nie. Die magic lĂȘ in die klein oomblikke." (Vrouekeur)

Die lekkerste aspek van haar lewe as skrywer: "Die interaksie met lesers. Mense kommunikeer via Facebook of boodskappe met my. Ek antwoord elke brief wat ek kry. Mense doen moeite om met my te gesels en daarom gesels ek terug. En as die karakters met jou begin gesels!" (Vrouekeur)

"As jy wil skryf, moenie net daaroor droom nie. Doen dit, anders sal jy altyd wonder." (The Writer's College Blog)

"Ek dink nie dit is moontlik om te skryf as jy nie self ’n ywerige leser is nie. Lees so wyd as moontlik, maar veral binne die genre wat jy wil skryf. Probeer om jou teikenmark te verstaan." (The Writer's College Blog)

Rachelle Greeff vra hoekom ons, wat so geweldvoos is, nog steeds misdaadfiksie wil lees: "Dit het ek my ook afgevra terwyl ek die boek (Dubbelspel) geskryf het. En steeds het ek nie ’n antwoord nie, behalwe om te sĂȘ dalk is ons maar steeds op soek na helde. En adrenalien. Ek was ongeveer 14 toe ek een vakansie die skrywer Leon Uris 'ontdek' het. Ek was ge-hook. Die politieke intrige was so opwindend. Jy kan my steeds in ’n wip vang met ’n goeie spanningsverhaal. 

"Jy lees seker agter die naelbyt-element aan, maar ek vermoed dit gaan ook oor die versugting dat die goeie ouens asseblief moet wen. Miskien gee dit ons moed vir ons eie omstandighede. Nog iets: Ons skryf soms stories om te verstaan. ’n Mens besef dit nie, totdat jy kniediep in ’n storie is. En ek dink ons lees ook om dieselfde rede. Ja, ons wil vermaak word, maar dis ’n bonus as ’n storie vir ons ’n stukkie van die lewe duideliker maak." (Rapport, 11 Junie 2014) 

Gebore en getoë

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 "met die rooi sand van die Kalahari tussen haar tone gebore as die middelste kind tussen twee broers. Dis ‘n wĂȘreld van stories, mites en legendes. En elke persoon in daardie wĂȘreld is eintlik ‘n storieverteller uit eie reg. Sy noem dit die wĂȘreld waar vrae met stories beantwoord word," skryf Mariana Malan.

Sy word egter tussen die berge en wingerde van die Breëriviervallei in Worcester groot en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Worcester.

Vandat Wilna kon praat, het sy stories vertel, en op skool het sy graag opstelle en briewe geskryf. Sy was ook van kleins af lief vir lees en sedert sy in graad 1 leer lees het, het sy nog nooit weer opgehou nie. Boeke was van kleins af haar beste geselskap.

Verdere studie en werk

Na matriek in 1977 is Wilna na die Universiteit Stellenbosch, waar sy ’n BA-graad met sosiologie en ontwikkelingsbestuur gedoen het, asook ’n honneursgraad in ontwikkelingsadministrasie.

In 1981 trou sy met Deon Adriaanse, ’n klasmaat, en hulle verhuis vir drie en ’n half jaar na Giyani in die Laeveld. Hulle albei werk daar by die Kantoor van die Kommissaris-Generaal. In 1985 trek Wilna en Deon terug Kaap toe en gedurende die volgende vyf jaar word hulle drie seuns, Cobus, Jaco en Johann gebore. Met die oudste kind se geboorte word Wilna voltyds ma, maar skryf tussendeur by die Universiteit van Suid-Afrika in vir sielkunde, en vir die volgende paar jaar word die eksamens en werkstukke so tussen die geboortes deur geskryf. Sedert 1987 woon die gesin in Durbanville naby Kaapstad, en sedert 2012 werk Deon in Botswana en pendel Wilna tussen Somerset-Wes en Botswana.

Die skryfgogga het vir Wilna om middernag op 31 Desember 1999 in die Switserse Alpe gebyt. “Ek is mal oor Nuwejaarsvoornemens en dit was my gróót besluit met die aanbreek van die nuwe millennium,” vertel sy aan Kirby van der Merwe (Beeld, 1 Maart 2009). Terug in die Kaap hoor Wilna van Martie Preller se internetskryfkursus en sy besluit om daaraan deel te neem sodat sy kan sien of dit is wat sy regtig wil doen. “Dit was ’n baie interessante leerskool en by tye het ek my bedenkinge gehad, maar die saadjie was gesaai en teen die einde van die kursus het ek geweet ek gaan op daardie vreemde pad stap, al is dit by tye nie ’n maklike pad nie.”

Wilna was self ook al by skryfkursusse betrokke. In 2010 was sy saam met Chanette Paul ‘n beoordelaar van LitNet se aanlynskryfkursus, SkryfNet XXIV. Sy was ook kursusleier van die Afrikaanse deel van die “Skryf ’n Roman”-kursus van die South African Writers’ College.

In 1999 is hulle oudste seun, Cobus, na Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en skielik was die huis leeg en wend Wilna haar na haar rekenaar en begin skryf aan haar eerste boek. Sy skryf aanvanklik onder ’n skuilnaam, Wilmine Burger. Oor hierdie besluit skryf Wilna op haar webwerf: “Dit was waarskynlik ’n mate van selfbeskerming indien daar nie verdere boeke gaan volg nie. As niemand weet ek het die boek geskryf nie, kan niemand my vra of ek weer een gaan skryf nie. Ek dink die vrees dat daar nooit weer ’n storie by jou gaan kom aanklop nie, is iets waarmee baie skrywers waarskynlik moet saamleef. Na twaalf boeke is die vrees steeds daar, maar ek het darem al ’n mate van vertroue in die proses gekry. Toe Tafelberg in 2001 ’n manuskrip koop, het ek besluit om die naam Wilmine Burger aan die Lapa-boeke te koppel en by Tafelberg voort te gaan onder my eie naam.”

Sy stuur in 1999 ’n manuskrip na LAPA en in 2000 word Die wingerd sal weer bot uitgegee. ’n Verdere drie boeke onder haar skuilnaam verskyn by LAPA, naamlik ’n Heildronk op die liefde (2002), Liefde is ’n kleur (2004) en Brug van woorde (2004). ’n Heildronk op die liefde wen in 2002 LAPA se Liefdesverhaaltoekenning van die jaar.

Tafelberg publiseer in 2001 ’n Ongewone belegging, die eerste boek wat onder haar eie naam verskyn. Dit word as deel van die Jasmyn-afdeling uitgegee. Verdere titels wat onder die Jasmyn-naam volg, is Alleenvlug (2002), Die reuk van verlange (2003) en Serenade vir ’n nagtegaal (2004). In 2005 word Hande wat heelmaak onder die Hartklop-naam uitgegee.

In 2004 waag Wilna haar hand aan ’n veel lywiger boek, en Rebecca word in die romantiese-fiksie-genre deur Tafelberg uitgegee. Dit beleef in 2005 twee herdrukke en ’n tweede uitgawe verskyn in 2009. Die uitgewers se inligtingstuk beskryf die storie van Rebecca as volg: "Rebecca Fagan is op 25 in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar druiwe gepluk in Frankryk, in ItaliĂ« op ’n olyfplaas gewerk en was in Duitsland as ’n kelner in diens. Maar sy is terug in Suid-Afrika en soek ’n 'regte werk' – verkieslik een wat opwindend is en wat ’n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde-geslag-erfgenaam van ’n multimiljardrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen, al is die pos nooit in ’n koerant geadverteer nie. Haar leuse is nie verniet 'Wie nie waag nie, wen nie' nie."

Die roman is in Huisgenoot beskryf as ’n “liplek-lekker resep vir ’n liefdesverhaal, maar met ’n paar kinkels” en in Leserskring as “die lekkerste soort storie wat ’n mens kan kry. Dis Pretty woman in Afrikaans. Net nog baie beter.” In Volksblad (28 Februarie 2005) skryf Anita de Kock dat die verhaal ’n sterk storielyn het met karakters wat oortuigend beskryf is. Al wat De Kock gepla het, is dat die dialoog soms baie lomp is, maar sy het nietemin gemeen dat die verhaal ten spyte daarvan ’n treffer behoort te wees.

Jeanne Hugo (Die Burger, 5 Maart 2005) beskryf Rebecca as ’n ou resep met ’n nuwe baadjie. “Die taal is jonk en modern, so ook die karakters. Die storie het hierdie leser gevange gehou – ek het vroegaand begin lees en nie opgehou totdat ek klaar was nie. Die verhaal styg uit bo die deursnee-liefdesverhaal danksy die kompleksiteit van die karakters. Rebecca het sommer baie issues, in die jong sprekers se taal. In haar rugsak is ’n paar donker geraamtes, by gebrek aan ’n kas, en wanneer sy uiteindelik tot stilstand kom, kos dit ’n rukkie om te besef hoekom dit so lank geduur het. Hier handhaaf die skrywer ’n goeie balans – nĂ©t wanneer Rebecca se koppige aandrang op onafhanklikheid en andersheid die leser begin irriteer, word die rede daarvoor geopenbaar.

“Julian word nie as die perfekte man voorgehou nie – hy is kort van draad en effens te ingenome met homself. Tog openbaar hy elke nou en dan verborge, deernisvolle karaktereienskappe wat hom en die verhaal diepte gee. Iets wat volgens my broodnodig is in die domein van die liefdesverhaal – die deursnee manlike karakter het gewoonlik mos die intelligensie van ’n koffietafel. Behalwe dat die liefde ondersoek word, word gekyk na die aard van afhanklikheid, en die gee-en-neem-proses wat laasgenoemde impliseer.

“Laat ons eerlik wees: Ons almal weet die twee duifies sal mekaar mettertyd vind, want dĂ­t is die doel van ’n liefdesverhaal. Dit is die reis daarheen, die droom daarvan, waarvoor ons val. VĂĄl en val maar weer, sĂȘ ek, as nog sulke verhale op my pad kan kom.”

Volgens Helene de Kock (Beeld, 16 Mei 2005) weet Wilna hoe om die dialoog op so ’n manier aan te wend dat dit bydra tot die tempo van die verhaal. “Dis lewendige, natuurlike dialoog wat die leser teen wil en dank by die verhaal betrek. Dit dra by tot goeie karakterisering en ook die newekarakters maak aanspraak op die leser. Adriaanse ontgin die ruimte in die verhaal werklik goed wat betref Kaapstad en die wildtuin. Maar plekke soos Londen en New York waar die karakters besoek aflĂȘ, kom nie tot hul reg nie. Rebecca is egter ’n werklik boeiende lekkerlees roman en mens hoop daar kom meer sulke dik stories om lang ure mee te vul.”

Met ander woorde verskyn in 2005. In hierdie boek vertel Wilna Kristina se verhaal. Nadat sy gaan draf het en nie haar gewone tyd terug is by die huis nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar onder ’n bos teen die berg en hoewel sy by haar bewussyn is, kan sy niks onthou wat gebeur het nie. Sy gaan spreek Ben Krige, ’n psigiater op Stellenbosch. Kristina interesseer die psigiater baie en sy is vir hom soos ’n labirint: "vreemd en onbekend. Maar baie aantreklik. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek die woorde grense af en uiteindelik bring die pad hulle by ’n bestemming uit – maar ’n bestemming lyk soms anders as waarop ’n mens gereken het," volgens die uitgewers se inligtingstuk.

Op kalahari.net skryf ’n resensent dat sy/hy nie kan wag om al Wilna se boeke te koop nadat sy/hy Met ander woorde gelees het nie. “Ek kon die boek nie neersit nie. Die taalgebruik was soos die Afrikaans wat ek in my huis praat, die mense soos die mense wat ek elke dag mee te doen kry, die storie geloofwaardig en interessant. Die storie probeer nie een of ander politieke boodskap oordra nie, dit probeer nie ’n prof by ’n Afrikaanse departement beïndruk nie, dit probeer my kry om uit te vind wat het met arme Kristina gebeur.”

Met die verskyning van Die boek van Ester in 2008 vestig Wilna haar as een van die voorste beoefenaars van die genre van romantiese fiksie in Afrikaans. Met Ester beweeg sy nog verder weg van die formuleagtige liefdesverhale, volgens Ronel Nel (Beeld, 25 November 2008). “Meer in die rigting van boeke wat deesdae as chick-lit (enigeen vir ’n beter beskrywing in Afrikaans?) bestempel word: ontspanningsverhale wat nie net die hormone laat pomp en sentimentele romantiese ideale verstewig nie, maar wat die leser erken as ’n moderne, ontwikkelde vrou wat weet wat om haar aangaan en beslis ’n goeie dosis realiteit kan verwerk. Die karakters is meer kompleks, die verhaallyn meer verwikkeld en daar is beslis geen voorspelbaarheid in die verloop nie.”

In Die boek van Ester is Ester ’n fotojoernalis, maar sy is geen groentjie nie. “Haar pa is Joods, hy was redakteur van ’n groot koerant, haar ma Afrikaans. Haar ouers word een aand in hul oprit doodgeskiet – geensins ’n lukrake misdaadgeval nie, maar dit noop haar steeds om Suid-Afrika te verlaat en na Londen te trek. Daar hervestig sy haarself totaal: sy verander haar klere, haar sosiale kring en word ’n mode-fotograaf. Afrika is in sy maai en sy stel nie belang nie, dankie!

“Twee jaar later is sy egter terug in die land vir ’n shoot in die Laeveld. Daar ontmoet sy Samuel McGreggor, veearts en omgewingskenner. ’n Belese, welsprekende man, uitgesproke en deel van die kontinent wat sy so inderhaas verlaat het. (...) Die boek is heerlik, hoewel dit soms voel of die dialoog ‘toesprake’ is, met geweldige bykomende nagevorste inligting. Dit is ook niĂ© ’n Ingrid Winterbach of ’n Marlene van Niekerk nie – en probeer dit ook geensins wees nie. Dit is ’n lekkerlees-boek van waarde. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir ’n Saterdagmiddag op die rusbank, voete in die lug en ’n glas wyn in die linkerhand.”

Vir Magda Venter, Volksblad (10 Maart 2009) se resensent, betree Wilna met Ester die wĂȘreld van die meer moderne en realistiese leser wat nie meer net wil lees van die heldinne van die "resepmatige liefdesverhale" nie, maar wat verhale wil lees wat opgebou is rondom aktuele sake. En hoewel Venter klein puntjies van kritiek gevind het, meen sy dat Ester die moeite werd is om te lees.

Herman Wiid skryf op LitNet dat Die boek van Ester die klassieke ondertone van ’n tipiese liefdesroman bevat. “Daar is die uitbeelding van die held wat sy damsel in distress moet red van die gruwelikhede van die wĂȘreld. Hul intense, emosiebelaaide liefde-haat-verhouding sorg plek-plek vir passievolle oomblikke, soos op bl 433, maar dreig ook om uitgerek en vervelig te raak. Net so is daar ook baie elemente wat getuig van ’n meer ernstige aanslag in Adriaanse se werk en wat verdien om genoem te word. Die eerste hiervan is ’n deurlopende vrouetema, wat veral na vore kom in die tradisionele dans wat die vroue uitvoer (263). Ester voel ’n magiese aangetrokkenheid tot hierdie ritueel en vir die eerste keer sedert haar ouers se dood, voel sy dat sy weer ĂȘrens behoort.

“Die verhaal speel ook af teen die breĂ«r agtergrond van die bewarings- en ekologiese vraagstuk en dit sorg vir ’n interessante en relevante aanslag tot die storielyn deur die klem wat dit op aktuele sake, soos natuurbewaring en misdaad plaas. Nog ’n belangrike gegewe in die boek is die simboliese waarde wat daar deurgaans aan voĂ«ls geheg word. Hierdie tema maak die deur oop vir verdere interessante interpretasies van die verhaal deur die lesers.

“Die boek van Ester sou nie afgerond gewees het sonder sy Bybelse intertekste nie. Verrassend genoeg is daar geen sprake van die Bybelse Ester-figuur in enige van hulle nie, maar tog slaag hulle in hul doel. Ook die paar filosofiese invoegings, veral diĂ© deur die karakters Samuel en Robert en Ira, gee inhoudelike struktuur aan die verhaal.

“Al hierdie elemente val mooi in plek in die konteks van die verhaal en dit lyk of Adriaanse met diĂ© verhaal weer haar slag gewys het met die pen. Dit bly egter ’n liefdesroman en ongeag die (bogenoemde) ernstiger aspekte rondom die boek moet lesers van ernstige leesstof en fiksie nie veel meer verwag nie. Dit gesĂȘ, voel ek is Die boek van Ester sy plek werd op vanjaar se The List van Exclusive Books, juis omdat dit, soos Adriaanse se ander werke, 512 bladsye van pure vakansieleesgenot bied vir die hopeless romantics onder ons.”

Die boek van Ester is in 2009 aangewys as die wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Op haar webwerf vertel Wilna dat sy besonder baie navorsing moes doen voordat sy Die boek van Ester kon skryf. Hoewel hulle wel ’n tyd lank in die Laeveld gebly het, moes sy weer teruggaan om die gevoel van die plek terug te kry. Sy was by ’n rehabilitasiesentrum vir olifante en tydens die tydjie daar het daar jong olifante aangekom. Sy het ook op ’n olifant gery en ’n helikopterrit oor die Laeveld beleef. “Gedurende ’n besoek aan ’n wildernisgebied het ek baie ure met die gidse deurgebring en baie by hulle geleer. Aan die einde van die boek is daar ’n lang lys persone wat bedank word en dit is omdat hulle almal werklik meegehelp het dat ek die storie kan skryf.”

Wilna het haar in 2009 ingeskryf vir haar MA-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden.

In 2010 publiseer Tafelberg Wilna se volgende roman, Vier seisoene kind. Die hoofkarakter in hierdie roman is Cato, wat ook in Met ander woorde voorgekom het. Die flapteks vertel die storie: "Die woord weduwee is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee Cato haar met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar nĂĄ hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in diĂ© stadium wil sy nĂȘrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leĂ« plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind."

Wilna het vertel hoe Cato een nag met ’n bottel sjampanje voor haar bed verskyn het en gesĂȘ het dat Wilna hĂĄĂĄr storie moet vertel, en dit was die ontstaan van Vier seisoene kind.

Op LitNet skryf Elbie Adendorff as volg oor Vier seisoene kind: "Die tema van die boek is nie net die sprokieselement van die liefde nie, al spot Cato self met die tema: 'Dit is al daardie verdomde sprokies wat ’n mens hoor as jy klein is' en 'And we all lived happily ever after, saam met Kersvader, die Paashaas en die tandmuis.' Die boek gaan oor die vraag: Wat as mens se lewe anders uitdraai as wat dit veronderstel is om uit te draai? Met ander woorde as jou 'to do'-lysie nie meer lyk soos dit moet lyk nie, soos Adriaanse dit self in ’n onderhoud verwoord het. Vier seisoene kind gaan oor die wendinge wat in ’n mens se lewe voorkom en hoe jy op ander paaie gestuur word as waarvoor jy beplan het.

"Die boek verwoord natuurlik ook die tema van verlies en die hantering van verlies, soos deur Cato verwoord op p 318: 'Dit is so maklik vir julle almal om kommentaar te lewer. Cato is te maer, Cato huil te veel, Cato huil te min, Cato moet eet, Cato moet slaap, Cato moet treur, Cato moet minder treur. Gaan aan. Rou eers. Was een van julle al hier?' Saam met verlies, is die implikasie van ’n nuwe begin: Cato begin nuut op Stellenbosch, sy koop ’n nuwe besigheid, sy raak swanger, daar is die totsiens sĂȘ van die ou jaar en die groet van die nuwe jaar, en daar is die nuwe begin saam met Jacob.

"Hierdie temas is almal temas waarmee elke leser kan identifiseer: Hoe hanteer elkeen van ons verlies, hoe hanteer ons die wendinge wat op ons pad kom en hoe hanteer ons nuwe beginne. Dit is wat die boek bo die tipiese liefdesverhaal laat uitstyg – die ingewikkelde storielyn, die kompleksiteite van die karakters, die bevraagtekening van die liefde.

"Daar is verder ook die ander kleiner temas, soos vriendskappe en die waarde daarvan, die verhoudinge met ouers en skoonouers, die aanpassing in ’n nuwe dorp, enkelouer-tiener-verhouding. (...)

