Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 494

Persverklaring: ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk!

$
0
0

Ná die suksesvolle vervaardiging verlede jaar van die ATKV se eerste realiteitsreeks vir televisie, Gekies vir die Kollig, het deelnemers aan ATKV-DigiToneel in 2022 weer die geleentheid om hul spel vir kamera te ontwikkel en moontlik hul buiging op TV te maak.

ATKV-DigiToneel is ’n voorloperplatform vir tieners om hul eie monoloë onder ’n temawolk te skryf en dan vir beoordeling te verfilm.

Vanjaar put ons inspirasie uit die getal 22. Dit is immers die jaar 2022 – ’n jaar waarin ons groot droom, maar steeds soepel sal moet wees in ons denke en avonture. Moet egter nie dat die uitdagings wat ons steeds omsingel jou ambisie en potensiaal kniehalter nie. Al wat dit soms verg is ’n klein aanpassing hier en daar en siedaar, ’n loopbaan in die kreatiewe kunste is joune!

Dit was hierdie temas waarmee ons deelnemers vanjaar moes woeker om hul spel vir kamera te ontwikkel en hul skryftalent vlerke moes kry met die hulp van ons mentors.

Inskrywings het ingestroom en dit het kopkrap geverg om die top-16 aan te wys.

Mentors Schoemé Grobler, Mari Molefe van Heerden, Wilhelm van der Walt en Lea Vivier is dit eens: “Ons is verstom oor die gehalte van die werk”.

Met ATKV-DigiToneel is daar geen kortpaaie deur byvoorbeeld bestaande werk af te stof en nuut aan te bied nie. Die doel met DigiToneel is om nuwe werk te skep en dit vir kamera te verfilm.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, sê die groei in kwaliteit van vanjaar se inskrywings spoor die projek aan om in die kreatiewe vraag te probeer voldoen. “My hart klop warm daaroor dat meer as ’n kwart van die inskrywings reeds in die eerste ronde goue toekennings behaal het. Maak nie saak watter temas ons vir hierdie tieners gooi nie, hulle skep kreatiewe karakters met interessante storielyne wat jou binne vyf minute boei.”

Almal wat ingeskryf het, ontvang benewens hul toekennings vir prysenswaardige prestasie in die eerste ronde, ook persoonlike stemnotas van twee mentors op die paneel wat hulle kan gebruik om hul werk te verfyn.

Die top-16 skaaf nou aan hul inskrywings en word dan verder deur nog twee beoordelaars gementor op hul reis na die nasionale eindronde, wat in Oktober tydens die tweede seisoen van Gekies vir die Kollig op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai sal word.

Die top-16 is:

Carla Hugo

Hoërskool Zwartkop

Oogdruppels is nie gemaak om te drink nie

Carla Swanepoel

Hoërskool Durbanville

Denneboom Naalde Groen

Danelle Jacobs

Hoërskool Martin Oosthuizen

Dag 1 is beter as dag 2

Greta Maschke

Eunice High School

Aanpas(sing)

Karli Marais

Hoërskool Noordheuwel

Raas

Lehan Kruger

Helpmekaar Kollege

Rooilip stompies

Lian Bell

Hoërskool Stellenbosch

Go Fish

Lisa Kukard

Hoërskool Durbanville

Legio

Lucy Groenewald

Eunice High School

Wakker word

Maralee Ferreira

Curro Windhoek Gimnasium

Welkom by my YouTube channel

Melandi Swiegelaar

Hoërskool Noordheuwel

Plonks

Nina Strydom

Hoërskool Parel Vallei

Net as ek droom

Paul Strydom

Hoërskool Parel Vallei

Droom pa

Rico Immelman

Hoërskool Noordheuwel

ont.hou

Talia Roux

Hoërskool Parel Vallei

Spieëltjie spieëltjie

Zoe Labuschagne

Hoërskool Noordheuwel

Skemer aan ’n toutjie

Hou die ATKV se webwerf en sosiale media dop vir wanneer die top-8 op 15 Junie aangekondig word.

’n Digitale bundel met die toptekste (wat ’n goue [80-89%] of cum laude- [90-100%] toekenning ontvang het) word ook in Oktober bekendgestel.

Kyk hier na die bekendmaking van die top-16.

The post Persverklaring: ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk! appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 494

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>