Quantcast
Channel: ATKV-Portaal - LitNet
Viewing all 508 articles
Browse latest View live

Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte

$
0
0

Foto: www.sweetwater.com

Liedjie, CAPASSO en die ATKV-Liedjieslypskool bied inligtingsessies aan vir liedjieskrywers en kunstenaars oor musiekregte en die toekoms van musiek.

Die emosionele woordewisseling en chaos wat uitgebreek het op sosiale media oor Gert Vlok Nel se “Beautiful in Beaufort-Wes” het net weereens versterk dat selfs gesoute liedjieskrywers en kunstenaars nie bewus is van hul regte en al die administratiewe verantwoordelikhede betrokke by die invordering van tantieme in die musiekbedryf nie.

Met die opkoms van YouTube, iTunes (Apple Music) en musiekstroomdienste word hierdie proses selfs meer uitdagend. Elektroniese verspreidings en gebruiksregte is wêreldwyd onder die loep en groot onsekerheid heers daaroor. Dit maak dit soveel meer belangrik vir kunstenaars en skeppers van kreatiewe werk om heeltemal bewus te wees van hul regte en hoe om hul inkomste te bestuur.

Met hierdie doel het Liedjie en die ATKV saamgespan om die leemte te vul met inligtingsessies in Kaapstad en Johannesburg. Hier sal kenners op die gebied van kopiereg, verspreiding en uitgewery aan die woord wees om kunstenaars in te lig oor wat aan die gang is en hoe om te werk te gaan. Die sessies sal onder meer ondersteun word deur CAPASSO (Composers, Authors and Publishers Association) wat spesialiseer op die gebied van digitale en meganiese lisensiëring (www.capasso.co.za).

Belangstellendes kan gerus ʼn e-pos stuur aan musiek@liedjie.com vir meer inligting. Die datums van die sessies sal bekendgemaak word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van sprekers in die verskillende dele van die land.


Die ATKV-Liedjieslypskool is die opleiding- en ontwikkelingsprogram van Crescendo en fokus daarop om indiwidueelgefokusde onderrig aan alle Crescendo-finaliste te bied en hul sodoende toe te rus met die nodige kennis en kundigheid om die ATKV-Crescendo-finaal by te woon en uiteindelik ‘n suksesvolle beroep as liedjieskrywers-sanger te bedryf.

Liedjie is die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens wat jou in staat stel om al jou gunsteling Afrikaanse Musiek op jou slimfoon te luister. Met speellyste vir elke bui, aktiwiteit of geleentheid, en met ʼn magdom ou en nuwe kunstenaars, bied Liedjie werklik musiek vir elke oomblik. Besoek www.liedjie.com vir meer inligting.

The post Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte appeared first on LitNet.


Die première van ATKV: Filmverse 2 by die kykNET Silwerskermfees 2016

$
0
0

Filmverse 2 se première het op Vrydag 26 Augustus by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai plaasgevind.

Altesaam 12 Afrikaanse gedigte is deur 12 animasiekunstenaars, of groepe kunstenaars, geanimeer. Daar is dus 12 kortfilms op een DVD – wat net R120 kos.

Hier is ’n voorskou:

Die films en die gehalte is uitstekend en die algehele produk is reeds strate beter as die eerste weergawe.

Daar wás puik films op die eerste Filmverse. My gunsteling op nommer 1 is Charles Badenhorst se animasie van "What about de lô" – Adam Small se ikoniese gedig. Badenhorst het dan ook ‘n jurieprys gewen in Weinmar vir hierdie puik werk. Vroeër is Naomi van Niekerk se film "'n Gewone blou maandagoggend" aangewys as die "beste eerste film", by die grootste internasionale animasiefees in die wêreld, Annecy International Animated Film Festival and Market, waar meer as 8 000 fimmakers vanoor die wêreld meeding.

Daar was dus puik films op nommer 1, maar liefhebbers moet maar net weet: Nommer 2 is al reeds beter.

Nita Cronjé, die uitvoerende vervaardiger vir die ATKV, het ook aangekondig dat die Filmverse 2 in vier tale beskikbaar is: Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sotho.

Johan Myburg, Diek Grobler, Nita Cronjé, Charles Badenhorst, Nathan Trantaal en Ronelda Kamfer

Tydens ’n paneelbespreking ná die vertoning, is het Johan Myburg verduidelik dat hulle verse gekies het wat  aan die animeerders voorgelê is. Die keuse het die skolemark in gedagte gehad, so ’n mengsel van ou, bekende gedigte en puik nuwe gedigte is gekies.