"Die verhaal van Cato is chick lit en dit is ’n lekker boek om oor ’n naweek te lees. Dit lees nie moeilik nie, en dit wil en moet dalk juis nie, want dit is populĂȘre fiksie. Tog laat dit die leser nadink oor universele kwessies. Ek sal lesers aanmoedig om die boek te lees, veral diĂ© wat die drie karakters Cato, Helen en Kristina reeds uit die vorige boek leer ken het. Ook die leser wat iets meer uit romantiese fiksie wil kry as die gewone 'Mills en Boon'-stories."

In Rapport van 3 Desember 2012 skryf Ilze Salzwedel: "In diĂ© boek is van ’n gehyg geen sprake nie. Geleef en oorleef en geworstel met kwessies eie aan ons moderne lewe, ja, maar nie ’n gehyg en gewag op ’n ridder nie. Alles, van haar man se dood tot ’n onbeplande swangerskap, ’n eie onderneming, ’n nuwe land en nuwe en ou vriende, maak van Cato ’n vlees-en-bloed karakter wat struikelblokke uit die weg ruim en haar eie lewe bepaal. En diĂ© leser leef mee, volg Cato se spoor tot daar waar sy haar eie mens is.

"Adriaanse mag maar skryf. As jy dit nog nie gelees het nie, gaan kry dadelik jou eksemplaar van Vier seisoene kind. Dis elke sent werd, en vir dié leser was die leesgenot veels te gou verby."

Ook in Rapport van 3 Desember 2010 is Jaybee Roux die volgende mening oor Vier seisoene kind toegedaan: "Die hantering van die deurlopende tema – die 'vier seisoene van rou' wat iemand nĂĄ die dood van ’n geliefde moet deurleef – bied beswaarlik opwindende leesstof. Dit sou goed kon werk as ’n leitmotief om alles wat in die boek gebeur, saam te bind. Maar die probleem is juis: daar gebĂ©Ășr nie veel in diĂ© roman nie. Die dilemma waarmee die heldin uitgedaag word wanneer sy besef haar man het haar méér as herinneringe ­nagelaat, word onderbenut. Dit kon ’n uitstekende katalisator gewees het om woema aan die verhaal te gee, maar diĂ© aspek van Vier seisoene kind word met amperse gelatenheid gehanteer.

"Die uitdagings wat ’n teater­restaurant bied, bring ook nie juis opwinding nie, in elk geval nie wanneer dit deur Wilna Adriaanse beskryf word nie. Die liefdeselement is maar flou. Daar is min konflik tussen die heldin en die man met wie sy bestem is om haar toekoms te deel; daar is ook nie regtig sprake van struikelblokke wat oorkom moet word voordat hulle mekaar uiteindelik 'vind' nie.

"Die yl intrige word deur te veel en te lang gesprekke aanmekaargeflans (bladsy 7 tot 480). Wanneer daar in Vier seisoene kind gevloek word, kom dit meesal 'uit plek' voor en voel dit vir die leser asof hy/sy – met apologie aan Langenhoven – kou aan ’n mond vol koringkorrels waarin klippies versteek is.

"Hoekom is die boek dan so gewild? Die heldin is 'doodgewoon'; juis daarom kan soveel lesers hulle met haar vereenselwig. Die skrywer wéét hoe moderne vroue werkkrisisse, huweliksprobleme, vriendskappe ensovoorts ervaar. Baie genrelesers hĂłĂș van ’n ­dralende pas en weemoedige ­ondertoon: ’n roman is nie ’n aksiefliek nie. Die lesers voel Cato se verlatenheid en eensaamheid soms tot in die siel aan. Die grootste faktor bly egter die skrywer se vermoĂ« om ’n heldin oortuigend en met warmte en deernis te skets. Dis al. En dis al wat tel."

Dit is vir Wilna baie belangrik om sterk heldinne te skep. “In die verlede wou die heldin gered word. Vandag doen sĂœ die reddingswerk,” vertel sy aan Mariana Malan in Die Burger van 12 Januarie 2005). “Tog het elkeen die behoefte om eendag iemand te ontmoet wat haar volledig aanvul.”

Vir Wlna is een van die geheime van die liefdesverhaal dat die leser in die vel van die heldin kan klim. "Die verhaal word dus vanuit haar perspektief geskryf. Lesers sien nie werklik die ander karakters se kant van die saak nie en hulle het ook nie ’n vertellerstem nodig nie. Daar is gewoonlik nie ’n geheim in die slot opgesluit nie. Almal weet die held en heldin gaan op die ou end bymekaar uitkom. Die spanning lĂȘ in hóé dit gebeur.”

Wilna het gou geleer dat daar baie in liefdesverhale is waarmee mense kan identifiseer. “Mense meen dikwels hulle moet deur groot waarhede aangespreek word. Ek het al agtergekom dat dit die klein dingetjies is waaruit mense leer.

"Ek gaan soek nie na stories nie. Stories kry my en my familielede kom uit die Noordweste en is almal storiemense. My boeke wat ek skryf, is vir my soos familielede."

Wilna is ’n romantikus in murg en been en dit is hoekom haar stories so maklik na haar toe kom. “Nie noodwendig die soort wat kersligetes en stadige tango’s veronderstel nie, hoor,” vertel sy aan Sarenda Eloff-Vorster (Rooi Rose, Februarie 2003). “As ons na ou flieks kyk en ek die klassieke boeke lees, lyk dit of romanse in ons moderne samelewing uitgesterf het. Waar in hierdie supersoniese lewe kry ons nog tyd vir roosblaarbaddens en passievolle nagte saam? Vir handgeskrewe briewe op geblomde skryfpapier wat na katjiepiering ruik?

“Nee, diĂ© is yl gesaai, maar in die plek daarvan het ’n nuwe soort romanse ontstaan. Of dit beter of slegter as die ou soort is? Wie sal weet? Ons kan net probeer om soos met baie ander dinge ook hierdie nuwe vaardigheid aan te leer, want ons behoefte aan liefde, koestering en aanvaarding bly dieselfde.”

Toe Wilna se man, Deon, in 2002 in Lagos, NigeriĂ« gewerk het, moes hulle ander planne bewerkstellig om die romanse in hulle huwelik lewend te hou: “Vir my het romanse met kopspeletjies te doen. Soos ’n vinnige sin wat meer bedoel as wat die woorde sĂȘ, begrip vir mekaar en intellektuele stimulering. Dis soos ’n hartskonneksie.”

Mense nooi Wilna dikwels om van mooi en interessante plekke by hulle gebruik te maak om te skryf en sommige van hierdie plekke kan selfs as eksoties bestempel word, maar sy het geleer wanneer sy begin skryf, moet sy agter haar eie lessenaar sit met haar bekende kennisgewingbord vol notas en foto’s langs haar, vertel sy op haar webwerf: “My aantekeningboeke en notaboeke langs my en my yskas naby waar ek my na liggaam en siel kan gaan verkwik wanneer die karakters my laat kopkrap. (...) Alles is egter moontlik en toe my man vir ’n jaar in NigeriĂ« gewerk het, was ek verplig om te skryf waar ek ook al gekom het. Op lughawens, in vliegtuie, in hotelkamers. So ’n bestaan bied weer sy eie uitdagings en plesiere.

"Dit is vir my belangrik om voor ’n boek so wyd as moontlik te gaan rondloop sodat die storie kans kry om te groei en ek die geleentheid het om dinge soos beelde, reuke, klanke, gesigte en dies meer in my geheue te versamel. Al daardie inligting en herinneringe word egter op ’n dag, soos kersvader se sak geskenke, terug na my studeerkamer gesleep om deel van die storie se doek te word.”

Oor twee boeke wat mekaar opvolg, het Wilna gevoel dat sy nooit ’n opvolg op een van haar boeke sou skryf nie, "omdat ek glo dit kan die eerste boek potensieel skade aandoen as dit nie ’n storie is wat op sy eie bene kan staan nie. Ek voel steeds so, maar met die volgende boek gaan ek tog terug na vorige karakters, nie soseer as ’n opvolg nie, maar om die verhaal van een van die ander karakters te vertel. So, wie weet, eendag loop ek dalk terug op van die ander boeke se paaie ook.”

In 2012 word Wilna se volgende roman, die produk van haar meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, onder die titel ’n Klein lewe uitgegee. Dit is met die eerste oogopslag duidelik dat hierdie roman op Wilna Adriaanse se eie lewe gebaseer is, maar dit is tog nie outobiografies soos ons outobiografiese romans ken nie.

In Tydskrif vir Letterkunde van 2013 is Lezandra Theart die resensent en sy skryf dat die boek ingewikkelde vrae vra en naspoor wat die hoofkarakter elke dag ervaar het gedurende haar grootwordjare in die 1950's in Suid-Afrika, "asook hoe die hoofkarakter as ’n ouer probeer om haar kinders te beskerm teen al die hartseer en seerkry wat sy self reeds ontdek het. Die titel van die boek suggereer dat die verhaal handel oor iemand wat nie ’n bekende figuur is nie, maar eerder ’n doodgewone vrou wat van kleintyd af met vrae worstel waarmee verskeie mense kan assosieer. ’n Klein lewe is egter alles behalwe klein aangesien die teks met ’n groot gehoor kan kommunikeer op grond van die verskeidenheid onderwerpe wat Adriaanse aanraak. Adriaanse noem verder talle gebeurtenisse wat aan die Suid-Afrikaanse leser bekend sal wees soos die dood van dr Verwoerd, die politieke onrus in die townships tydens die 1970’s en 1980’s, PW Botha se Rubicon-toespraak, seuns wat grens toe moet gaan en selfs later die dood van Eugùne Terre’Blanche. Vir die hoofkarakter is dit asof al hierdie, en nog vele ander gebeure wat ook in die boek oorvertel word, haar identiteit en die mense om haar se identiteit vorm. (...)

"Myns insiens is die konsep van identiteit die belangrikste aspek van die roman. Vrae oor identiteit word herhaaldelik in die boek geopper. Ek vind ook Adriaanse se fokus op ontworteling interessant aangesien dit direk met identiteit verband hou. Soos reeds genoem, het die hoofkarakter reeds van ’n jong ouderdom met die idee kennis gemaak dat identiteit en velkleur dikwels verstrengel word. (...)

"Die boek kan daarom gesien word as ’n persoonlike reis vir die hoofkarakter waarin sy probeer om deur middel van haar eie storie haar teenwoordigheid in Suid-Afrika te verklaar. ’n Tweede belangrike aspek van die boek is die konsep van 'tuis wees' in ’n bepaalde plek. Die hoofkarakter ervaar baie ontworteling soos sy in haar kleintyd en later saam met haar man van dorp tot dorp trek. Hierdie konstante beweging ontwrig ook haar sin van identiteit omdat sy haarself elke keer weer aan nuwe mense in ’n nuwe omgewing moet bekend stel terwyl ’n gedeelte van haarself agterbly in die vorige dorp, en sy elke keer nuwe idees en ervarings van die vorige dorp na die volgende dorp saamdra. Dit is juis waarom die illustrasie van die voĂ«ltjie op die voorblad van die boek gepas is – die hoofkarakter ervaar haar lewe as een waar sy van nes tot nes vlieg, maar nooit te lank bly nie en elke keer wanneer sy aanbeweeg, bly daar altyd takkies agter, selfs al word die nes afgebreek. (...)

"Uiteindelik besef die hoofkarakter dat dit juis al die ervarings en ontwrigting in haar lewe is wat haar identiteit gevorm het en dat ’n mens nie anders kan as om vorentoe te beweeg nie. ’n Klein lewe is ’n maklike boek om mee te assosieer aangesien die onderwerpe so wyd is en daarom toelaat dat verskillende lesers verskillende gedeeltes van die verhaal kan eien. Adriaanse demonstreer ook deur die boek haar veelsydigheid as skrywer aangesien die boek afwyk van haar gewone skryfstyl wat in die liefdesverhaalgenre inpas. In my opinie is ’n Klein lewe nie ’n groot letterkundige werk nie, maar eerder ’n eenvoudige illustrasie van die vrese en vrae waarmee talle wit mense in Suid-Afrika worstel. En juis om hierdie rede is die boek van belang."

Vir Saartjie Botha in Beeld van 23 Julie 2012 is dit nie net ’n roman nie, maar kan dit ook gesien word as ’n "kultuurhistoriese dokument" wat ’n prentjie skets van ’n wit Afrikaanse gesin en hulle wĂȘreld in die laaste helfte van die 20ste eeu. "Die motivering vir ’n Klein lewe en die herbesoek van ’n lewensroete word vroeg in die roman uitgespel: ’n hoofkarakter wat sin wil vind in haar teenwoordigheid in Suid-Afrika vandag, sodat haar kinders en hul tydgenote hul lotsbestemming beter verstaan. Sodat hulle motivering het om te bly, en nie deel word van die 'expat'-generasie uit onkunde nie.

"Die roman is ondanks die politieke ondertone ’n reis na begrip, nie na konfrontasie nie. Dis ’n persoonlike belewenis en belydenis wat niks meer as dit probeer wees nie. Die geldigheid van elke individu se ervaring is ononderhandelbaar.

"Adriaanse bied die ervaring in ’n beskeie stemtoon aan, baie bewus van ander se ervaring wat nooit gehoor sal word nie, en uiteraard met hare sal verskil. Haar skryfstyl is vlot en toeganklik, met hier en daar dialoog wat effens geforseerd voorkom. ’n Klein lewe is sterk aan te beveel vir almal wat bemoeienis het met herkoms, ook vir diĂ© wat besef dat daar ’n veelheid van stemme nodig is om sin te maak van die land waarin ons leef."

Met haar volgende roman, Dubbelspel, begewe Wilna haar op ’n heeltemal nuwe terrein, naamlik diĂ© van die misdaadroman. Sy vertel aan Phyllis Green (Sarie, 13 Junie 2014) dat sy nie hierdie sprong beplan het nie; trouens, sy was self effe verbaas. "Maar na 14 jaar van stories maak, vind ek dat stories universele eienskappe het. Selfs die romantiese genre het ook ’n spanningselement. En spanningsverhale het dikwels ook ’n romantiese draad. Die klem verskil dalk net. Op die ou end was die sprong toe nie so groot soos ’n mens sou verwag nie."

In Dubbelspel is die hoofkarakter Ellie McKenna. Wilna het een aand na ’n musiekuitvoering in ’n kerk geluister "en terwyl ek op ’n stadium ietwat verveeld rondkyk, het ek in my verbeelding ’n jong vrou sien orrel speel. Die volgende oomblik het twee mans agter in die kerk ingeloop en sy het dadelik geweet hulle soek haar. En ek was nuuskierig ..."

Ellie McKenna is in die polisie, maar haar hele wĂȘreld word omgekeer wanneer haar polisieman-pa by ’n padblokkade doodgeskiet word. Sy wil met alle geweld help met die ondersoek na sy dood, maar mag nie. Ook beleef die land ’n aanslag van boewe – van die Chinese triades tot die Russiese mafia en die plaaslike dwelmbase. Die eenheid vir ernstige misdade waar Ellie werk, is betrokke by die ondersoeke.

Ellie se vriend, Albert Greyling, is ook ’n polisieman en hy ondersoek die Kaapse dwelmbase en wil vir Ellie in sy klandestiene ondersoek gebruik, wat sal beteken dat sy moet bedank. Op hierdie manier raak sy betrokke by mense wat almal op een of ander manier met skelmstukke besig is. Sy ontmoet ook vir Nick Malherbe, hoof van een van die skelmfamilies se sekuriteit.

Wilna moes baie navorsing doen vir Dubbelspel, want sy het nie veel kennis gehad van die wĂȘreld waarin sy haar boek wou plaas nie. Sy vertel aan Phyllis Green: "Maar ek het wonderlike mense raakgeloop wat bereid was om met my hulle ervaring en kennis te deel. Dit is een van die lekkerste byvoordele van skryf – die interessante mense wat ’n mens so deur die navorsing ontmoet.

"Wat ook interessant is, is hoe die werklikheid dikwels die verhaal waarmee ek besig is naloop. Miskien is ek net baie meer oplettend, maar gedurende die skryf van die storie het daar ’n hele paar dinge in die nuus gebeur wat baie mooi by die storie ingepas het. En het ek ook toevallig in gesprekke beland waar ek waardevolle inligting gekry het."

In Die Burger van 3 Mei 2014 vertel Wilna verder oor die mense met wie sy gepraat het om inligting vir Dubbelspel te kry: "Ek moes wyd praat, maar meestal met mense wat ek nie kan noem nie. Maar dis ook interessant hoe ’n storie momentum kry. ’n Toevallige gesprek met ’n joernalis. ’n Onverwante vraag aan ’n speurder. Laataand in Seepunt se strate. Iemand wat eerstehandse kennis het van geldwassery.

"Kenners op die gebied van die veiligheidsbedryf. Koerantberigte wat stories wat aanvanklik vergesog geklink het, bevestig. Dit was asof almal net op die regte tyd hul verskyning gemaak het.

"Terwyl ek besig was om die boek te skryf, sit ek per geleentheid in ’n vliegtuig langs ’n oudpolisieman wat nou seerowers jag in die Indiese Oseaan tussen die kus van Oos-Afrika en AsiĂ«. Toe hy my vertel wat hy doen, raak ek aan die lag. Want wat was die kans dat ek juis toe langs hom sou beland?!"

Elbie Adendorff skryf op LitNet dat hoewel Wilna in Dubbelspel wegbeweeg het van die romantiese verhale, is die karakterisering, die verhoudings en storielyne nog net so ingewikkeld soos haar vroeĂ«re werke. Vir haar is Dubbelspel ’n "lekkerlees-spanningsverhaal met ’n goeie storielyn en interessante karakters. Dit boei die leser van die begin af en bied ’n blik op ’n wĂȘreld waarvan min lesers sekerlik sal weet. Die ingewikkelde verhoudingspel en intriges maak dit ’n boek wat nie maklik neergesit kan word nie en daarom beslis aanbeveel word om te lees."

In Die Laevelder skryf Liezel LĂŒneburg dat die einde van Dubbelspel haar met ’n skok getref het en vir die eerste keer in ’n lang tyd wou sy nie ophou lees nie: "Dubbelspel is ’n gepaste titel. Bykans al die karakters in die boek speel ’n dubbelspel en lei in verskillende grade ’n dubbele lewe. Elkeen kies waar, wanneer en tot watter mate hy of sy die spel bekend wil maak – indien enigsins. Die reĂ«ls verander deurentyd en die leser moet kophou om die slim, dikwels versteekte nuanses en storielyne te volg. Die storie lewer keer op keer aangename Ă©n onaangename verrassings op en laat die leser vinnig onder die indruk kom dat niĂ©mand en niks te vertrou is nie.

"Wilna Adriaanse is eintlik bekend vir boeke met ‘n romantiese storielyn. In Dubbelspel spring sy na ’n spanningsverhaal en bewys haarself as ’n uitmuntende skrywer wat (...) enige genre met sukses sal kan aanpak. Tog het Dubbelspel ook ’n opwindend-romantiese lyn en ek kan nie wag om te sien waarheen hierdie lyn in Eindspel beweeg nie.

"Afrikaners hoef nie meer nĂ©t Amerikaanse, Engelse en Skandinawiese spanningsverhale te lees nie. Daar is menige spanningsverhaal wat in Suid-Afrika afspeel en oorspronklik in Afrikaans geskryf is. Ek geniet hierdie boeke omdat die omgewing en agtergrond dikwels bekend is. Ek ken die plekke waar die tonele afspeel. Verder is die taalgebruik en woordkeuse ook bekend. Dalk omdat dit oorspronklik in mĂœ taal geskryf is en nie in Afrikaans vertaal is nie. Wilna Adriaanse het dit reggekry om die boek sĂł te skryf dat ek in ’n sekere mate met die gesprekke en mense kan assosieer. Die karakters tree op en praat soos wat ek verwag het hulle moet. Ek lees verskillende genres, maar spanningsverhale tel onder my gunstelinge. Van die menige Afrikaanse spanningsverhale wat deesdae op die rakke beskikbaar is, tel Dubbelspel nou onder my witbroodjies. Dit is definitief oor en oor die lees werd!"

In Beeld (10 Mei 2014) is Ilza Roggeband dit min of meer eens met die ander resensente. "Dubbelspel lees teen ’n stewige pas en die spanningsdraad is styfgespan. Hierdie is nie ’n boek met ’n einde nie. Reeds voor in die boek word die leser gewaarsku dat dit die eerste deel van ’n tweeluik is. Dubbelspel is egter ’n heerlike voorgereg en te oordeel aan die kort uittreksel uit die opvolg, Eindspel, wat agterin Dubbelspel geplaas is, beloof die tweede gereg om net so ’n goeie leeservaring te wees. Ellie en Nick se storie is beslis nog nie klaar vertel nie."

