Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 494

Marga van Rooy oorlede

$
0
0

marga

Die baie bekende aktrise, Marga van Rooy, is op Sondagmiddag 15 Januarie, oorlede. Sy het kanker gehad.

Haar bekendste rol was waarskynlik “Worsie se ma” in Willie Esterhuizen se sitkom Vetkoekpaleis, maar sy was reeds van 1964 af ’n professionele toneelspeler.

Op TV was sy ook te sien in die reekse Onder Engele en Egoli.

In 1971 het sy Maggie Kleynhans gespeel in Jans Rautenbach se Pappa Lap. Ten minste vyftien films het daarna gevolg, waaronder Fanie Fourie's Lobola en Die Windpomp; in laasgenoemde het sy en Leandie du Randt dieselfde karakter vertolk.

Op die 2016 Silwerskermfees was Marga te sien in die pragtige kortfilm Onthou.

Op die verhoog was sy ook ’n verkleurmannetjie en was veral bekend vir haar goeie tydsberekening in komedies. Tydens die 2016 Inniebos Laeveld Nasionale Kunstefees was sy nog te sien in Frans Swart se Daa’ gaat die bruid, waarin sy die rol van die seniele ouma vertolk het.

Marga was vir 44 jaar lank met Frans Boot getroud en hulle vyf kinders gehad. In 1986 is haar dogter, Henriette, met skisofrenie gediagnoseer. Dit was ’n geweldige skok vir die hele gesin. In 2015 het Marga en Henriëtte hulle eie verhale van verlies en heling gedokumenteer in die boek Marga & Henriëtte, in die skadu van skisofrenie wat by LAPA Uitgewers verskyn het.

in-die-skadu

Die ATKV en die personeel van LAPA-Uitgewers gedenk ’n wonderlike ma en ’n baie spesiale aktrise. Ons wens Marga se gesin baie sterkte toe in hierdie tye.

*

*

Vetkoekpaleis en talle van die films waarin Marga gespeel het, is te sien op ShowMax.

The post Marga van Rooy oorlede appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 494

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>