Wilna vertel aan Rachelle Greeff (Rapport, 11 Junie 2014) dat sy nie aanvanklik ’n tweeluik beplan het nie. "Die storie wat ek aanvanklik begin skryf het, gaan nou die tweede boek word. Terwyl ek daarmee besig was, het ek besef Ellie het ’n stuk geskiedenis wat eers vertel moet word, anders gaan ek te veel terugflitse moet gebruik. Ek is seker ek gaan vorentoe nog wil weghardloop, maar dit sal nie ’n nuwe gevoel wees nie. Ek ervaar dit met elke boek.” 

Dubbelspel is op die kortlys vir 2015 se ATKV-Woordveertjieprys vir spanningslektuur.

Oor die vordering met Eindspel vertel Adriaanse aan Greeff: "Omdat ek reeds ’n ent weg was met Eindspel voordat ek Dubbelspel begin het, het ek darem nie met ’n wit bladsy begin nie en is daar al heelwat storiemateriaal wat lĂȘ en wag om verwerk te word. Ek is kliphard daarmee besig, maar die lesers moet Ellie darem ook ’n bietjie mis voordat sy weer haar opwagting maak." 

Oor watter boeke met haar kop kan smokkel, vertel Wilna aan Beeld (2 Julie 2012): "Sedert my vroegste kinderjare word ek deur stories bekoor en van my kosbaarste herinneringe het met stories en boeke te doen. Om een skrywer of boek uit te sonder is egter onmoontlik. Elke boek word teen ’n spesifieke agtergrond gelees.

"Sommige boeke verloor met ’n herlees daardie eerste betowering, terwyl ander jou keer op keer verlei. As ek net drie kan uitsonder, al drie boeke wat ek in die afgelope twee jaar gelees het, sal dit wees Die sneeuslaper deur Marlene van Niekerk, The ­Elegance of the Hedgehog deur Muriel Barbery en Death in Venice deur Thomas Mann.

"Ek het aanvanklik gesukkel om al drie te lees, want dit was nie stories wat dadelik tot my gespreek het nie, maar op ’n dag was ek binne die verhale vasgeknoop en kon ek nie anders as om dit enduit te lees nie.

"Om te besluit wat my in elke boek vasgevang het, is soos om kwik te probeer vasknyp. Een of twee gedagtes wat my nå die lees daarvan bygebly het, is die volgende: In Die sneeuslaper word verwys na die lewerikspieël wat vanaf die vroegste tye gebruik is om voëls na nette of skutters te lok. Vir my is die skrywer se ekonomiese woordgebruik en ryk beelde die spieël wat my begogel het. En die manier waarop sy die stories vervleg totdat jy nie meer weet wat jy glo en of jy moet waag om te glo nie.

"In Elegance of the Hedgehog het dit gevoel of ek ’n baie skaars afloergeleentheid kry. Nie net agter die deur van RenĂ©e, die concierge nie, maar ook al die ander karakters wat haar wĂȘreld deel. Sy beskryf karakters wat jou lank bybly. Wat jou op ’n dag baie subtiel met jou eie vooroordele en vooropgestelde gedagtes konfronteer.

"Ek kon my nie vereenselwig met die hoofkarakter in Death in Venice nie en tog het ek ĂȘrens in die boek ’n emosie herken, of eintlik meer aan eie lyf gevoel. Dit was soos om omgeboul te word wanneer jy dit nie verwag nie.

"Soos ek genoem het, is dit moeilik om stories soos hierdie binne ’n paar woorde te beskryf. Dit is boeke wat gelees en herlees moet word. Daar is min dinge so lekker soos ’n naelbyt-spanningsverhaal, ’n goed geskryfde liefdesverhaal of ’n tong in die kies komedie. Maar daar is ook ’n byna pynlike lekkerkry in die lees van ’n boek wat so met my kop smokkel."

Publikasies:

As Wilna Adriaanse

Publikasie

’n Ongewone belegging

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2003 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624040623 (sb)
  • 1415000158 (hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Alleenvlug

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2005 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624041743 (sb)
  • 141500319X (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2003

ISBN

0624041212 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Serenade vir ’n nagtegaal

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624042413 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Rebecca

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2005
  • 2009

ISBN

  • 0624042510 (sb)
  • 9780624048206 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2005

ISBN

0624043142 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met ander woorde

Publikasiedatum

2006

ISBN

0624044556 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die boek van Ester

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624046837 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-prys vir Beste Liefdesroman 2009

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 1: ’n Ongewone belegging; Alleenvlug; Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624048053 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Vier seisoene kind

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624048671 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans 2011

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 2: ’n Heildronk op die liefde; Serenade vir ’n nagtegaal; Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624049302 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Omnibus 3: Die wingerd sal weer bot; Liefde is ’n kleur; Brug van woorde

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780624053859

Uitgewers

 

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

’n Klein lewe

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780624054672 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dubbelspel

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780624068037 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Misdaadroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

As Wilmine Burger

Publikasie

Die wingerd sal weer bot

Publikasiedatum

2000 (Grootdruk)

ISBN

0799327875 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

- 

 

Publikasie

’n Heildronk op die liefde

Publikasiedatum

2002

ISBN

0799329622 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

LAPA Uitgewers se Liefdesroman-prys 2003

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

- 

 

Publikasie

Brug van woorde

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332526 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Liefde is ’n kleur

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332542 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

LiterĂȘre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 Artikels oor Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

 
Artikels deur Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

‱ Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Wilna Adriaanse (1958–) appeared first on LitNet.

↧

Leer ’n gemeenskap lees en skep ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrika

$
0
0

“In hierdie inligtingseeu is geletterdheid onontbeerlik vir gesonde gemeenskappe in Suid-Afrika,” sĂȘ Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV. Die tema van vanjaar se Internasionale Geletterdheidsdag wat op 8 September deur UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) gevier is, is geletterheid en volhoubare gemeenskappe. Volgens UNESCO is geletterheid die sleutel tot volhoubare ontwikkeling. Volhoubare gemeenskappe is dan ook presies wat die ATKV deur middel van verskeie leesprojekte wil bereik.

Die ATKV se aktiwiteite en projekte is daarop gerig om Afrikaanse geletterdheid op ’n inklusiewe en kreatiewe wyse te bevorder. Dit strek van Afrikaanse olimpiades, spelkompetisies, leeskompetisies en leeskringe tot slypskole vir onderwysers – en dit word nie net vir moedertaalsprekers van Afrikaans aangebied nie, maar ook vir tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans.

Prof Ekkehard Wolff, ’n Duitse taalkundige, skryf in 2006 dat taal nie alles in die onderwys is nie, maar dat alles in die onderwys niks is sonder taal nie. Die ATKV voel presies net so as daar oor taal in die onderwys gepraat word: taal is belangrik in die onderwys. Afrikaans moet ingespan word om inklusiwiteit en toegang tot geletterheid te verseker. Dit is nie net die regering se plig nie - elke Afrikaanssprekende het ’n verantwoordelikheid as dit by taalsake en geletterdheid kom.

Afrikaanssprekende ouers moet dus moeite doen om hulle kinders na Afrikaanse skole te stuur en so Afrikaanse onderwys in stand te hou. Hulle ondersteun nie net Afrikaanse geletterheid op hierdie manier nie, maar bewys ook hulle kinders ’n groot guns. Konseptualisering (verwerking en verwerwing van kennis) vind in die moedertaal plaas. Kinders leer gewoon beter in hulle moedertaal. Die goeie uitslae van kinders wat in hulle moedertaal skoolgaan is jaar na jaar ’n bewys van die voordele van moedertaalonderrig.

Ongelukkig is daar nog te veel Suid-Afrikaners wat nie die vreugde van geletterdheid smaak nie, meen Amanda de Stadler, hoof van die Vriende van Afrikaans, ’n afdeling van die ATKV. "As ek om my kyk, beskou ek geletterheid as 'n voorreg en is ek elke dag dankbaar daarvoor.” Sy meen een manier om mens se dankbaarheid vir jou eie geletterdheid prakties te demonstreer, is deur geletterheid vir nog een mens in jou omgewing moontlik te maak. De Stadler glo dit is binne die bereik van die meeste Afrikaanssprekendes om die lewe van een ongeletterde mens onomkeerbaar te verander deur geletterheid 'n werklikheid te maak. “Die ATKV nooi Afrikaanssprekendes uit om, waar hulle ook al werksaam is, ’n verskil te maak in hulle gemeenskappe wat geletterheid betref. Deur ’n gemeenskap te leer lees, help skep jy ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrika.”

Indien jy lid wil word van hierdie dinamiese organisasie skakel vandag nog 011 919 9000 of stuur e-pos na atkv@atkv.org.za. Lees gerus meer by www.atkv.org.za oor die ATKV se projekte.

Kontak Amanda by amandad@vva.atkv.org.za om meer oor die VVA se aktiwiteite te wete te kom.

Foto's: VVA Geletterdheidsprojek in Kayamandi

Geltterdgeid VVA0025 Geltterdgeid VVA0024 Geltterdgeid VVA0023 Geltterdgeid VVA0022 Geltterdgeid VVA0021 Geltterdgeid VVA0020 Geltterdgeid VVA0019 Geltterdgeid VVA0018 Geltterdgeid VVA0017 Geltterdgeid VVA0016 Geltterdgeid VVA0015 Geltterdgeid VVA0014 Geltterdgeid VVA0012

Foto's © Izak de Vries

The post Leer ’n gemeenskap lees en skep ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrika appeared first on LitNet.

↧

George Louw (1939–)

$
0
0
Foto: www.versindaba.co.za
SĂȘGoed van George Louw:

Droogte

Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak.

(Uit: Kraai)

Onrus

’n versie vir Jan Rabie (by die graf)

Jy sou dit goed gevind het, Jan:
opregte Kaapse hoenderweer –
trane aan die blare, misreën
uit die berg. Probeer
gerus verstaan, dis net jou vrinde
wat so vrolik oor jou ween,
’n kelkie op jou lig; gesondheid
in die rondheid, seer beminde. Hier op Onrus, hoog en droog,
kan jy (én Uys) nou rus:
stil en goddank uit die oog. En op jou kis: geen krans of blom,
net seewier en bamboes (wat jy
kon toor tot spoggerige nagereg)
gaan saam op hierdie laaste reis en ons sal eendag op ’n bus,
of te voet deur stegies van Parys,
jou weer hoor debatteer
met oĂ« wat blits – Later, by ’n tafel en ’n glasie wyn,
bly die onrus nietemin:
wie luister nog – en wie gee om?

(Beeld, 24 April 2006)

Gebore en getoë

George Louw is op 1 Maart 1939 op Sutherland gebore – die jongste van drie kinders, twee seuns en ’n dogter. Sy vader, Bismarck von Moltke Louw (of Bis, soos hy bekend was), broer van WEG en NP Van Wyk Louw, het na sy universiteitsopleiding ’n jaar by die landboukollege op Elsenburg met skape gaan boer op Meintjiesplaas in die distrik Sutherland. Hy was vooruitstrewend en was glo die eerste wat in sy omgewing sy kampe met jakkalsdraad omhein het.

Bis het mettertyd las gehad van hoĂ« bloeddruk, en die gesin het op doktersaanbeveling in 1944 na Parow verhuis. Bis wou medies studeer, maar kon nie in 1945 met sy studie begin nie. Op 13 Augustus 1945 is hy nĂĄ ’n hartaanval oorlede. Hy het sy weduwee, Ria, en die drie kinders agtergelaat.

George begin reeds op 12-jarige ouderdom verse skryf. ’n Eerste vers van hom, “Ek droom”, verskyn in Die Klein Burger van 17 Januarie 1953, terwyl enkeles ook later in Standpunte opgeneem word. Toe hy 13 was, was hy die wenner van ’n landwye poĂ«siewedstryd vir kinders onder 18 jaar. Van toe af lĂȘ hy hom in alle erns op die skryfkuns toe, veral die skryf van gedigte.

George matrikuleer in 1956 aan die Hoërskool JJ du Preez in Parow.

Verdere studie en werk

Na skool gaan hy as beurshouer van Die Burger na die Universiteit Stellenbosch. Nadat hy in 1959 die BA-graad in Nederlands en Afrikaans en filosofie verwerf, begin hy as joernalis by Die Burger werk.

’n VroeĂ« belangstelling in die natuurwetenskappe wat vir ’n hele ruk gesluimer het, word weer aangewakker en hy besluit om medikus te word. In 1963 skryf hy hom in as student in die medisyne aan die Universiteit van Stellenbosch en in dieselfde jaar trou hy met Sophia Dorothea (Dorette) Theron. Hy slaag sy eerste jaar en word gekeur om sy studie voort te sit.

In sy tweede jaar besluit hy egter dat die mediese beroep nie vir hom bedoel is nie en ná ’n kort termyn as mederedakteur van Amicus Certus, nuusblad van die Suid-Afrikaanse Onderlinge Lewensversekeringsmaatskappy, begin hy in 1965 met sy honneursgraad in Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad en aan die einde van dieselfde jaar voltooi hy dit in die eerste klas.

Hy word aangestel as junior lektor aan die Universiteit van Kaapstad voordat hy hom na die uitgewersbedryf wend en redakteur by Tafelberg word. Later word hy fiksiehoof by Tafelberg, waar Berta Smit sy mentor was. Na ’n tydperk as assistenthoofbestuurder by Van Schaik word George in 1992 aangestel as hoofbestuurder van Van Schaik – ’n pos wat hy tot sy aftrede einde Maart 1998 beklee het. Na 2000 publiseer hy boeke privaat.

Uit die gedigte wat George tot op 16-jarige ouderdom geskryf het, verskyn ’n klein keur in 1957 onder die titel Die trekpad by Culemborg-uitgewers. Volgens JC Kannemeyer (Die Burger, 17 November 1999) is dit ’n bundel wat, hoewel nie al die gedigte mooi “af” was nie, "onmiddellik opgeval het om die jeugdige, fris kyk op die lewe, die soms verrassende beelding en die stuwende versbeweging. In hierdie vroeĂ« verse val die digterlike vermoĂ« op en roep die soepele taalgebruik en die frisse omgang met die woord om aandag. In die openingsgedig van die bundel, ‘Langs die trekpad na Madrid’, spreek reeds iets van die 'magiese' en stimulerende krag van die kuns, asook die lewensdinamiek wat van die kuns uitgaan.

WEG Louw het gevoel dat dit jammer is dat hierdie “bundeltjie”, soos hy dit noem, nie enige aandag ontvang het in die populĂȘre pers nie, want al is dit ’n debuutbundel, het dit meer aandag verdien.

Vir sy tweede bundel, Koggelstok, wat in 1963 verskyn, word George in 1965 met die EugĂšne Marais-prys bekroon. WEG Louw (Die Burger, 13 Maart 1964) meen dat hierdie tweede bundel van aansienlik stewiger stoffasie is as die eerste een. “Dis nog die verse van ’n jong man diĂ©, maar hoewel hulle jonk en fris, byna onbevange is, sou ’n mens wil sĂȘ, is hulle saaklik en volstrek onsentimenteel, met ’n klaarblyklike vreugde om die woord sĂ©lf wat ’n mens selde by die slegs digterlik begaafde kry. As ’n mens by daardie eerste bundeltjie destyds gevoel het dat die jong digter, met al diĂ© fris en vonkelende woorde byna nog te min te sĂȘ gehad het, sodat diĂ© verse dan ook egte instemming van sy instrument genoem kan word, kry jy in Koggelstok soms die indruk dat hy diĂ© tekort – byna alte opsetlik? – wou aanvul. Daar is verse oor die koue oorlog en die H-bom, oor die politieke aktualiteit en so meer, en alles op ’n wyse onder woorde gebring wat nuut is en geen spoor van literĂȘre invloede toon nie.

“Maar wat in my in diĂ© bundel boei, is tog nie in die eerste plaas die ‘inhoud’ van diĂ© verse nie, juis omdat hulle vanweĂ« die min of meer nugtere, soms ironiese toon ’n sekere afgetrokkenheid en afstand bewaar en selde, nee, nooit heftig, bitter, verbete of profeties word nie. Nee, dis die verse sĂ©lf, en die hantering van die woord wat speels, verrassend en af en toe werklik virtuoos is. (...) As George Louw later dieselfde taalvermoĂ« sou bestee aan temas wat hom heftig ontroer, sodat hy ook werklik stelling inneem en sy verse die intensiteit van groot poĂ«sie kan gee, sal ons móét luister.”

Die nugter en saaklike toon van die gedigte was nie eintlik na R Schutte (bron of datum onbekend) se smaak nie. “’n Mens mis dan ook in hierdie bundel intensief en ontroering. Die gedigte gryp ’n mens nie aan nie.”

Ander menings was dat die verse op die oppervlak spreek van ’n skynbare onbetrokkenheid en ’n gemaklike gang. Daarom dat die skerpheid wat uit die verse spreek, ’n verrassing is, veral vanweĂ« die feit dat die taal ongesmuk en sonder pretensie is.

George se derde bundel, Opstand verby, word in 1969 gepubliseer. MariĂ© Heese (Die Burger, 11 of 14 Julie 1969) skryf: "Die bundel het min te make met die tradisionele vorme en temas van die ouer poĂ«sie in Afrikaans. Heel kontemporĂȘr is die vrye vers en die soms surrealistiese beelde. Sy taal probeer eenvoudig en tog raak, veelseggend wees. Hy skep vir my nog min beelde wat veelvuldige insigte meteens kan dra. (...) ’n Mens bemerk by hierdie digter ’n sterk religieuse inslag, maar verwring deur twyfel en verwarring: is daar in der waarheid ’n God om na te soek? ‘... of is hier ’n God aan die konkel?’ So sit hy vasgevang in die knelgreep van die dubbele onsekerheid – nie alleen soek hy na dit wat sinvol is in die lewe nie, maar terselfdertyd betwyfel hy die relevansie van die soektog self. Hierin en ook in sy opstand teen veelwoordigheid gepaard met gebrek aan kommunikasie – ‘soos telegramme oorweeg/ ons emosies’ – verwoord ook hy temas wat die jongere digters in Afrikaans besig hou.

“Ander temas wat opval, is ’n ervaring van eensaamheid (‘dink aan my’), diepe besorgdheid oor eie land en die probleem van veelrassigheid (‘Verkleurmannetjie’) en ’n hunkering na ’n eenvoudige rustigheid (‘Visioen van ’n degenerasie’). Soms is die moraal ’n bietjie te duidelik na my sin gestel, maar soms word die soeke na sinvolheid heel eenvoudig en treffend gestel: ‘dat my waardes kan songlans kry’. Hierdie gestroopte taal kan kragtig word.”
George lewer ook ander belangrike werk in Afrikaans, en wel op die gebied van die drama met ’n Skip is ons beloof (1969) en Die generaal (1972).

’n Skip is ons beloof is gesitueer in die vroeĂ« 19de eeu toe die bandieteskip Neptune in Simonsbaai aangekom het. Die plaaslike inwoners was nie gediend met Brittanje se besluit om die Kaap as ’n strafkolonie te gebruik nie. Sir Harry Smith was destyds goewerneur aan die Kaap en hy wou nie die bandiete toelaat om van die skip af te klim voordat die Britse regering hom nie verder ingelig het nie, maar daar moes darem intussen aan hulle kos verskaf word. ’n Antibandiete-beweging is gestig wat probeer het om al hierdie pogings in die wiele te ry. ’n Afgetrede leĂ«roffisier, Peter Newton, wat gaan boer het, besluit om kos aan die bandiete te verskaf, teen die algemene mening in. Die hele gemeenskap draai teen hom en hy en sy gesin word aan baie wrede vervolging onderwerp.

Van ’n Skip is ons beloof sĂȘ WEG Louw (Die Burger, 12 Desember 1969): “Die tema van diĂ© stuk is weliswaar geen nuwe in die dramaliteratuur nie, naamlik die botsing tussen ’n enkeling en die samelewing, ’n botsing so heftig en onversoenbaar dat die enkeling moet ondergaan. Dit is terselfdertyd ook ’n ewige en universele tema, in diĂ© sin dat so ’n botsing te alle tye en in alle omgewings sou kan voorkom. Wat dit besonderlike betekenis in ons land gee, is die feit dat George Louw dit plaas in die tyd van die sogenaamde Anti-Bandiete-Agitasie (1848–1849). (...) Kortom, ’n Skip is ons beloof open vir die Afrikaanse teater nuwe, boeiende vergesigte.”

’n Skip is ons beloof is in 1969 deur die Afrikaanse toneelgeselskap van Kruik in die Hofmeyr-teater opgevoer met Jannie Gildenhuys as regisseur – die enigste inheemse Afrikaanse stuk wat Kruik in 1969 aangepak het. Die hoofrol is vertolk deur Johan Malherbe, met Pieter Geldenhuys, Ernst Eloff, Paul Malherbe en Alec Bell die ander akteurs wat belangrike rolle vertolk. Dit is ook vir skole voorgeskryf en as gevolg daarvan het die drama etlike herdrukke beleef.

Ander kritici is die mening toegedaan dat die teenwoordigheid van ’n digter duidelik aanvoelbaar is in ’n Skip is ons beloof en dat dít juis die rede is vir die lengte en woordrykheid van die drama. Een resensent het gemeen dat die dekor nie ingewikkeld is nie, maar die toneelspelers het ’n goeie begrip van die woord en taal en kan dit goed oordra.

Vir ’n ander resensent het die drama oor ’n "ontstellende krag" beskik - "'n drama wat die leser laat voel hy moet iets doen, moet veg teen hierdie magte waarteen die dramaturg waarsku. Nog voordat jy hom op die verhoog sien, is jy reeds volkome by die gebeure betrek."

(Bostaande twee besprekings is by Naln sonder enige bronverwysings. Naam van resensente is ook nie duidelik nie.)

André P Brink skryf in Aspekte van die nuwe drama dat daar van die moontlikhede van die stuk net mooi niks tereg kom in die dramatiese verwesenliking van die materiaal tot die skrywer se beskikking nie.

Met die publikasie van Die generaal in 1972 skryf Auditorium in Volksblad dat dit ’n leemte is dat dramas in Suid-Afrika nie éérs opgevoer word sodat dit getoets en geskaaf kan word voordat dit gepubliseer word nie. "Hierdie drama het ’n dubbelloop-intrige: diĂ© van Napoleon wat in Parys aankom na sy Egiptiese veldtog en ’n ontroue Josephine vind, en diĂ© van George Grand, ’n verspotte kopieskrywer van Kalkutta wat terselfdertyd in Parys arriveer op soek na sy ontroue vrou wat hom vyftien jaar tevore verlaat het. Grand sien homself as ’n generaal in sy eie klein wĂȘreld."

Op die buiteblad skryf die uitgewer: “Om die teenstelling tussen die twee ‘generaals’ te beklemtoon, word die verhaal van George Grand vertel in die tradisie van die teater van die absurde, veral ook omdat Parys, waar die handeling plaasvind, beskou kan word as die teelaarde van diĂ© soort teater. Terselfdertyd kan die werk beskou word as ’n eksperiment om vas te stel in hoe ’n mate twee toneelstyle in dieselfde werk gekombineer kan word.”

Vir Auditorium is die drama nie heeltemal geslaag nie. Dit is nie as gevolg van "vermenging van style nie, maar omdat die geheel te oppervlakkig is”. “[D]ie intrige geweef om Napoleon bied volop moontlikhede vir ’n grootse drama wat die dramaturg nie benut nie. As dit egter sy doel was om die ewig menslike in diĂ© kleurryke en dinamiese figuur te beklemtoon en nie soseer die historiese gang nie, slaag hy daarin ook nie. Napoleon laat die leser nooit betrokke voel by sy wel en wee nie. ’n Stuk kan natuurlik beter gespeel word as wat dit lees, maar min geleentheid word aan ’n speler gebied om die karakter van Napoleon verder uit te bou.

“Wat die George Grand-intrige betref, die absurde styl word nie met ’n seker hand gehandhaaf nie. Bewustelik word sekere kenmerke van die styl aangewend: die roetinebestaan van die mens, die verveeldheid, die wag, die simboliek wat aan die koffer kleef. (...) Die absurditeite van die wortels – dit alles word aangetref by ander eksponente van diĂ© genre. Maar George Louw maak dit nie sy eie nie. Ook die dialoog is plek-plek te rasioneel en doodgewoon vir diĂ© styl.”

In Die Vaderland skryf JH: "Dit is ’n sterk stuk wat met die regte regie, afronding en agtergrond ’n reuse-sukses op die verhoog behoort te wees. Die dialoog is goed, eenvoudig en vinnig, en die verhaal wat die skrywer geskep het, word deurgaans gevolg."

Hierna het Louw se skrywerstem stil geword. As redakteur by uitgewers het hy só betrokke by ander skrywers se werk geraak dat hy nie meer tyd gehad het vir sy eie werk nie. Joan Hambidge het haar dikwels in ’n kursus oor verdwene digters afgevra: O, wat het geword van George Louw?

Toe, amper 50 jaar na Die trekpad, net oor die 40 jaar na Koggelstok, en 37 jaar na sy laaste bundel, Opstand verby, verskyn Kraai in 2006 by Tafelberg. In sy resensie in Die Burger (12 Junie 2006) skryf Etienne Britz: “Afgeteken op die voorblad van George Louw se vierde digbundel, Kraai, staan twee figure wat ’n belangrike rol in diĂ© bundel speel, naamlik die kraai en die 15de-eeuse bedelmonnik van Florence, Girolama Savonarola (1452–1498). Die afdeling oor diĂ© bedelmonnik beslaan feitlik die helfte van die bundel. Daar is 48 gedigte oor sy wedervarings, gedagtes, wroegings, meditasies, gebede en visioene. Lesers sal Kraai beter verstaan as hulle Savonarola ken. Daarom wy ek my bespreking veral aan hom. Louw is volgens die gedig ‘Voorwoord’ jare lank gefassineer deur diĂ© Dominikaan, en wou eers ’n storie en toe ’n drama oor hom skryf. Uiteindelik het die monnik hom ‘jaar op jaar/ in vers op vers/ aan [hom] kom openbaar’. (...)

“Louw skryf in ’n nota op bl 79: ‘In sy swart py het diĂ© tingerige klein priester met die prominente krom neus byna die voorkoms van ’n kraai gehad.’ Hiermee word die verband tussen Savonarola en die ander hoofmotief van die bundel beklemtoon. As simbool het die kraai verskeie betekenisse, sommige teenstrydig, ambivalent en kompleks. Die kraai simboliseer onder meer godsdienstige inspirasie. Soms word die kraai as boodskapper of verskyningsvorm van God (of van ’n ander bonatuurlike mag) voorgestel. Vir die alchemiste het die kraai die innerlike donkerte van die siel verteenwoordig. Die kraai word egter ook geassosieer met onheil. DiĂ© lelike, swart voĂ«l met sy skor gekras word soms uitgebeeld as ’n voorbode van die dood, of ’n draer van slegte tyding. GoĂ«lkuns word eweneens met die kraai geassosieer.

“Dis duidelik hoe die kraai met Savonarola skakel. Hy was in sy swart py ’n somber, verbete, krassende boodskapper van God.”

Britz is van mening dat Kraai ’n goedafgewerkte bundel is wat van eerlikheid en volwassenheid getuig. Soms is daar ’n satiriese toon te bespeur, maar baie maal "gelate of bewoĂ«". Hy kan nie die bundel as "with-it" beskryf nie, maar dalk as gevolg daarvan sal baie lesers nog meer aanklank by die bundel vind.

Fanie Olivier (Beeld, 6 Junie 2006) het Kraai beskryf as ’n "besonderse leeservaring wat baie wĂȘrelde bestryk, ook die plaaslike maatskaplike bestel, en ’n bundel wat op ’n bedrieglik eenvoudige wyse baie ongemaklike vrae oor mense stel. Dis ’n ryp en ’n ryk bundel waarmee die digter ’n nuwe kleim kom afsteek in die Afrikaanse poĂ«sie.”

In Rapport (14 Mei 2006) skryf Henning Snyman entoesiasties oor Kraai. Hy sĂȘ: "Ons het hier nie te doen met politieke versetverse nie, maar met verset teen die wanbeeld van God. Ek verwelkom hierdie bundel van George Louw wat nĂĄ ’n lang stilswye terug is met ’n uiters indrukwekkende bundel: ryp, beleĂ« poĂ«sie. Aanvanklik is die gedigte ’n menslike dog siniese blik op wat die mens van God en sy skepping maak. Meer satiries word na die mens gekyk in sy eie waan van vernaamheid en sy ydel strewes na rykdom en mag. Skerper word die oordeel oor wat die mens aan ander mense doen. Die mens in sy skynheiligheid, ydelheid en konstante spel met die bose en verraad word sag-satiries maar tog fel blootgelĂȘ. Louw se satires is amper in die litotes geklee, en daarom selfs meer effektief as ooglopende en felle satire. (...)

“Geleidelik beweeg die bundel na die individu en sy verhouding tot en met God. God word telkens gesien as die geamuseerde God wat Hom terugtrek in tyd en ewigheid as Hy sien wat die mens en die kerk van Hom probeer maak. (...) Die kerk word genadeloos aangespreek vir sy eie strewe na welvaart en sy beklemmende houvas op die mens, en in diĂ© verband tree die gegewe van Savonarola die bundel binne. Hierdie dapper priester wat in voorkoms, met sy skerp neus, na ’n kraai gelyk het, het ’n roeping ervaar om die mense van Firenze tot ’n daadkragtige konfrontasie met hul eie sondigheid te lei. Met die bybring van hierdie historiese werklikheid meng historisiteit met die verbeelde vers. Die digter beweeg hier op riskante terrein, want as die historiese sou oorheers, sou die gedigte ontaard in aanvallende satire. Louw hanteer egter sy gegewe meesterlik.

“Kraai raak aan die intiemste wĂȘrelde van menswees. Dit is poĂ«sie wat sterk antropomorfies is soos dit poĂ«sie betaam, dit gaan oor die mens. Dit is ’n bundel vry van die ‘gekrulde ik’ (Hugo Brems).”

Joan Hambidge (Volksblad, 29 Mei 2006) vertel: "Ek het die bundel in een slapelose nag deurgelees en sidderend beleef. En per ongeluk ’n pot swart koffie op die pragtige boek uitgegooi (‘the breaking of the vessels’, dink ek). Dis altyd ’n goeie teken wanneer ’n bundel jou so meesleur dat jou reflekse aangetas word. Hoe het Emily Dickinson op ’n keer gedig? Dat haar lyf haar vertel wanneer dit ware poĂ«sie is. Bepaald die geval hier. Ons het lank gewag vir hierdie bundel, maar dit was die moeite werd om ’n bydrae van ’n beleĂ« digter te lees.”

Naas bogenoemde publikasies skryf Louw ook enkele verspreide prosastukke wat in Son op die water (1967) en Blommetjie gedenk aan my (1978) opgeneem word. JC Kannemeyer voel egter dat Louw sy beste werk gelewer het met ’n aantal verse waarin die jeugdige kyk van die jongman op die wĂȘreld bekoorlik en sjarmant verwoord is. (Dit was voor die publikasie van Kraai.)

Van George Louw se gedigte is deur Rina Coetzee getoonset en by die Stellenbosse poĂ«siekring gesing. Hy lewer ook ’n bydrae tot Gesprek sonder grense: huldigingsbundel ter ere van Johan Degenaar se 80ste verjaarsdag onder redaksie van Dirk Hertzog, Etienne Britz en Alastair Henderson wat in 2006 gepubliseer is.

Publikasies:

Publikasie

Die trekpad

Publikasiedatum

1957

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Culemborg

LiterĂȘre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Koggelstok

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

LiterĂȘre vorm

Poësie

Pryse toegeken

EugĂšne Marais-prys 1965

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Skip is ons beloof

Publikasiedatum

  • 1969
  • 1972
  • 1973
  • 1974
  • 1979
  • 1980
  • 1981

ISBN

  • 0624002888 (hb)
  • 0624013197 (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Drama

Pryse toegeken

WA Hofmeyr-prys 1970

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die generaal

Publikasiedatum

1972

ISBN

0624001989 (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

LiterĂȘre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kraai

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798145862 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

LiterĂȘre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

George Louw as vertaler

  • Bratny, Roman: Die kruis van die dapperes: roman van die Poolse versetstryd. Kaapstad: Tafelberg, 1964
  • Coatsworth, Elizabeth: Eensame Maria. Kaapstad: Tafelberg, 1976
  • Marins, Francisco: Die geheim van die goudmyne. Kaapstad: John Malherbe, 1966

George Louw as redakteur

  • Leroux-Van der Boon, Marzanne: Granate bloei in Jerusalem (saam met Lambert Jacobs). Wellington: Lux Verbi BM, 2003 

Artikels oor George Louw beskikbaar op die internet

Artikels deur George Louw beskikbaar op die internet

Bronne

  • Steyn, JC. 1998. Van Wyk Louw: ’n lewensverhaal. Deel I. Kaapstad: Tafelberg
  • Kannemeyer, JC. 19-. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Deel II. Kaapstad Tafelberg
  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

‱ Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post George Louw (1939–) appeared first on LitNet.

↧
↧

Foto's: ATKV-Woordveertjies 2015

$
0
0

Sewentien ATKV-Woordveertjies is Vrydagaand toegeken by 'n spoggeleentheid by D’Aria in Durbanville. Vanjaar spog ook LitNet met 'n spesiale veertjie in die LitNet-hoed.

_MG_0094

’n Spesiale ATKV-Woordveertjie is aan LitNet toegeken vir Uitnemende Bydrae tot die Woordkuns. Stigterredakteur Etienne van Heerden het die toekenning van Japie Gouws ontvang.

Stigterredakteur Etienne van Heerden by Naomi Bruwer, senior inhoudsbestuurder (links) en Naomi Meyer, inhoudsbestuurder (regs)
Foto: Izak de Vries

_MG_0104

Etienne van Heerden en Sandra Prinsloo

_MG_0147

Die ATKV-Prosaprys is toegeken aan Francois Smith vir Kamphoer (Tafelberg). Die beoordelaars was Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe.

_MG_0149

Francois Smith

_MG_0005

Cintaine Schutte en Carel Nel in 'n skets oor die kompleksiteite van die liefde

_MG_0010

Carel Nel

_MG_0016

Die Prys vir Liefdesroman is toegeken aan Chanette Paul vir Ewebeeld (LAPA). Die beoordelaars was Shireen Crotz, Carina Hanekom en Madri Victor.

_MG_0031

Debra Primo (University of KwaZulu-Natal Press), Kerry Lee Jones en Sandra Prinsloo

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur MariĂ«tta Alberts, Leon de Stadler en Rufus Gouws, met die wenner: Die Ju  / ’hoan Tsumkwe Dialect / Prentewoordeboek vir Kinders / Children’s Picture Dictionary (2014), uitgegee deur die University of KwaZulu-Natal Press. Samestellers: Kerry Lee Jones en Tsemkgao Fanie Cwi, met ’n redaksiespan.

_MG_0037

_MG_0041

_MG_0046

Die Prys vir Romanses is toegeken aan Marie-Louise Steyn (skuilnaam: Amelia Strydom) vir Ridder in ’n wit jas (Hartklop). Die beoordelaars was Carol-Ann Johnson, Didi Potgieter en Kobie van Aswegen.

_MG_0056

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan Storiewerf, onder die redakteurskap van Franci Greyling.

Storiewerf is ’n webtuiste vir die bevordering van Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur en jong skryftalent, met as bykomende doelstelling die bevordering van Afrikaans op die internet. Dit is sedert April 2000 aktief en is vanjaar 15 jaar oud.

_MG_0059

'n Dramatisering van 'n gedig uit TT Cloete se bundel Karnaval en Lent

_MG_0063

'n Dramatisering van 'n gedig uit Antjie Krog se bundel Mede-wete

_MG_0068

'n Dramatisering van 'n gedig uit Charl-Pierre Naudé se bundel Al die lieflike dade

_MG_0074

Die Prys vir Poësie is toegeken aan Antjie Krog vir Mede-wete (Human & Rousseau). Diana Ferrus, Margot Luyt en Bernard Odendaal was die beoordelaars.

_MG_0087

Antjie Krog en Sandra Prinsloo

_MG_0106

Dramateks: In glas – Nicola Hanekom

_MG_0110

Dramateks: Al julle volke – Wessel Pretorius

_MG_0114

Dramateks: Die dag is bros – Wessel Pretorius

Shirley Ellis, Juanita Swanepoel en Wim Vorster was die beoordelaars vir die
Prys vir Dramateks met die wenner: Die dag is bros – Wessel Pretorius. Sandra Prinsloo het die prys namens Pretorius in ontvangs geneem.

_MG_0123

Die Prys vir Spanningslektuur is toegeken aan Martin Steyn vir Donker spoor (LAPA). Die beoordelaars was Sam Cooper, Dirk Jordaan en Kay Karriem.

_MG_0134

Martin Steyn

_MG_0137

Japie Gouws gesels oor die ATKV se pad vorentoe.


Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2015

In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR–1

  • Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA) – Die coolste ouma op aarde
  • Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA) – Die coolste ouma op aarde

_MG_9962

Miemie du Plessis, Sandra Prinsloo en Zinelda McDonald. Miemie du Plessis het namens Marita van der Vyver die prys in ontvangs geneem.

Selfleeskategorie: Graad 2–3

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA) – Plons
  • Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA) – Plons

_MG_9977

Sandra Prinsloo, Arnelle Woker en Fanie Viljoen

Selfleeskategorie: Graad 4–5

  • Skrywer: ElizbĂš van der Colff (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment
  • Illustreerder: Chris Venter (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment

_MG_9988

Chris Venter, ElizbĂš van der Colff en Sandra Prinsloo

Selfleeskategorie: Graad 6–7

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA) – Wian Verwey het ’n crush op my

Miemie du Plessis het namens Jaco Jacobs die prys in ontvangs geneem.

Selfleeskategorie: Graad 8–10

  • Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA) – Iewers vlieg daar fairy dust

_MG_0002

Marisa Haasbroek en Sandra Prinsloo

_MG_0184

_MG_9892

Wim Vorster, Niël Rademan en Ilzebet Oosthuizen

_MG_9893

 Danny Titus, Ravona Karamanska en Danie van Wyk

_MG_9894

 Herman en Carol Bailey saam met Steward en Emmerentia van Wyk

_MG_9895

Cronjé van der Merwe, Nita Cronjé en Gerrit Rautenbach

_MG_9899

Nicola Hanekom en Grant Swanby

_MG_9901

 Tania Babb, Francois Smith en Marga Stoffer

_MG_9904

 Izak de Vries en Margarethie Bredenkamp

_MG_9915

 Wim Vorster, Margot Luyt en Graham Clarke

_MG_9916

 Suzette en Jacques Myburgh

_MG_9917

 Amanda de Stadler en Karien Brits

_MG_9920

 Carine Terreblanche en Danie Marais

_MG_9927

 Riette Rust

_MG_9929

 Gerrie Lemmer en Mercia Eksteen

 

The post Foto's: ATKV-Woordveertjies 2015 appeared first on LitNet.

↧

IBBY-toekennings: LAPA gloei van trots

$
0
0

ibby_fanie650

Fanie Viljoen (foto: Izak de Vries)

LAPA se kinder- en jeugboekafdeling het binne ’n week verskeie groot eerbewyse ingepalm.

  • Uit, deur Fanie Viljoen, het die IBBY-Ererol gehaal om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig;
  • Maja Sereda het die Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek Haasmoles gewen;
  • LAPA het vier kategorieĂ« van die ATKV-Kinderboektoekennings gewen;
  • en twee van ons volwasse romans het ATKV-Woordveertjies gewen.

BAANBREKER-JEUGBOEK VEREER

Die bekroonde skrywer Fanie Viljoen se jeugroman Uit is deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys.

Dit beteken Viljoen se boek sal deel vorm van die internasionale erelyskatalogus wat tweejaarliks deur hierdie gesaghebbende kinderboekliggaam saamgestel word, en benewens skrywers ook vertalers en illustreerders vereer.

Uit is ’n grensverskuiwende jeugboek wat handel oor Brent, ’n Afrikaanse tienerseun wat onseker is oor sy seksuele oriĂ«ntasie.

Viljoen sĂȘ hy het Uit geskryf om tieners wat met hul seksualiteit worstel ’n stem te gee, om hulle te wys hulle is nie alleen nie. “In ’n sekere opsig is daar deesdae ’n groter aanvaarding vir gay mense, maar daar is steeds mense wat geweldig teen die leefwyse te velde trek. Talle jongmense het daarom ’n ontsaglike vrees om uit te kom en hul ware self te wees. Hulle is bang vir verwerping, bang hulle ouers gooi hulle uit die huis, dat hulle al hul vriende gaan verloor, dat hulle gespot sal word. Sommiges kan nie eens hulself aanvaar nie. Voeg daarby godsdiens, tienerdrifte, verwagtinge van die samelewing, en dit word ’n emosionele nagmerrie vir gay tieners.”

Van die belangrikste oorwegings wanneer die IBBY-erelys saamgestel word, is dat die boeke op die lys die beste van elke land se kinderliteratuur moet verteenwoordig, en dat dit geskik moet wees vir publikasie regoor die wĂȘreld. Die boeke op die lys vorm deel van rondreisende uitstallings wat by verskeie internasionale konferensies en literĂȘre feeste te sien word, en sal ook deel vorm van die permanente uitstallings van byvoorbeeld die Internasionale Jeugbiblioteek in MĂŒnchen, Duitsland.

Viljoen sĂȘ die IBBY-benoeming is vir hom ’n groot eer. “Ek is trots daarop dat Uit ons land kan verteenwoordig by kinderboekfeeste regoor die wĂȘreld. Dit alleen wys Suid-Afrika het al ’n lang pad gestap om die skaamte van gay wees af te skud. Ek wil dan ook my uitgewer, LAPA, bedank dat hulle die boek gepubliseer het. Dit verg ’n uitgewer met moed om so ’n risiko te neem.”

Miemie du Plessis, bestuurder: kinder- en jeugboeke, van LAPA Uitgewers, sĂȘ die terugvoering wat hulle tot dusver van lesers oor Uit gekry het, was aangrypend. “Die korrespondensie wat ons van lesers ontvang, wys duidelik dat hierdie boek regtig jongmense se lewens aanraak. Ons is daarom besonder trots op hierdie benoeming.”

LAPA-ILLUSTREERDER ONTVANG KATRINE HARRIES-TOEKENNING

Die gewilde illustreerder Maja Sereda is aangewys as die wenner van die gesogte Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek Haasmoles.

DiĂ© toekenning, die enigste van sy soort wat Suid-Afrikaanse kinderboekillustrasies as ’n kunsvorm evalueer, is ’n paar jaar lank nie gemaak nie, maar herleef vanjaar, honderd jaar nĂĄ die geboorte van Harries, een van die pioniers van kinderboekillustrasies in Suid-Afrika. Die toekenning word vanjaar terugwerkend toegeken vir boeke wat in die voorafgaande ses jaar verskyn het. Sereda wen die toekenning vir die jaar 2010-2011.

Vorige wenners van die toekenning sluit in illustreerders soos Niki Daly, Joan Rankin, Alida Bothma, Cora Coetzee, Jeremy Grimsdell, Jude Daly en Piet Grobler.

In Haasmoles, geskryf deur Jaco Jacobs, is Simon op ’n dag verveeld, want dit reĂ«n al die hele dag lank buite. Maar dan daag daar onverwags ’n klomp besoekers op wat chaos in die huis saai – ’n klomp lewenslustige, onnutsige hase.

VERSKEIE ATKV-WOORDVEERTJIES

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 11 September by D’Aria in Durbanville aangewys.

Ook hier het LAPA se kinder- en jeugboeke geskitter. Vir die ATKV-Kinderboektoekennings stem die leerders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Plons

Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA Uitgewers) – Plons

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – Wian Verwey het ’n crush op my

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA Uitgewers) – Iewers vlieg daar fairy dust

Twee van LAPA se volwasse romans is ook bekroon

Die ATKV-Woordveertjie vir ’n Liefdesroman is toegeken aan Ewebeeld van Chanette Paul (LAPA Uitgewers). Die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur is toegeken aan Donker spoor van Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

Kyk ook foto's van die ATKV-Woordveertjietoekennings van 2015

The post IBBY-toekennings: LAPA gloei van trots appeared first on LitNet.

↧

Erfenisdag: Afrikaans is vriendelik

$
0
0

“Erfenisdag is meer as net nasionale braaidag. Dit is ook Ɖ dag waarop Afrikaans as taalerfenis gevier kan word,” sĂȘ Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV. “Suid-Afrikaners is lief vir Ɖ vleisie op die kole, maar braai is net een van ons gedeelde erfenisse. Ɖ Ander erfenis is ons tale, en Afrikaans is een van die tale in Suid-Afrika met Ɖ besonderse geskiedenis.”

Afrikaans vier vanjaar 90 jaar as Ɖ amptelike taal, maar Brits wys daarop dat Afrikaans eintlik baie ouer is – sommige akademici reken dit kan selfs ouer as 350 jaar wees! Sy verduidelik hoekom dit so belangrik is dat Afrikaans erken word as Ɖ amptelike taal. “ Ɖ Taal is soos Ɖ plant wat water, kunsmis en lig nodig het. Vir Ɖ ou taal soos Grieks om millennia te kon oorleef, het dit sprekers (water), letterkunde (kunsmis) en erkenning (lig) nodig gehad. As ons die plant water gee, sal dit vir Ɖ wyle oorleef; as ons dit plantkos gee, sal dit blom, maar dit sal nie oorleef sonder lig nie. Tale het daarom amptelike erkenning broodnodig.”

taal_snw

Sy het benadruk dat tale nie in isolasie gebruik word nie. “Kom ons brei bietjie uit op die  plantmetafoor. Ɖ Tuin met een soort plant is nie so mooi soos Ɖ tuin met Ɖ verskeidenheid plante nie, en ons kort hierdie bonte verskeidenheid van inheemse tale om die Suid-Afrikaanse tuin mooier te maak. Hierdie tale beïnvloed mekaar ook onderling. As ons na die voorbeeld van Grieks se invloed op Afrikaans en Engels kyk, sal Engelssprekendes en andertaliges wat glad nie Afrikaans ken nie, maklik die betekenisse van woorde soos dinamies, filosofie, fotografie, teater en priester kan aflei. Hoewel hierdie woorde oorspronklik uit Grieks kom, is dit bekend in baie ander tale.”

vriendelik_bnw

Brits verduidelik dat kontak tussen tale partykeer lei tot die ontstaan van nuwe tale, en dat Afrikaans juis op hierdie manier ontstaan het. “Tale is Ɖ bietjie soos mense – hulle het  families. As Afrikaans en Engels mense was, dan was hulle sibbe! Wie van ons ken nie die voorbeeld van ‘my pen is in my hand’ nie? Dit kan in Afrikaans en Engels gelees word, en die woordorde, spelling en betekenis is in albei tale presies dieselfde. Afrikaans en Engels is albei lede van die Germaanse taalfamilie, wat die ooreenkoms verklaar. Nederlands is die ander familielid, en het in 1652 saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom. Hierdie Kaapse Nederlands is nie in isolasie gepraat nie, maar het in kontak met verskillende tale gekom, en so het Afrikaans ontstaan. Kyk maar na die taalwortels van woorde soos dagga, kierie, abba[1], piesang, blatjang, baie[2], mielies, kraal[3], aikîna, makietie en indaba[4].”

“Afrikaans is meer as net Ɖ taal. Dis Ɖ taal met Ɖ fassinerende geskiedenis, en nie net die  taal van net een spesifieke groep of ras nie. Afrikaans het inderdaad vele gesigte.  Kom ons deel ons ryke taalerfenis met mekaar en wys ander Suid-Afrikaners hoe vriendelik Afrikaans is.”

groot_ww

[1] Khoi-Khoi

[2] Maleisies

[3] Portugees

[4] Afrikatale

The post Erfenisdag: Afrikaans is vriendelik appeared first on LitNet.

↧

Van ’n arm kleintyd na internasionale roem

$
0
0

vuvu-deur-izak

Noluvuyiso Mpofu (foto: Izak de Vries)

Noluvuyiso Mpofu is op vier-en-twintig reeds besig om gehore se voete onder hulle uit te swiep; nie net plaaslik nie, ook internasionaal.

Sy is ’n grasieuse vrou en haar Engels is perfek, sy klink nogal soos ’n kind uit ’n goeie privaatskool. Tog is dit allermins waar. Noluvuyiso het arm groot geword en moes baie hard werk om raakgesien te word. Vandag is dit moeilik om haar te mis.

Op 19 September 2015 word sy as die algehele wenner van die ATKV-Muziqanto se klassiekesangkompetisie aangewys. Ek ontmoet haar vier dae later in die Baxterteater en op pad na die restaurant word ons ’n paar keer voorgekeer deur musici en toneelspelers wat stop om haar geluk te wens. By sommige kry sy drukkies, ander wil net vinnig gesels.

Daar is ’n natuurlik grasie waarmee sy al die lof aanvaar.

Hierdie grasie kom van diep binne haar en niĂ© van ’n posh finishing school nie.

Haar pa is reeds oorlede toe sy nog jonk was en die hoĂ«rskool waar haar ma haar kon plaas, was beslis nie een van die duur skole in Port Elizabeth nie. Tog, daardie skool hĂ©t ’n koor gehad wat aan eisteddfods deelgeneem het en dĂ­t het ’n verskil gemaak aan Noluvuyiso se jong lewe.

In graad 11 het sy tydens een van die eisteddfods gehoor hoe iemand opera sing. Sy was onmiddellik bekoor en wou meer weet.

Van ’n vriendin het sy die DVD van Mozart se Die Towerfluit geleen - sy spreek dit perfek in Duits uit, Die Zauberflöte - en in haar graad 12 jaar het sy as solis deelgeneem aan die eisteddfod, deurgedring na die nasionale eindrondte, en tweede gekom.

“Wie het jou geleer om die Duits uit te spreek?” vra ek.

“Niemand,” sĂȘ sy. “Ek het oor en oor geluister na die DVD tot ek dit kon reg uitspreek.”

“En sang? Wie was jou sangafrigter? Wie het jou stem ontwikkel?”

“Niemand,” sĂȘ sy. “Ek het geluister na die DVD.”

Haar ma was geweldig trots op haar dogter se prestasie, maar in daardie selfde jaar is sy ook oorlede. Noluvuyiso het nou twee baie jong boeties na wie sy, haar ouma en ’n tannie skielik moes omsien.

Gelukkig het die sukses by die eisteddfod gemaak dat die Universiteit van Kaapstad vir Noluvuyiso raakgesien het. Sy is gewerf, is finansiĂ«le hulp aangebied en ’n geleentheid om haar musiektalent te ontwikkel.

Dié jong ster sing sedert 2009 in die koor van die Universiteit van Kaapstad se Operaskool en die groot rolle is boonop besig om na haar kant toe te kom.

Sy was al: Despina in Mozart se CosĂ­ fan tutte, Rosina in Rossini se Il barbiere di Siviglia, Madame Cortese in Rossini se Il Viaggio a Reims, Lady with a Hand Mirror in Dominick Argento se Postcard from Morocco en Violetta in Verdi se La traviata.

In Opera Kaleidoscope sing sy Leila in Ɖ uittreksel van Bizet se PĂȘrelvissers en tydens die Viva Verdi Galakonsert sing sy uittreksels uit I Lombardi as Giselda en uit Falstaff as Nannetta.

Haar oratorio-optredes, as solis, sluit Beethoven se Simfonie no. 9 met die UK se Simfonieorkes in 2012 in, sowel as Haydn se Nelsonmis en Medelssohn se Lofgesang in 2013. In die laaste twee is sy deur die Kaapse Filharmoniese Orkes begelei.

Een van haar groot oomblikke was toe sy in 2014 saam met die bekende bas-bariton, Bryn Terfel, Ɖ duet uit Donizetti se L'elisir d’amore saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes gesing het. Die kritici was gaande oor diĂ© twee optrede.

vuvu-deur-Annemarie-Brink-qanto3

Noluvuyiso Mpofu (foto: Annemarie Brink)

Noluvuyiso studeer tans onder Patrick Tikolo en Kamal Khan – saam help hulle haar om rolle en sangkompetisies te kies wat haar loopbaan tot voordeel sal strek.

Nasionaal doen sy goed, maar internasionaal het sy ook onlangs deurgedring na die derde rondte van die Belvedere Sangkompetisie in Amsterdam en in Plácido Domingo se Operalia, in Londen, het sy Ɖ derde plek verower. Domingo was self op die podium. Sy vertel wat ’n voorreg dit was toe hy voor die tyd na haar kleedkamer gekom het om te kom seker maak sy is gemaklik.

Daar is nóg ’n stertjie aan hierdie storie: Die geld wat sy van Domingo se kompetisie ontvang het, is gebruik om ’n badkamer te bou by die huis in Port Elizabeth waar haar twee boeties, haar ouma en haar tannie nou nog bly.

Haar roem maak haar dus nie minder huisvas nie. Sodra daar ’n gaping in haar skedule is, gaan sy Port Elizabeth toe om tyd met die gesin deur te bring. Sy voel verantwoordelik vir haar boeties – sy praat van hulle as “my babies” – en voel ’n mate van weemoed om volgende jaar te moet weggaan uit Suid-Afrika.

Tog moet sy. Internasionale roem wag op hierdie jong ster uit die Oos-Kaap. Noluvuyiso doen tans die tweede jaar van haar Nagraadse Diploma in Opera by die Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek aan die Universiteit van Kaapstad is vanjaar toegelaat tot die Kaapstadse Opera Voice of the Nation Studio.

Volgende jaar? Houston, in die VSA, het reeds vir haar ’n opening aangebied. Sy huiwer egter, dit is verder van haar boeties af as wat Europa is 
 Heimlik hoop Noluvuyiso tans om ’n pos los te sing in Amsterdam of in ItaliĂ«.

“Hoekom ItaliĂ«?” vra ek.

Sy is mal oor die argitektuur daar, en dan, met ’n lag, sĂȘ sy: “En die kos! Ek is mal oor Italiaanse kos.” Skielik slaan haar ernstige kant weer deur: “Een van die ander redes waarom ek graag in Europa sou wou gaan werk, en nie in die VSA nie, is dat ek dan gedwing gaan woord om nog ’n taal aan te leer.”

Daar het jy dit. Noluvuyiso Mpofu is steeds honger om te leer.

Onthou die naam Noluvuyiso Mpofu.

Onthou haar as die meisie wat, sonder enige hulp, vir haarself geleer opera sing het.

Binnekort, wanneer haar naam op die groot verhoĂ« in die groot rolle verskyn, onthou haar ook as die vrou wat steeds, ten spyte van haar eie skedule, alles doen om haar twee boeties in die Oos-Kaap ’n beter lewe te probeer gee.

Noluvuyiso Mpofu.

Skryf dit neer. Jy gaan nog baie van haar hoor.

The post Van ’n arm kleintyd na internasionale roem appeared first on LitNet.

↧
↧

ATKV-Muziq: The astonishing journey of Junnan Sun

$
0
0

Junnan-deur--Annemarie-Brink-q1

Junnan Sun (photo by Annemarie Wichman)

"Tough, very tough," would be a gently way to describe Junnan Sun’s journey to the international stages. Be warned: This piece could move you to tears.

Today Junnan Sun is a sought-after musician who had recently made a clean sweep at ATKV-Muziq with his virtuoso clarinet playing. Fresh from a master’s degree at the Royal College of Music in London, Sun is presently the first clarinettist of the KwaZulu-Natal Philharmonic Orchestra.

Yet, music never was part of his parents’ dream for him.

To understand the ardent journey Junnan Sun has had to walk towards his award-winning performance at ATKV-Muziq in Cape Town on 1 August 2015, we need to turn the clock back to the start of 2003 and we need to hop all the way to China.

*

In 2003 Junnan was a teenaged boy, desperately working to get the best possible marks at school. Junnan was bright and his marks were excellent. Like so many Chinese boys, Junnan was an only child and the apple of his parents’ eye.

Diligence, desperately long hours and incredible pressure is part of the Chinese work ethic, and Junnan was a shining example of a boy who did what was expected of him.

A few short years earlier, when he was ten, Junnan had learned to play the clarinet. Now, as a young teenager, the school work simply got too much.

Extra-mural activities do not form part of the Chinese school ethic. The pressure on the top students to perform is too big. Junnan did not mind. He worked extremely hard; the way his parents wanted him too. They saw a future for the boy – after school he would go to university and become a vet, the career his father had chosen for him.

*

And then, everything changed; absolutely everything.

*

In 1998 South Africa had severed ties with Taiwan (the Republic of China) and signed a diplomatic agreement with People’s Republic of China.

The People’s Republic then had to set up a South African embassy from scratch.

In 2003, when Junnan was thirteen years old, his father got posted to the Chinese embassy in South Africa. After hours of soul searching, he decided to bring Junnan with him to South Africa.

*

What happened next, could well have been taken from a novel by Charles Dickens. Yet, it was for real.

*

At the age of thirteen, in the middle of the academic year, Junnan Sun arrived at Pretoria Boys High.

Why his parents did not choose the International School, where most of the diplomats’ kids would go to, is uncertain. As a journalist one would concede that the “international” part is somewhat misleading, as the school has strong American ties. Yet, there are other reasons as well: Pretoria Boys’ High is close to the Chinese Embassy it is known as a very good school.

Indeed, Boys High is an excellent school, but even the most ardent, English-speaking old-boy would admit that the initiation practices at the school had never been easy. Their induction of new boys hankered back to the old English system and a first-year boy had to earn himself a place in that society.

When a new boy came from a tradition where his father and uncles had been telling him about the things they had faced during induction, the boy could prepare himself for it. Besides, he would know: This too will come to pass.

Junnan had never engaged with the British system of induction, which South Africa had so greedily copied and preserved.

Junnan spoke no English. None. Not even a little.

Junnan had never known that public humiliation might well be a way of welcoming someone.

Junnan has never seen in a system where aggression would earn you a place of respect.

Junnan-deur-Annemarie-Brink-q2

Junnan Sun (photo by Annemarie Wichman)

*

Pause for a moment, reader. Put yourself in his shoes.

Junnan Sun was one the very best students in China. Now he had to study in a language he had never encountered before and he faced a system that seemed severely hostile.

He did understand a single word his teachers spoke.

He did not understand the language of any of boys in his class.

He simply could not understand why someone would suddenly want to throw him in a dustbin.

He simply did not understand.

Period.

Those first few months found Junnan in a bewildering system with people he did not understand at all. At school he found the boys hostile and he did not understand why. After school he spent every available moment with an English-Mandarin dictionary, trying to get his head around words like photosynthesis.

*

Junnan was unhappy, to put it mildly, but so were his parents. They too could not understand why he was unhappy, nor could they understand why their star child suddenly came home with tests in which he had only achieved 14%.

Somewhere during this time of turmoil, Junnan picked up his clarinet again. With that, a new world suddenly opened up.

In the music department of Pretoria Boys High he encountered acceptance and respect from Lizette Smith, who would remain his clarinet teacher until the end of his Honours degree, and from Dr Niel van der Watt, the head of the music department.

To this day, Junnan gets emotional when he talks about what Smith and Van der Watt.

Not only did they share music with him, a language which he could understand, but for the first time since he had arrived at the school, he encountered people who were courteous and nurturing.

“I still perform Niel van der Watt’s pieces,” says Junnan during our interview, “and I tell audiences it is because they are good, but also because of what he had done for me.”

*

With the same vigour and zeal Junnan had shown to his other work, the young boy now drank in the world of music. His teachers would have been overjoyed; which other teenager would get excited about reading of Beethoven conducting the fifth while being totally deaf?

Junnan worked hard. In 2006, Lizette Smith suggested that he ought to enter the ABSA National Youth Competition. Both the boy and his parents were amazed: in China only child protégées would ever dream of entering competitions.

His parents allowed him to enter, mostly because they had wanted him to see just how unreachable his dream of playing music at a higher level would be.

The young man sailed through to the final, despite encountering many more culture shocks. “I did not know how to bow!” Junnan laughs during our interview. He jumps up to demonstrate how he had flung his body forward and kept his arms stiff, at an angle behind his back.

“I also did not know that one should play your flashiest piece in the final,” recalls Junnan. “In Chinese culture one does not show off.”

“And you used to stutter back then,” says Ilse SchĂŒrman quietly.

SchĂŒrman is a consultant to the music and entertainment industry. It is through her intervention that I was able interview Junnan.

That very first competition was where SchĂŒrman met the young man. Over the years she had kept a close eye on him.

*

If his parents had hoped that Junnan’s musical dreams would end after playing his first competition, they could not be more wrong.

Their son did not fail: he walked off with the prize for the best performance on a woodwind instrument.

By now Junnan had not only found peace in music, he had also proved himself and slowly but surely English became easier to understand.

“It took three years,” Junnan recalls, “but I remember that day when the one teacher told a lame joke and I laughed. Of course the other boys told me not to laugh at lame jokes, but I had understood the English and the humour.”

Soon, despite the hardships, his five years of high school had passed. At first he was amazed to see the “monster guys” from the first rugby team crying on their final day; he could not wait to get out. Yet, when Niel van der Watt walked in, Junnan too burst into tears. He so wanted to thank Van der Watt for what he had done, “but I could not. My English simply was not good enough to say what I had wanted to say.”

Junnan now faced another challenge. His parents’ five year contract at the embassy was up and they were going back to the People’s Republic. The young man had to make a tough choice: Stay in South Africa, all on his own, or go back to China?

At this point, we, as readers, need to understand a little bit more. Junnan had lost five years of schooling. Yes, he did obtain a South African matric, but the maths Chinese school leavers do, are the equivalent of third-year university maths in South Africa. Junnan would have faced untold hardships had he gone back and so, despite the challenges, the young man stayed in South Africa and enrolled at the University of Pretoria for a BMus.

It was not easy. Despite being good at music, Junnan faced new challenges. His only culture, other than that of his Chinese upbringing, was that of Pretoria Boys High. He had never encountered another culture in South Africa. Suddenly university was laid back and adults did not appreciate being addressed as “Ma’am” and “Sir”.

“I had to forget everything I had learned at Boys’ High and learn another new culture,” Junnan explains with a wry smile during our interview.

*

University posed challenges, but Junnan’s career had already taken off.

Since that first, awkward competition, Junnan Sun had been the recipient of numerous awards, highlights of which include:  In 2008 he won the Lubner Solo Music Competition, the Unisa South African Music Scholarship Competition in 2009, the Phillip Moore Music Competition in 2010 and in 2011 Junnan was named the overall winner of four South African music competitions, namely the Unisa Overseas Music Scholarship Competition.

Also in 2011 Junnan obtained a BMusHons from the University of Pretoria under the tutelage of Lizette Smith.

He continued his studies at the Royal College of Music (RCM) in London where he studied with Michael Collins, Richard Hosford and Janet Hilton, obtaining a Masters of Performance (specialising in orchestral studies) with distinction. Junnans’s studies in the UK were made possible by the Wilkins-Mackerras Scholarship from the RCM, and the PJ Lemmer Scholarship from Unisa.

He continued winning competitions and accolades. He was the overall winner of the RCM Concerto Competition in 2013, he received the RCM Rising Star award in 2013, the RCM Clarinet Prize which recognises the top clarinettist of the RCM in 2014, the RCM Savage Club Prize for the best performance of a concerto in 2014, the first prize in the clarinet category at the Stockholm International Music Competition in 2014 and the Outstanding Young Artist Award, awarded to him by the Provincial Government of Jiangsu Province, China, also in 2014.

As an orchestral musician Junnan has worked with foremost conductors such as Vladimir Ashkenazy, Sir Roger Norrington, Wolfram Christ and Gerard Korsten. He has performed solo and chamber music recitals in concert venues abroad – such as the Berlin Konzerthaus (Germany), the Royal Albert Hall (UK), the Royal Festival Hall (UK), Cadogen Hall (UK), the Amaryllis Fleming Concert Hall (UK), and St Paul’s Cathedral (UK) – as well as in prominent concert venues in South Africa, including the Endler Hall in Stellenbosch, the Durban City Hall, the Linder Auditorium and the Unisa Enoch Sontonga Hall. Junnan has appeared as soloist with the KwaZulu-Natal Philharmonic Orchestra, the Johannesburg Philharmonic Orchestra, the RCM Philharmonic Orchestra, and the South African National Youth Orchestra.

He has received master classes from prominent clarinettists, including Andrew Marriner (London Philharmonic), Anthony McGill (New York Philharmonic), Robert Pickup (Zurich Opera House), Mate Bekavac (international soloist), Einar Johannesson (Iceland Symphony), and Robert Plane (BBC Welsh Symphony).

It does not stop.

On 1 August 2015 Junnan Sun lifted the ATKV-Muziq trophy. With that he also pocketed R50 000. In the same competition he had also won best Woodwind player, and for which he received R10 000 and he won the prize for the best rendition of a classical piece during the final round, which he got it for his interpretation of Mozart’s Concerto for Clarinet in A majeur KV622 - III Rondo.

Junnan is very complimentary of the ATKV and the way the Muziq competition is run. He finds it sad that so many of the competitions he had won, did not last. “That is why the ATKV’s competition is so important. Every year I would go online to see who had won and I would listen to that person and decide what I would still need to learn to get better, so that I too could win.”

junnan3_650

Junnan Sun (photo by Annemarie Wichman)

*

Today Junnan Sun is reaping the awards of the many years of extremely hard work he had put in. He is the first clarinettist of the KwaZulu-Natal Philharmonic Orchestra and he is dating a South African girl, the violinist Mia Björkman. They are serious and she is actively learning Manderin. Junnan has picked up some Afrikaans, enough to describe his free-spirited love as “a bit woes at times”. He laughs when he says that.

*

Our time together has run out and on this high note we shake hands.

Junnan is a tall man, much taller than me. Today there is a quiet confidence he carries with him.

As he leaves with Ilse SchĂŒrman, I cannot help but feel a pang of anguish on behalf of the frightened thirteen year old who had been thrown into a rather unwelcoming part of our South African culture; yet I also cannot help to think how this hardship had created a wonderful musician who is now gracing our stages with his technique and passion.

Quietly, as I wave them good bye, I also salute his two teachers, Lizette Smith and Niel van der Watt, who had had the compassion to nurture a hard-working boy into a world-class virtuoso.

Text: Izak de Vries

Photographs: Annemarie Wichman

 

 

The post ATKV-Muziq: The astonishing journey of Junnan Sun appeared first on LitNet.

↧

Die ATKV-Spelathon is pret en bou wedersyds goeie verhoudinge

$
0
0

spelathon

Agter: Minette Mentz (beoordelaar, Afrikaanse vakadviseur Tshwane-Suid), Gerhard van Huyssteen (vraagsteller), Japie Gouws (besturende direkteur: ATKV-groep), Riaan Cruywagen (seremoniemeester), Brian Isaacs (beoordelaar) en Liane van den Bergh (CTexT)

Voor: Jamie-Lee Charles (derde, graad 10-afdeling), Diandra du Preez (eerste, graad 10-afdeling) en Daniyal Matthews (tweede, graad 10-afdeling)

Fotograaf: Waldo Swiegers

“Daar word dikwels oor kinders (en volwassenes!) se spelvermoĂ« gekla, maar deur die ATKV-Spelathon raak die moedertaal- en niemoedertaalsprekers van Afrikaans ernstig oor die spel van Afrikaanse woorde,” sĂȘ Tina Mashobane, projekorganiseerder van die ATKV.

Volgens Evelyn Ferreira, senior bestuurder: taal van die ATKV, is die hoofdoel van die ATKV se taalafdeling om die Afrikaanse taal te bevorder. “Dit doen die ATKV deur middel van verskeie projekte waarvan die spelkompetisie, Spelathon, een is. Behalwe die opvoedkundige waarde van hierdie projek, sal die gehoor ook met die vermaaklikheidswaarde daarvan kennis maak.”

Deelnemers aan die nasionale finaal vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal het op 17 Oktober kragte meet. Die finaal het by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview plaasgevind. Gerhard van Huyssteen, van die Op die Spel-faam, het tydens die geleentheid as vraesteller opgetree. Riaan Cruywagen het as die seremoniemeester die deelnemers op humoristiese wyse vinnig op hulle gemak gestel. 

Na heelwat taai rondes het Joshua Sadie van The Equestrian Academy of Cape Town in die Wes-Kaap as wenner uit die stryd getree in die graad 9-afdeling, gevolg deur Aaminah Hoosen van Saint Catherine’s School in KwaZulu-Natal en Nerina Pillay van die Shree Bharat Sharda Mandir School in Gauteng was in die derde plek.

In die graad 10-afdeling het Diandra du Preez van Germiston High School in Gauteng die beste gespel, met Daniyal Matthews van Wynberg Boys’ High School in die Wes-Kaap in die tweede plek. Jamie-Lee Charles van die Cape Academy of Maths, Science and Technology in die Wes-Kaap het die derde plek behaal.

Buiten die kontantpryse wat die wenners ontvang het, het hulle ook elkeen vir hulle skole lisensies vir Afrikaanse SkryfGoed 4, Ɖ Afrikaanse speltoetser, geborg deur CTexT (die Sentrum vir Tekstegnologie van die Noordwes-Universiteit) gewen.

Die Spelathon-kompetisie word in Gauteng vir leerders van graad 6 tot 10 aangebied, maar in die ander provinsies op hierdie stadium net vir graad 9- en graad 10-leerders. Ferreira sĂȘ dat dit die ATKV se doel is om landwyd soveel moontlik deelnemers by hierdie opwindende kompetisie te betrek. “Die geleidelike groei in deelnemende skole maak dit vanjaar moontlik om vir die eerste keer verteenwoordigers uit al die provinsies by hierdie nasionale kompetisie te hĂȘ.”

Volgens Ferreira is die ATKV veral baie bly oor die groot belangstelling wat niemoedertaalsprekers in die ATKV-Spelathon toon. “By die ATKV beleef ons dit egter as meer as net belangstelling. Vir ons is dit Ɖ uitreik van ander na Afrikaans. Met hierdie kompetisie steek ons dus ook graag ons Afrikaanse taalhand uit na enige taalspreker en erken ons die waarde van taal in die bou van wedersydse goeie verhoudinge tussen alle mense,” sĂȘ hy.

Die nasionale finaal vir Afrikaans as Huistaal vind op 24 Oktober by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview plaas.

atkv_portaal1

  • LitNet KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoĂ«rskool. 

The post Die ATKV-Spelathon is pret en bou wedersyds goeie verhoudinge appeared first on LitNet.

↧

Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2015

$
0
0

ATKVtienertoneel_logoDie ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 het van 6 tot 10 Oktober plaasgevind. Hier volg die uitslae. 

15tienertoneeljpg (1)

Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch is die nasionale wenner van die
51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met vyf: ’n dokumentĂȘr.

DiĂ© toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee. vyf: ’n dokumentĂȘr is ’n werkswinkelproduksie, saamgestel deur die hele geselskap. Dit is verbatimteater, ’n vorm van dokumentĂȘre teater, wat ondersoek instel na die psige van ’n eietydse tienermeisie. Vir die eerste keer word die deure van ’n meisieskool met ’n skrefie oopgestoot vir die publiek.

15tienertoneeljpg (2)

Daar is 704 leerders met 704 stories, alles is gedistilleer om beide die banale en die grootse ervarings van ’n tienermeisie te ontbloot: die neurose, vrese, angs, paniek en vreugde van vyf jaar se groeipyne waar “maanskyn en rose” ’n gedig is wat jy in graad 10 behandel. ’n Privaat blik in ’n wĂȘreld waar jou matriekafskeidrok ’n staatsgeheim is, waar “bad hair days” jou laaste kommer is en waar ’n A-gemiddeld die standaard is. ’n WĂȘreld van die matriarg.

Elke woord is verbatim gebruik.

15tienertoneeljpg (3)

Die regisseur is André Gerber en die hulpregisseur is Elizabeth Munro.
Hier is hulle saam met Sandra Prinsloo (links) en Japie Gouws (regs).

Die produksie ontvang ook die toekenning vir beste ensemblewerk.

Hoër Meisieskool Bloemhof het ook in 2012 met Spektakel en in 2013 met
Sneeuwitjie en die Sewe Zombies dié gesogte titel verower.

15tienertoneeljpg (4)

Randfontein High School is die naaswenner en ontvang R20 000 prysgeld vir Die Einde. Dit is die heel eerste keer dat hierdie skool aan ATKV-Tienertoneel deelneem. Die Einde is ’n oorspronklike, kragtige drama wat die wrede bendekultuur in ons jeugstrafstelsel uitbeeld. Dit is ’n eerlike en dikwels uitdagende uitbeelding van ’n skynbaar vergete samelewing.

15tienertoneeljpg (5)

Twee spelers van Randfontein High School het ook individueel geskitter met hulle rolle in Die Einde. Cantona James (links) as General X in Randfontein is aangewys as die beste manlike akteur in ’n hoofrol en Antonio Martin (regs), wat die rol van Cupcakes vertolk het, is as die mees belowende speler tydens die finaal aangewys.

15tienertoneeljpg (6)

Die toekenning vir beste regisseur(s) is oorhandig aan Stephen Kotze en Amanda Jankowitz
vir Die Einde.

15tienertoneeljpg (7)

Hoërskool Zwartkop se Hospitaner, geskryf deur Johann Smith, is in die derde plek aangewys.
Die toneelgroep ontvang R10 000 prysgeld.

15tienertoneeljpg (8)

Linda van der Walt van HoĂ«rskool Zwartkop is die beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol.

15tienertoneeljpg (9)

Ben Blignaut, ook van HoĂ«rskool Zwartkop, en Loyame Mlawuli van Randfontein High School deel die toekenning vir beste manlike speler in ’n ondersteunende rol.

15tienertoneeljpg (10)

Hier is Loyame Mlawuli van Randfontein High School saam met Sandra Prinsloo.

15tienertoneeljpg (11)

Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom het vierde geĂ«indig en HoĂ«rskool Noordheuwel se DubbelDrie vyfde. Potchefstroom Gimnasium het die toekenning ontvang vir beste hantering van tegniese aspekte, asook vir die beste aktrise in ’n hoofrol vir Charlize Barnard se rol as Nine (regs op die foto).

15tienertoneeljpg (12)

Hier is Charlize Barnard met haar prys by Sandra Prinsloo.

15tienertoneeljpg (13)

Vanjaar het die ATKV drie nuwe toekennings bekendgestel by die finaal om die tegniese leerders wat net so hard agter die skerms werk te beloon: die beste verhoogbestuurder, die beste klankoperateur en die beste beligtingsoperateur.

15tienertoneeljpg (14)

Die heel eerste ontvangers van hierdie toekennings is Zander Brits van Port Natal Skool se
Vergeet om te vergeet as beste verhoogbestuurder.

15tienertoneeljpg (15)

Inge Heins van HoĂ«r Meisieskool Bloemhof was die beste klankoperateur vir haar aandeel aan vyf: ’n dokumentĂȘr.

15tienertoneeljpg (16)

Mokgadi Mabitsela van Randfontein High School was die beste beligtingsoperateur vir sy bydrae in Die Einde.

15tienertoneeljpg (17)

So lyk die wisseltrofee.

Altesaam 180 toneelstukke het vanjaar aan die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem, met ongeveer 3 000 hoĂ«rskoolleerders wat die verhoĂ« warm gespeel het. Tien streeksfeeste het gedurende Augustus plaasgevind, waarna die tien beste produksies na die finaal uitgenooi is. Die doel van hierdie projek, die ATKV se oudste projek, is om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoĂ«rskoolleerders te kweek sodat leerders hulle kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.

Die nasionale wenner van die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie in 2015 is HoĂ«rskool Meisieskool Bloemhof met vyf: ’n dokumentĂȘr.

Die naaswenner is Randfontein High School met Die Einde.

Hoërskool Zwartkop, met Hospitaner, was derde.

Potchefstroom Gimnasium, met As die trein kom, was vierde.

Hoërskool Noordheuwel, met DubbelDrie, was vyfde. 

Die ander finaliste was Hoërskool Eldoraigne met Vriendin, Hoërskool Wilgerivier Frankfort met Mallewales, Hoërskool Jan van Riebeeck met Jaarblad, Hoërskool Upington met Kaplyn en Port Natal Skool met Vergeet om te vergeet.

Die beoordelaars was Elma Postma, Hennie van Greunen, Ilse Oppelt, Ira Blanckenberg, Marí Borstlap, Pedro Kruger en Wilhelm van der Walt.

15tienertoneeljpg (18)

Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste aan wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek, asook die daarstelling van goeie, opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Al die nuutgeskrewe tekste wat ingeskryf word vir ATKV-Tienertoneel kom ook in aanmerking vir die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks van die volgende jaar.

Altesaam 88 nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2014 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster, Ilne Fourie en Ilse Oppelt beoordeel om die beste nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal. In die derde plek is Brink Nelson vir Klonkie. Hy ontvang ’n brons-ATKV-erepenning en R1 000 prysgeld. Die naaswenner is Marí Borstlap vir haar teks WolkKop. Sy ontvang ’n silwer-ATKV-erepenning en R3 000 prysgeld. WolkKop het verlede jaar die ATKV-Tienertoneelkompetisie gewen en ook ’n speelvak tydens vanjaar se Absa KKNK gehad. Die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks is toegeken aan Nico Scheepers vir Na ’n ander aarde. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.

15tienertoneeljpg (19)

Hier volg die volledige lys van nominasies en wenners van die individuele pryse:

Die nominasies vir beste verhoogbestuurder is:

  • Stacey-Ann Phillips van Randfontein High School se Die Einde
  • Tamen Slabbert van HoĂ«rskool Eldoraigne se Vriendin
  • Zander Brits van Port Natal Skool se Vergeet om te vergeet.

Die wenner is Zander Brits.

Die nominasies vir beste klankoperateur is:

  • Franco Rossouw vir HoĂ«rskool Jan van Riebeeck se Jaarblad
  • Inge Heins vir HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentĂȘr
  • Ruan van der Merwe vir HoĂ«rskool Noordheuwel se DubbelDrie.

Die wenner is Inge Heins.

Die nominasies vir beste beligtingsoperateur is:

  • Carel du Plessis vir HoĂ«rskool Noordheuwel se DubbelDrie
  • Lisa Zondagh vir HoĂ«rskool Eldoraigne se Vriendin
  • Miranda Joubert vir HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentĂȘr
  • Mokgadi Mabitsela vir Randfontein High School se Die Einde.

Die wenner is Mokgadi Mabitsela..

Die nominasies vir die beste hantering van tegniese aspekte:

  • As die trein kom van Potchefstroom Gimnasium
  • Die Einde van Randfontein High School
  • vyf: ’n dokumentĂȘr van HoĂ«r Meisieskool Bloemhof

Die wenner is Potchefstroom Gimnasium vir As die trein kom.

Die nominasies vir die beste ensemblewerk is:

  • Die Einde van Randfontein High School
  • Hospitaner van HoĂ«rskool Zwartkop
  • vyf: ’n dokumentĂȘr van HoĂ«r Meisieskool Bloemhof.

Die wenner is Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die nominasies vir die mees belowende spel in ’n rol gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 is:

  • Antonio Martin as Cupcakes in Randfontein High School se Die Einde
  • Ben Blignaut vir verskeie rolle in HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner
  • Juliana van der Merwe in HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentĂȘr
  • Linda van der Walt vir verskeie rolle in HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner
  • Martinette Muller as Malie in HoĂ«rskool Wilgerivier Frankfort se Mallewales.

Die wenner is Antonio Martin van Randfontein High School.

Die nominasies vir beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol is:

  • Jeani Heyns in HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentĂȘr
  • Juliana van der Merwe in HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentĂȘr
  • Linda van der Walt vir verskeie rolle in HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner
  • Mieke van Schoor in HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentĂȘr
  • Saretti MzaLimbo vir verskeie rolle in HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner.

Die wenner is Linda van der Walt van Hoërskool Zwartkop.

Die nominasies vir beste manlike speler in ’n ondersteunende rol is:

  • Antonio Martin as Cupcakes in Randfontein High School se Die Einde
  • Ben Blignaut vir verskeie rolle in HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner
  • Loyame Mlawuli as Einstein in Randfontein High School se Die Einde.

Hierdie toekenning word hierdie jaar gedeel deur: Ben Blignaut van Hoërskool Zwartkop en Loyame Mlawuli van Randfontein High School.

Die nominasies vir die beste aktrise in ’n hoofrol is:

  • AnĂ© Cloete in HoĂ«rskool Jan van Riebeeck se Jaarblad
  • Charlize Barnard as Nine in Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom
  • JanhĂ© Goussard as EsmĂ© la Grange in HoĂ«rskool Upington se Kaplyn
  • Liza du Plessis as Alicia in HoĂ«rskool Eldoraigne se Vriendin.

Die wenner is Charlize Barnard van Potchefstroom Gimnasium.

Die nominasies vir die beste akteur in ’n hoofrol is:

  • Cantona James as General X in Randfontein High School se Die Einde
  • Erick Lourens as Frikkie in HoĂ«rskool Wilgerivier Frankfort se Mallewales
  • Werner Tolmay as Joshua in HoĂ«rskool Noordheuwel se DubbelDrie.

Die wenner is Cantona James van Randfontein High School.

Die nominasies vir beste regisseur is:

  • AndrĂ© Gerber en Elizabeth Munro vir HoĂ«r Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentĂȘr
  • Johann Smith en Pieter Alberts vir HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner
  • Pierre-AndrĂ© Viviers en Heilet Zaaiman vir Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom
  • Stephen Kotze en Amanda Jankowitz vir Randfontein High School se Die Einde.

Die wenner is Stephen Kotze en Amanda Jankowitz vir Die Eindes.

Teks: Lizanne Basson

Foto's: Izak de Vries

atkv_portaal1

  • LitNet KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoĂ«rskool. 

The post Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 appeared first on LitNet.

↧

Taalgenoot, luistergenoot

$
0
0

Donnay Torr, kookwaterredakteur van die ATKV se Taalgenoot, gesels met Naomi Meyer. 

donnaytorr300 Donnay, geluk aan jou as Taalgenoot se redakteur met die onlangse pryse. Vertel asseblief watter toekennings julle ontvang het? 

Baie dankie; ons is geweldig trots! Die SA Publication Forum fokus onder andere daarop om die gehalte van korporatiewe, interne en B2B-publikasies te verbeter – daar is ongelooflik baie niekommersiĂ«le titels beskikbaar wat mens nie op die rak sien nie, en die werk wat hulle doen is dikwels besonder inspirerend. Taalgenoot is met die volgende toekennings beloon: tweede plek vir die beste interne tydskrif (kategorie A), tweede plek vir uitnemendheid in kommunikasie, finalis in redakteur van die jaar, finalis in beste algehele korporatiewe publikasie vir die jaar, toekennings vir uitnemendheid in skryf, ontwerp en kommunikasie (meer as 75% vir elke afdeling). 

TG_lien1En geen wonder nie. Jul tydskrif verruim en dit daag uit, dit lig in en dit laat mense lees oor dinge waarin hul belangstel. Maar hoe kry jy dit reg – wat aan die begin van die kwartaal aandag trek, is dalk al verouderd oor ‘n maand of twee? 

Sjoe ... Ja, dit kan dikwels 'n uitdaging wees. Een truuk is dat ons juis vermy om te veel op "trends" te fokus – die gesig wat nou orals op voorblaaie is, die drama waaroor almal op die oomblik praat, wat mense aan die gons het. Dit klink dalk teenintuïtief, maar Taalgenoot mik juis daarop om inhoud te skep wat tydloos is: mense moet die tydskrif oor maande kan optel en lees en steeds voel dat hulle iets van waarde ingeneem het. Ons probeer aweregs dink oor invalshoeke en gaan soek vir idees/karakters wat mik om te ontkiem – maar dalk eers oor 'n rukkie. En mens beplan maar mooi vooruit: die tydskrif is tegnies vir drie maande na druk "relevant" – so wat gebeur in daardie drie maande wat dalk interessante materiaal kan bied? 

TG_taal2Gepraat van verruim. Dis waaroor jou redakteursbrief hierdie maand handel: om vet en vooroordele te verloor. Wat is die beste manier om te luister? 

Ek dink om werklik te luister is die moeilikste ding op aarde. Erken eerstens die persoon voor jou se menswees. Die man of vrou wat voor jou sit, kom met hulle eie storie – net so belangrik en persoonlik as jou eie. En haal diep asem: vir 'n rukkie moet jy jou eie herkoms en vooroordele en menings opsy skuif en jouself bloot net oopmaak vir wat die ander persoon sĂȘ. Sonder om vyandig of verdedigend te word – want natuurlik gaan ons warm onder die kraag raak as ons denkwyses uitgedaag word. But just breathe. En dan: bly eers stil en dink oor wat jy gehoor het voordat jy jou eie mond oopmaak – soos Stephen Covey dit stel: “Most people do not listen with the intent to understand; they listen with the intent to reply.” Jong, ek weet nie – as iemand die perfekte resep uitdink, laat weet my!  

TG_zolani2Dink jy nie daar’s ook ‘n paar mense wat nodig het om hul vooroordele jeens Afrikaans te verloor nie? 

Natuurlik: vooroordele is nie uniek tot een geslag of ras of kultuur nie. En dink egter mens kan nie 'n "tit for tat"-benadering volg as dit kom by luister nie – "As sy nie gaan luister nie gaan ek nie luister nie"; of: "Ek sal luister as jy luister" – dan gaan ons nĂȘrens kom nie. Want mense is opstropolis op daai manier. As die idee van luister egter sneeubal, sal daar stelselmatig al hoe meer mense wees wat bereid is om dit te doen – van alle kante af. 

Waarna kan lesers uitsien in die volgende uitgawe van Taalgenoot? 

Drama! Donderweer! Metamorfose! :-) Ons beloer 'n paar veranderlike dinge en mense. Ek is nou aspris vaag!

The post Taalgenoot, luistergenoot appeared first on LitNet.

↧
↧

Ouers, moenie in die teater mors nie!

$
0
0

atkvtienertoneel

Verkragting? “Dis te na aan die huis, Oom.”

Dit sĂȘ die jong man vir my, met trane in sy oĂ«. Hy huil voor sy maats. Hulle weet al. Hulle gee nie om nie en ondersteun hom.

tientoneel1

Die verkragtingstoneel

 

DiĂ© tienerseun was pas op die verhoog in HoĂ«rskool Port Natal se Vergeet om te vergeet, waarin hy en twee ander seuns ’n verkragting gesimuleer het.

Baie van die ander stukke bevat ook woedende uitbeeldings van jongmense se belewenisse. Sommige groepe hanteer dit tegnies beter as ander, maar daar was ’n aantal deurlopende temas by die ATKV-Tienertoneelfinaal vir 2015 by Aardklop van 6 tot 10 Oktober en ek wou uitvind wat aangaan.

Ek was besig om met die hele groep Port Natal-leerders te staan en gesels oor hĂșlle stuk. Die onderwyser was by.

tientoneel2

Vergeet om te vergeet

 

Vergeet om te vergeet sny moeilike temas aan, maar hulle het danse en beligting gebruik om sekere aspekte te verdoesel. Die gesprek was gemoedelik tot ek die jong manne gevra het hoe dit was om so ’n daad toe moes uitbeeld op die verhoog. Drie van die tienerseuns het aan hierdie toneel deelgeneem. Die jong man bied aan om te vertel, maar toe raak dit een te veel.

Hulle onderwyseres bevestig: dit wat in die stuk aangesny is, spruit voort uit goed wat die tieners self beleef het.

Ouers, moenie in die teater mors nie! Die jongmense wil dit dink!

Hoe meer ek met die jong mense gesels het, hoe meer besef ek: hierdie tieners het hulle harte uitgespeel. Dit is die eerste in reeks artikels, en hierdie een kyk met ’n visooglens na sommige van die harde werklikhede wat voor ouers se voete gelĂȘ is.

As jy sukkel om jou tiener te verstaan, kom loer in by ATKV-Tienertoneel.

Ons tieners se denke is baie aktueel.

Die einde

 

Die gewelddadige seks in tronke? “Dis maar wat met die mense om ons gebeur, Oom.” So vertel ’n akteur wat speel in Die einde (Randfontein High School) vir my. Hulle woon in ’n omgewing waar hy heelwat mense ken wat al in die tronk was.

Die einde

 

Die stuk was tegnies briljant en hulle het uiteindelik algeheel tweede geëindig.

Hierdie “oom” het die voorreg gehad om die tien beste toneelstukke, uit ’n beginpoel van 188, op Potchefstroom te gaan kyk en het toegang gehad tot die jongmense wat in die stukke gespeel het.

tientoneel5

Wat gaan in die tiener se kop aan?

 

As jy wil weet wat in jou tiener se kop aangaan, doen volgende jaar moeite om Aardklop toe te kom. Kyk al die stukke in ATKV-Tienertoneel. Bring sommer jou tiener saam. Ek het geweldig baie geleer en het dikwels gewens my dogter kon van die stukke sien.

Jy gaan goed leer van tieners wat jy dalk nie wíl weet nie, maar wat jy móét weet. Die tieners gebruik die verhoog om met volwassenes te praat. Ons moet kennis neem.

Seks? Dis nie of nie, dis hoe gereeld en met wie? Dis nie Ăłf nie. Die eintlike vraag is: Is die seks gewelddadig geneem, of is dit vrywillig gegee?

tientoneel6b

Die einde

 

Ouers, moenie met die teater mors nie! Dit is jongmense wat dit dink!

“Die goed hoort nie in Tienerteater nie,” was die opmerking van ’n volwasse man ná ons albei Die einde gaan sien het oor die wreedheid waarmee jongmense in ons tronke te kampe het.

Die tieners met wie ek gesels het, verskil egter. Ek het nie een tiener gekry wat gekla het oor daardie stuk se inhoud, of die verwysings na, of selfs simulasies van, gewelddadige seks in enige van die ander stukke nie.

As die jongmense wel oor stukke gekla het, dan was dit oor tegniese aspekte. Hulle het krities na mekaar se werk gekyk. Oor die inhoud is nie gekla nie.

tientoneel7

Potchefstroom Gimnasium het ’n prys gewen vir die beste hantering van tegniese aspekte in As die trein kom.

 

Ouers, moenie sĂȘ die teater is gemors nie! Die jongmense wil dit dink!

Daar is baie waarskuwings gegee aan diegene wat sensitief is.

tientoneel8

Jy is gewaarsku.

 

Die program het dit duidelik gemaak dat daar stukke is wat mense sal ontstel. Daar is ook voor sommige vertonings baie duidelik en sonder omhaal vir die gehoor gewaarsku: dié stuk gaan rof wees. Moenie nå die tyd kla nie. Gaan liewer nou uit.

tientoneel9

As die trein kom

 

Tog: ook in “skoon” stukke, soos As die trein kom (Potchefstroom Gimnasium), was gewelddadige seks teen jong meisies en hulle vermoĂ« om daaroor te praat, uiteindelik die kruks, die kern van die karakters se optrede.

tientoneel10

Jaarblad

 

In ’n ander “skoon” stuk, Jaarblad (HoĂ«rskool Jan van Riebeeck), gaan ’n skoolmeisie aan die drink nadat die seun wat haar minnaar was, verongeluk het. Wanneer sy dronk genoeg is, beland sy in vreemde mans se beddens.

tientoneel11

Kaplyn

 

Ook in Kaplyn (HoĂ«rskool Upington), wat oor rassespanning gaan, is seks iets wat heel natuurlik bespreek – en geniet – word.

Ouers, moenie met die water mors nie! Kom kyk wat die jongmense drink!

Seks? As jy tieners in die huis het, moet jy maar met hulle begin praat. Dis nie óf nie 


Wel, oukei. Party tieners soek gelukkig nog vir iemand om méé seks te hĂȘ.

Jip. Sommige meisies soek baie hard na meneer Perfek, en die gebrek aan seks word dan ’n kwessie wat bespreek word.

tientoneel12

vyf: ’n dokumentĂȘr

 

Groepsdruk, die verwagting om deur ’n man van jou voete afgeswiep te word teenoor die harde werklikheid, asook die hemelsbreĂ« verskille tussen tieners se lewens en hulle ouers se verwagtinge kom ter sprake in vyf: ’n dokumentĂȘr, wat handel oor die vyf jaar van skoolgaan in ’n bevoorregte meisieskool, die HoĂ«r Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch.

Vormgodsdiens, ouer-kind-verhoudings, leerder-onderwyser-verhoudings, en die angs wanneer jou eie belewenis nie pas by die verwagtinge nie, word in hierdie stuk op ’n baie besondere wyse vasgevang.

Hierdie stuk het uitgestaan juis omdat dit so ĂĄnders was, en so vars. Dit is boonop deur die leerders self geskryf. (Dit was uiteindelik ook die algehele wenner.)

Die meisies van Bloemhof het verbatim die woorde van vriende opgeneem en neergeskryf. Toe is dit in ’n teaterstuk saamgeknoop wat die vyf jaar van hoĂ«rskool, van meisiewees, en die interaksie met ouers en onderwysers uitbeeld.

Ek het dit fassinerend gevind om toegelaat te word in die binnekamers van die tienerdogters. Ek het ’n tienerdogter, en ons is na aan mekaar, maar hierdie stuk het vir my nuwe insigte gebring in die mense na aan my.

Ouers, moenie buite die teater mors nie! Kom in! Kom hoor wat die jongmense dink!

Of
 as ’n tiener dink sy meisie het in die bed gespring met ’n ander ou, kan sy depressie hom tot selfmoord dryf, soos in DubbelDrie (HoĂ«rskool Noordheuwel) gesien is.

tientoneel13

DubbelDrie

 

DubbelDrie handel oor drie vriende en die intriges tussen hulle.

Depressie is ook ter sprake in die keiharde stuk Vriendin (HoĂ«rskool Eldoraigne). “Ek is moeg vir hierdie wĂȘreld. Dis ’n vuil, siek spul.” SĂł som ’n karakter die essensie van Vriendin op.

tientoneel14

Vriendin

 

Vriendin is ’n baie donker stuk wat ook grootliks in die donker afspeel. Die gebeure herinner aan ’n Lord of the flies vir meisies, maar dan kom die kyker agter dat die grudaad waaroor die stuk gaan, ’n makabere liefdesdaad was. Dit is hard en hartseer om jongmense se hulpkrete in ’n donker teater te hoor. Vriendin was een van twee stukke wat ’n ouderdomsbeperking van 16 gehad het.

Veel ligter, ten minste op die oppervlak, was HoĂ«rskool Zwartkop se Hospitaner, ’n puik kabaret oor Suid-Afrika en ons mense.

tientoneel15

Hospitaner

 

Ja, Hospitaner het die kyker soms laat rol van die lag, maar, soos met enige goeie kabaret, word jy dan in die maag gedĂŽner met aktuele kwessies wanneer jy dit die minste verwag.

Hier is twee sinne uit die programnotas: “Vir die dromers is daar ’n ridder op ’n wit perd. Die wat ophou droom het, is welkom om ons (gratis) klas, Selfmoord 101, by te woon.”

Ouers, moenie met die teater mors nie, word bewus van wat die jongmense dink!

Selfs ’n stuk soos Mallewales (HoĂ«rskool Wilgerivier Frankfort), wat heelwat humor in het, skram nie weg van die politiek en geweld nie. Die stuk speel af in ’n gestig, maar diĂ© feit maak nie dat die twee inwoners nog nie van Malema gehoor het nie.

tientoneel16

Mallewales

 

Die twee akteurs neem die kyker deur verskillende emosies wat ons gereeld beleef. Hulle verwoord ook goed wat ons almal voel, maar dikwels te skaam is om oor te gesels. In die psigiatriesaal mag dit maar uitkom!

Tienertoneel is inderdaad aktueel en op datum met die politieke gebeure. Dit verwoord die vrese van die tieners, dit vertel die verhaal van Suid-Afrika.

tientoneel17

Hospitaner

 

Hier is nog ’n paar sinne uit die programnotas vir Hospitaner: “Liberaal of baie eng? Is jy moeg en afgemat? Is jy beseer? As jy my land met my moet deel, kan ek jou wed jy was al hiĂ©rdeur.”

Hierdie jongmense weet wat aangaan in ons hospitale en klinieke. Hulle hoon die regering se onvermoë om verantwoordelikheid vir enigiets te aanvaar. Daar word selfs gespot met die Blue Label-whisky waarvoor die heersersklas so lief is.

Politici, moenie in die vuurpoel mors nie, die jongmense weet wat julle drink!

Jare terug, toe ek jonk was, het Rona Rupert jeugboeke geskryf oor daardie arme drommels wat geskeide ouers gehad het. Hulle moes dan vreemde goed doen, soos om by die sirkus aan te sluit, om weer in te pas.

Vandag leef gewone kinders saam met egskeiding. Dit is deesdae die norm en daaroor word openlik gepraat.

vyf: ’n dokumentĂȘr

 

In die Hoër Meisieskool Bloemhof het 54% van die meisies se ouers reeds geskei; dit is sonder skroom aan ons vertel tydens die vertoning.

Mallewales

 

Verskeie ander stukke, soos Die einde en Vergeet om te vergeet, en oënskynlik meer toeganklike werk, soos As die trein kom, Hospitaner, Jaarblad, Kaplyn en Mallewales, sny mans se geweld teen vroue, en ouers se gebrek aan ondersteuning aan.

Die jongmense werk daarmee, verwerk dit, lewer kommentaar en stu voort. Ouers se gebreke word kaalkop aangespreek, of ons dit nou wil hoor of nie.

’n Mens sou terloops kon noem dat Anzil Kulsen, met haar tienerroman ’n Hart vol sand wat vroeĂ«r vanjaar by LAPA Uitgewers verskyn het, prostitusie onder skoolkinders kaalkop aanpak. (Lees ’n LitNet-onderhoud met haar hier.)

Die verskil tussen vanjaar se Tienertoneel en die jeugboeke van my jong dae is die totale openheid waarmee jongmense sélf oor hulle eie kwessies praat.

Ouers, moenie julle asem mors nie. Die jongmense is slimmer as wat julle dink.

Kaplyn was interessant, want dit speel af in 1986 toe apartheid nog gegeld het en rassespanning geheers het. Dit was vreemd om weer die woord miesies op die verhoog te hoor.

Kaplyn

 

Ook die grensoorlog, en die dood van kinders aan die grens, is herleef.

Kaplyn, met Janhé Goussard regs

 

SĂł oortuigend was die toneelspel dat ’n vrou nĂĄ die tyd huilend vir JanhĂ© Goussard, wat die ma gespeel het, kom vertel het dat sy ook, soos die karakter, ’n seun in die oorlog verloor het.

Ouers, moenie julle koppe skud nie. Die jongmense weet meer as wat julle dink.

Goed, maar wat van die aanklag dat hierdie somber goed nie tuishoort in Tienertoneel nie?

Ek, ’n “oom”, het ’n hele aantal onderhoude gevoer: met die tieners self, die ouers, die onderwysers en die organiseerders.

Hier is vier aanhalings wat ek neergeskryf het tydens ’n onderhoud met die aktrises van vyf: ’n dokumentĂȘr.

tientoneel22

Die akteurs in vyf: ’n dokumentĂȘr

 

NĂĄ ’n baie insiggewende gesprek oor hulle eie stuk het ek die meisies kaalkop vertel dat daar mense is wat kla omdat ’n stuk soos Die einde ingesluit is in Tienertoneel. Hulle het dit toe al gesien, en hier is wat vier van hulle gesĂȘ het:

- “Ons is almal akteurs en ons het die vermoĂ« om rolle te vertolk.”

- “Is dit nie wat teater is nie? ’n Platform om kwessies aan te spreek.”

- “Tienertoneel is ’n klassifikasiesisteem, net om te sĂȘ wie mag deelneem en wie nie, dit het niks met intelligensie te doen nie.”

- “Ek is nou in matriek. Volgende jaar doen ek drama. Dan doen ek enige rol wat hulle my sal gee. Hoekom kan ek vanjaar nie so ‘n rol vertolk nie maar volgende jaar wel?”

Ek het ook vir twee baie senior lede van die ATKV hieroor gevra. Gerrie Lemmer, die hoofbestuurder: ATKV-Kultuurprojekte het gesĂȘ: “Ons sal nooit ’n stuk toelaat waar die geweld of die seks buite konteks is nie. Ons kan egter nie sensuur toepas nie, maar ons sal wel ouderdomsbeperkings opsit.”

tientoneel23

Japie Gouws

 

Die besturende direkteur van die ATKV-groep, Japie Gouws, se antwoord was kort en kragtig: “Teater is ’n platform vir die jongmense om te sĂȘ wat hulle dink.”

Ouers, moenie julle ore toedruk nie. Die jongmense wil sĂȘ wat hulle dink.

Hennie van Greunen, een van die beoordelaars, sĂȘ in die programnotas: “My persoonlike leuse is: ‘Maak my omgee.’ Baie mense dink dis lag of huil, maar dit is nie; teater moet my boots and all insluk sodat ek die pad saam met die karakters kan stap. En ek gaan dit slegs doen as ek betrokke voel by die storie.”

tientoneel24

Hennie van Greunen saam met Sandra Prinsloo

 

Die jongmense hét my skoene en al ingeruk en deel gemaak van hulle lewens. (Ja, ek het skoene gedra.)

Hoe gereeld kla ouers nie dat hulle tieners die stilstuipe het nie?

By Aardklop tydens ATKV-Tienertoneel het die tieners gepraat. Hulle het my geraak en my gemaak omgee. Daar was by meer as een geleentheid ’n traan in my oog.

tientoneel30

Wilhelm van der Walt saam met Sandra Prinsloo

 

Wilhelm van der Walt, ook ’n beoordelaar, se woorde som dit mooi op: “Ek dink teater moet ruk en pluk aan jou psige. ’n Toneelstuk moet vir twee weke in jou kop boer. Die spelers gaan deur ’n ongelooflike verkenning van hulself Ă©n die karakter tydens die proses. Die gehoor moet ook.”

Ouers, moenie met die teater mors nie! Die jongmense wil julle iets leer!

Hierdie artikel kan nie reg laat geskied aan al die stukke nie, en met LitNet se samewerking sal ons oor die volgende klompie dae meer oor elke toneelstuk sĂȘ. Daar is egter een laaste aanhaling wat ek moet deel, want dit sluit aan by Wilhelm van der Walt se standpunt.

tientoneel25

General X in Die einde

 

Ek het aan Cantona James, wat General X, die hoofrol in Die einde, vertolk het, gevra hoe hy, wat ’n sagte seun is, so ontsettend boos en gewelddadig kon voorkom op die verhoog. Sy antwoord was: “Ek moet dink aan goed wat my baie hartseer gemaak het. Dan móét ek kwaad word.”

Wag egter vir sy volgende sin: “Dan, as ons klaar is, moet ek seker maak dat ek weer uit daardie karakter uitklim.”

Ouers, moenie net die tieners ignoreer nie! Die jongmense is beter as wat ons dink!

Die gehalte van die produksies was oorweldigend. ATKV-Tienertoneel is nie skoolkonserte nie. Om uit 188 skole in die finaal te beland, moet jy bitter goed wees.

Hennie van Greunen het dit só verwoord: “Koerantopskrif vir hierdie jaar is kompetisie: Tienertoneel schmienertoneel – die spelers is op professionele standaard!”

tientoneel26

Pedro Kruger

 

Pedro Kruger se woorde was: “Gehoorlede kan regmaak om weggeblaas te word deur die talent en baie indrukwekkende produksies tydens vanjaar se ATKV-Tienertoneelfinaal. Dit grens aan professionele werk. Dis eintlik insane om te dink dis tieners.”

Wel. Ék ís weggeblaas. Ék is oorweldig. Die gehalte van die werk was een ding, maar die rou eerlikheid waarmee hierdie tieners my in hulle lewens ingelok het, was baie spesiaal.

tientoneel27

Die span van Die einde

 

Op die verhoog het hulle my bekoor. Van die verhoog af het hulle my verdra en, as hulle sien ek stel belang, selfs verwelkom. Hulle het my deurgaans “Oom” genoem. Hulle was nie buddy-buddy nie, maar vir kort oomblikke het hierdie ongelooflike tieners my toegelaat om iets van hulle lewens te ervaar.

tientoneel28

Die span van Vergeet om te vergeet

 

Dit was ’n voorreg om in die dampkring van sulke uitstaande jongmense te beweeg.

Ouers, moenie oor die tieners treur nie! Die jongmense is beter as wat ons dink!

Belangeverklaring en skadeloosstelling: Ek is deur die ATKV genooi om die Tienertoneel by te woon en om my indrukke weer te gee. Hierdie stuk verteenwoordig dus my eie siening en nie noodwendig dié van die ATKV of die ATKV-direksie nie.

Kliek ook hier om die amptelike persvrystelling te sien oor die ATKV-Tienertoneelfinaal vir 2015. 

tientoneel29

Die slottoneel in Die einde

 

Foto’s en teks: Izak de Vries

The post Ouers, moenie in die teater mors nie! appeared first on LitNet.

↧

ATKV-Spelathonfinaal: Afrikaans as Huistaal

$
0
0

Die nasionale finaal van die ATKV-Spelathon vir Afrikaans as Huistaal het op 24 Oktober by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview plaasgevind.

spelathon1

Madenique van Wyk – algehele wenner: Graad 10 Huistaal

spelathon2

MichĂ© Nel – algehele wenner: Graad 9 Huistaal

 

Geluk aan die wenners:


Gr. 9 Huistaal

1ste: MichĂ© Nel – HoĂ«rskool Sentraal – Vrystaat 
2de: Gina-Mari Steyn – HoĂ«rskool Gimnasium Paarl – Wes-Kaap
3de: Andri Longland – HoĂ«rskool Martin Oosthuizen

 

Gr. 10 Huistaal

1ste: Madenique van Wyk – HoĂ«rskool Prieska – Noord-Kaap 
2de: Kyla Gerber – HoĂ«rskool Sentraal – Vrystaat
3de: Petra Laubscher – HoĂ«rskool Duineveld – Noord-Kaap

 

The post ATKV-Spelathonfinaal: Afrikaans as Huistaal appeared first on LitNet.

↧

'n Babalela vir Kersfees

$
0
0

Babalela

Die meeste Suid-Afrikaanse kinders het nog nooit ’n eie boek besit nie. Dit kan nou verander.

Die Vriende van Afrikaans wil graag aan soveel kinders moontlik ’n kopie van Babalela gee vir Kersfees. Daarmee saam sal ’n sagte, Babala-speelding en ’n nuttige rugsak aan elke ontvanger geskenk word.

Jy kan dit help moontlik maak vir slegs R120. Ja, al drie hierdie items saam kos net R120, danksy korporatiewe borgskappe.

Jy kan dus die statistiek help verander en ’n kind se ogies laat blink hierdie Kersfees. As jy nie R120 kan bekostig nie, sal enige bedrag verwelkom word.

Dis baie maklik om deel te neem: betaal jou geskenkbedrag in by ABSA BANK 0170166728 met BABALELA as verwysing. Vir buitelandse inbetalings, gebruik die volgende swift code ABSA ZA JJ.

'n Afskrif van die inbetalingsbewys sal ons baie help! Stuur dit asb na chareldinev@vva.atkv.org.za.

Hoekom Babalela?

Nie net is Babalela een van die suksesvolste kinderboeke ooit nie, dit is ook bewys dat die skenking van hierdie boek ’n verskil maak in kinders se lewens.

In Babalela, die eerste boek in die reeks, word die Babalela deur ’n groot man gevang en in ’n boks gedruk. Uiteindelik is die woede wat binne hierdie diertjie opbou so groot dat dit bulder: “Ek is ’n Babalela, los my uit!”

Hierdie kreet, teen ’n oormag, bewerk soveel konsternasie dat die diertjie kan uitglip en terugvlieg na “diep, diep in die donker bos” waar dit hoort. Dít het kinders van Kewtown, ’n bitter arm buurt in Kaapstad, só aangegryp dat die Babalela se kreet ’n mantra geword het in hulle skool. Weer en weer wou hulle die boek hoor, maar baie gou het hierdie mantra ook deel van hulle selfbeeldontwikkeling geword. Hier is ’n video waarin die kinders self vertel wat die Babalela vir hulle beteken.

Vir diegene wat ’n meer wil weet, hier is ’n artikel wat geskryf is oor hoe die skenking van kinderboeke ’n daadwerklike verskil kan maak. Plak hierdie skakel in jou websnuffelaar. 

’n Babalela vir Kersfees is ’n veldtog deur die vriende van Afrikaans om vir soveel kinders as moontlik ’n prenteboek te gee vir Kersfees.

Afhangende van hoeveel julle kans sien om te skenk, wil ons graag 'n Babalela-pakkie skenk aan kinders regoor Suid-Afrika.

Babalela, deur Martie Preller, is deur LAPA Uitgewers uitgegee en is by vooraanstaande boekwinkels te koop. Vir hierdie veldtog word die drie items bekostigbaar gemaak danksy korporatiewe borgskappe deur LAPA en die ATKV.

Die Vriende van Afrikaans en LAPA Uitgewers is albei divisies van die ATKV.


Kollig op kinderboeke:

Die laaste geveg deur CS Lewis

Nina Swart
Jeugresensies

Die silwer stoel deur CS Lewis

Marike van der Watt
Resensies

Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag

Amanda Botha
Resensies

Spooksoene deur Troula Goosen

Zoe Salzwedel
Jeugresensies

Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice PantermĂŒller

Suzanne Swart
Jeugresensies

KlasKamer

Skolenuus op LitNet


 

The post 'n Babalela vir Kersfees appeared first on LitNet.

↧

Vrydag die 13de: Die ATKV reageer

$
0
0

japie240Die gespreksdokument oor die toekomstige taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch het betrekking.

Die ATKV verstaan die problematiek oor die hantering van amptelike tale by skole en tersiĂȘre instellings. Ons weet dis nie maklik nie.

Om egter maar heeltyd toe te gee aan druk van sekere groeperinge, dalk minderhede, en daardeur Suid-Afrika se moedertaalsprekers van hul grondwetlike regte te ontneem, om heeltyd maar af te breek ter wille van alles behalwe nasiebou, kan nie op die langer duur volhoubaar en aanvaarbaar wees nie.

Ons kan baie beter doen as dit. Wat het van ons kreatiwiteit en deursettingsvermoë geword om hierdie saak in belang van almal aan te spreek? Dit gaan geen doel dien om maar net aan te hou toegee nie.

Ons almal weet dat onderwys en opleiding in Ɖ krisis verkeer. Minder as 10% van Suid-Afrika se bevolking se huistaal is Engels. Die 90%-sprekers van inheemse tale word heeltyd onder druk geplaas deur mense en instellings wat voorgee dat alles in Engels maar aanvaarbaar is.

Al die inheemse tale verdien meer as dit. Afrikaans se status as hoĂ«funksietaal is in gedrang. Die digter Diana Ferrus het by geleentheid gesĂȘ dat deur Afrikaanse kinders in Engelse skole te sit, leer jy hulle om slegte Engels Ă©n slegte Afrikaans te praat.

Ons sal meer moet praat. Die wonderlike diversiteit van Suid-Afrika vereis dit.

Japie Gouws
Besturende direkteur ATKV-groep
13 November 2015

The post Vrydag die 13de: Die ATKV reageer appeared first on LitNet.

↧
↧

Hoe jou Babalela hierdie Kersfees 'n verskil kan maak

$
0
0

Babalela

Amanda de Stadler, hoof van die Vriende van Afrikaans, vertel vir Naomi Meyer hoe 'n Babalela hierdie Kersfees 'n groot verskil kan maak. Sy deel ook foto's van die Vriende van Afrikaans se boekprojekte dwarsdeur die jaar.

Hallo Amanda, ek sien mense kan teen R120 ‘n Babalela-boek en -pop vir Kersfees skenk. Hoe werk hierdie projek van julle?

Dis heel eenvoudig en maklik. As jy wil deelneem, betaal jy R120 (of 'n gedeelte of 'n veelvoud daarvan) in ons bankrekening in met Babalela as verwysing. (ABSA Bank 0170166728. Vir buitelandse inbetalings gebruik die swift code ABSA ZA JJ. 'n Afskrif van die inbetalingsbewys sal ons baie help! Stuur dit asb na chareldinev@vva.atkv.org.za. Daarvoor kry 'n kind dan 'n Babalela-boek, 'n Babalela-poppie en 'n mooi blou rugsakkie met ons logo op.

babalela2

Joice George, Marné Pienaar en Joyce Rubushe in Kayamandi tydens een van die VVA se weeklikse leesondersteuningsklasse

Hoe besluit julle watter kinders die boekgeskenke gaan ontvang?

Dit gaan om 'n geskenk aan 'n kind wat nog nooit 'n boek van sy eie gehad het nie en dalk ook nie 'n Kersgeskenk gaan kry nie.

Ons boektrommelprojek bring ons by baie kleuterskole en laerskole landwyd, dus weet ons waar die nood die grootste is en waar die geskenkie die grootste impak gaan maak.

babalela3

Noord-Kaap: McTakkerskamp se kinders

Die Babalela-boeke het, lyk my, 'n positiewe invloed op die kinders se selfbeeldontwikkeling. Kan jy ons meer van die boek se waarde vertel?

Babalela is 'n tawwe denkbeeldige karaktertjie wat skrik vir niks en sy maatjies leer om nee te sĂȘ. Kinders hoor by herhaling frases soos “Los ons uit! Los my uit! Ek is 'n babalela!”

Hy leer kinders om probleemoplossend te dink en om hulle man te staan en dat hulle nee mag sĂȘ. Maar hy lyk nie vreesaanjaend nie - sy groot oĂ« laat hom vriendelik en sagmoedig lyk en dan het hy nog vlerkies ook! En hy is pers.

En as Kersfees verby is – is die Vriende vir Afrikaans besig met nog ander boekprojekte en kinders se leesontwikkeling dwarsdeur die res van die jaar?

Een van ons groot projekte is ons boektrommelprojek. Ons fokus op die oomblik op die voorskoolse kind. In die eerste ses lewensjare van 'n kind leer  en ontwikkel hy geweldig, of dan nie, indien hy nie die nodige aandag en stimulering kry nie.

Ons is veral besorg oor die feit dat baie van ons land se kinders sonder boeke, en dus sonder woorde, grootword. Met ons boektrommelprojek probeer ons om by soveel kleuterskole en graad R-klasse as moontlik toesluittrommels te skenk met genoeg van die regte boeke om van kinders lewenslange lesers te maak.

Daarmee saam doen ons boekopvoeding met hulle, want as mens nie met boeke grootword nie, weet jy nie noodwendig hoe om hulle te hanteer nie. Ek het 'n boek geskryf (Die Nagbibloteek) met 'n leeukaraktertjie, Loukie, wat vir kinders leer hoe om boeke te hanteer. Dié boekie kom in elke trommel.

Verder praat ons ook met die ouers en verduidelik dat hulle van geboorte af vir hulle kinders moet voorlees en eintlik vir baie jare daarmee kan volhou. Ons doen ook planne aan die hand wanneer daar nie eintlik geld vir voorleesboeke is nie. Ons het 'n hele handleiding hieroor aan die ontwikkel, pasgemaak vir ons gemeenskappe.

Verder verskaf ons ook leesondersteuning aan kinders wat net 'n hupstootjie nodig het om beter te kan lees. Ons lei ook werklose vroue, helpers by kleuterskole en ander belangstellendes hierin op, aan die hand van 'n baie geskikte program (Doen-en-leer).

babalela4

Kinders by VisionAfrika PrimĂȘr lees in drie tale: Afrikaans, Engels en isiXhosa

Daar is mense wat oneindig swaar kry in die land. Tog draai ons almal ons die sente op ons eie maniere om. Hoe gemaak as jy hierdie Kersfees mooi moet dink oor hoeveel jy spandeer en nie ‘n ekstra R120 het nie? Kan ‘n mens dalk iets anders vir behoeftige kinders skenk?

  • Baie mense het nie geld om te skenk nie, maar wel tyd, kreatiwiteit en kundigheid. Span dit in. (Kinders wat niks het nie, waardeer selfs net die aandag wat hulle kry.)
  • Maak storieboekies met prente wat jy uit tydskrifte knip. Dit hoef nie woorde by te hĂȘ nie – jy en die kinders dink dit uit soos wat julle omblaai.
  • Maak 'n handpop uit oorskietmateriaal. Dit kan ure se vreugde verskaf en die verbeelding prikkel.
  • 'n Toiletrolkartonnetjie kan omskep word in 'n oulike vingerpoppie, met wol en ander oorskietmateriaal.
  • like_litnet_op_facebookBegin 'n voorlees-uur by jou huis of by die plaaslike biblioteek in die nuwe jaar. As jy dan nog boonop vyf ander vrywilligers kry om saam te lees, kry jy net elke vyfde week 'n beurt om vir een uur te gaan voorlees.

 

The post Hoe jou Babalela hierdie Kersfees 'n verskil kan maak appeared first on LitNet.

↧

A Babalela for Christmas

$
0
0

Babalela

Lees ook:
‱ Hoe jou Babalela hierdie Kersfees 'n verskil kan maak
‱ 'n Babalela vir Kersfees

Most South African children will never own a book of their own. That could change.

The Friends of Afrikaans would like as many children as possible to receive their own copy of Babalela for Christmas. In addition, a soft Babalela toy and a useful backpack will be given to each recipient.

You can make it possible for only R120. Yes, all three of these items together cost only R120, thanks to corporate sponsorships.

You can help change the statistics and make a child's eyes shine this Christmas. If you can't afford R120, any amount is welcome.

It is very easy to participate: deposit your chosen amount at ABSA BANK 0170166728 with BABALELA as reference. For foreign payments, use the following swiftcode: ABSA ZA JJ. No donation is too small. 

A copy of the proof of payment will help us a lot! Please send it to chareldinev@vva.atkv.org.za.

babalela3

Why Babalela?

Not only is Babalela one of the most successful children's books ever, it has also been proven that this book can change children's lives.

In Babalela, the first book in the series, the Babalela is captured by a large man and gets stuffed into a box. Eventually the pent-up rage within this small creature gets so big, that it yells: "I'm a Babalela, leave me alone!" This outcry against the enemy causes so much consternation that the little animal can slip out and fly back to "deep, deep in the dark forest" where it belongs.

The children of Kewtown, a very poor neighbourhood in Cape Town, understood the Babalela's cry; it actually became a mantra in their school. Again and again they wanted to hear the story, but very soon this outcry became part of how they saw themselves.

In the video above, children tell the viewer what Babalela means to them. The narrative is in Afrikaans, but there are English subtitles.

For those who can understand Afrikaans, here is an academic article written about how the donation of picture books can make a real difference to children’s self-esteem. If you cannot understand the language, the article explains two things: 1) donating quality picture books to schools are completely in line with the curriculum and 2) good, quality children’s books often do more to a child’s self-esteem than generic, subject-driven posters stuck on walls.

A Babalela for Christmas is a campaign by The Friends of Afrikaans and aims to help as many children as possible to receive an own book for Christmas.

Depending on how much you are prepared to pay, we would like to donate a Babalela parcel to children across South Africa.

Babalela by Martie Preller is published by LAPA and is sold at leading bookshops. For this campaign, the three items together have been made more affordable, thanks to corporate sponsorships by LAPA and the ATKV. The Friends of Afrikaans and LAPA are both divisions of the ATKV.

The post A Babalela for Christmas appeared first on LitNet.

↧

LitNet Akademies word bekroon met twee ATKV SA Akademie-pryse

$
0
0

Twee van die vier ATKV SA Akademie-pryse vir geesteswetenskaplike artikels is vanjaar aan LitNet Akademies-artikels toegeken.

kobuskrugerartikel

Oneindigheid as religie-relativerende en -insluitende horison

Navorser: Kobus KrĂŒger, Departement Godsdienswetenskap, Universiteit van Suid-Afrika
Afdeling: LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Redakteur: Pieter G de Villiers

johannrossouwartikel

Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie

en

Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit

Navorser: Johann Rossouw, Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat
Afdeling: LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Redakteur: Francis Galloway

Hier volg die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se volledige aankondiging:

saawklogoDie Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel 'n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Vanjaar is die beste artikels wat in 2013 en 2014 verskyn het en wat deur redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte aan die Akademie voorgelĂȘ is, beoordeel. Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

  • Helize van Vuuren, Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port Elizabeth vir haar artikel "Passacaglia van J.S. Bach en Das Passagen – Werk van Walter Benjamin – literĂȘre montage as mosaĂŻekwerk in Memorandum. ’n Verhaal met skilderye (2006)" wat in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3), September 2014 verskyn het.
  • Kobus KrĂŒger, Departement Godsdienswetenskap, Universiteit van Suid-Afrika vir sy artikel "Oneindigheid as religie-relativerende en - insluitende horison" wat by LitNet Akademies, 10(3), Desember 2013 verskyn het.
  • Bernardus J. Odendaal, Skool vir Tale, NWU, Potchefstroom Kampus vir sy artikel "Raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste" wat verskyn het in Literator 34(2), November 2013.
  • Johann Rossouw, Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat vir sy twee artikels: "Vierdelige artikelreeks: Ontleding van en kritiek op Bernard Stiegler se La technique et le temps-trilogie: Deel 1: "Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie" wat by LitNet Akademies, 10(3), Desember 2013 verskyn het en Deel 2: "Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriĂ«ntasie van Westerse moderniteit" wat by LitNet Akademies, 11(3), Desember 2014 verskyn het.

Natuurwetenskappe:

  • Sanet Janse van Vuuren, Dept. Omgewingswetenskappe en Bestuur, NWU; mej. Annelie Swanepoel van Randwater, Vereeniging; en mej. Germarie van Zyl van Midvaal Water, Stilfontein vir hulle artikel " Rol van Lesotho-hooglandwater op Vaalrivieralge" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 32(1), 2013 verskyn het.
  • J.L. Roos van die Departement Psigiatrie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 33(1), 2014 verskyn het.

The post LitNet Akademies word bekroon met twee ATKV SA Akademie-pryse appeared first on LitNet.

↧
Viewing all 513 articles
Browse latest View live