Diek Grobler, die kreatiewe regisseur van die projek, het daarna met die kunstenaars ontmoet, werkswinkels aangebied en het toe hulle voorleggings gekeur.

Diek het ook verduidelik hoeveel ure daar in so ’n film ingaan. Elke sekonde van die film het ten minste twaalf animasies nodig. "Die res is wiskunde," sê hy.

Die 12 kortfilms op Filmverse 2 is:

  • Jeanne Goosen se "My mamma is bossies", geanimeer deur Naomi van Niekerk. Die klankbaan is pragtig.
  • Nathan Trantraal se "Geel walvis", geanimeer deur Alida Bothma, is wonderlik. Die papierknipsels wat gebruik word, is so slim gedoen. Interessant genoeg is die Zoeloevertaling gebaseer op ’n Johannesburgse variant van Zoeloe, om die Kaapse variant van Afrikaans, wat Trantaal skryf, raak te vang.
  • DJ Opperman se "Stad in die mis", geanimeer deur Jac en Wessel Hamman, is grieselig; baie, baie goed.
  • Elisabeth Eybers se "Busrit in die aand", geanimeer deur Arnaud van Vliet, het weer aan my gewys: As jy iets opnuut beleef, word ou goed nuut. Dis so ’n bekende gedig, en daar in die donker het ek nuwe nuanses ontdek danksy die puik animasie.
  • Andries Bezuidenhout se "Perron", geanimeer Marinda du Toit en Tessa Louw, is baie indrukwekkend. Geen gesproke woorde nie, net... die perron. Kyk self!
  • Boerneef se "Die berggans het ʼn veer laat val", geanimeer deur Erentia Bedeker was oorrompelend mooi.
  • Martjie Bosman se "Nagte in die tuine van Spanje", geanimeer deur Theresa Jo Wessels het ook die klanke, kleure en beelde van die gedig baie fyn saamgevat.
  • Heilna du Plooy se "Afrikaan in Nederland", geanimeer deur Hanno, Dewald en Roger van der Merwe kon spanning, die keistene en die sofistikasie van die gedig vasvat.
  • Johann de Lange se "Wisseling" is slim geanimeer deur Michéle Nigrini.
  • Joan Hambidge se "Smoke gets in your eyes", geanimeer deur Katty Vandenberghe en Anni Snyman, was grinterig en wonderlik gepas.
  • Ronelda S Kamfer se "Vir die voëls" is deur Diek Grobler self gedoen. Die meester aan die werk.
  • Marlise Joubert se "Groet" is geanimeer deur Charles Badenhorst. Sjoe. Kyk dit. Daar is ’n pop en ’n rok. Kyk hoe daardie pop treur.

Dit is onmoontlik om elke film hier te resenseer. Koop dit. Die Filmverse 2-DVD kos slegs R120 en kan bestel word by Hannelie van Schalkwyk by 011 919 9012 of hanneliev@atkv.org.za.

Dis min geld vir baie puik kuns.

Filmverse 2 is ook te sien by Tuin van Digters (van 16 tot 18 September 2016) op die Aardklop Nasionale Kunstefees van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom, en daarna op al die nasionale kunstefeeste tydens 2017.

Die Silwerskermfees koester nie net goeie films nie, dit is ook geleë op ’n plek waarheen jy die wêreld wil nooi.

’n Mens voel lekker as jy so iets beleef. Trots Suid-Afrikaans. Kampsbaai is mooi.

The post Die première van ATKV: Filmverse 2 by die kykNET Silwerskermfees 2016 appeared first on LitNet.

Foto's: ATKV-Woordveertjies 2016

$
0
0

Vanjaar se ATKV-Woordveertjies is op Vrydag 9 September by D’Aria in Durbanville toegeken. Die Woordveertjies is vanjaar vir die negende keer aangebied.

Vooraf: Martin Steyn en Lelani Fourie. Martin het die prys vir spanningslektuur gewen

Vooraf: Martin Steyn en Lelani Fourie. Martin het die prys vir spanningslektuur gewen.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: John en Gayle Nicholson. John die die Prys vir Leesbevordering ontvang

Vooraf: John en Gail Nicholson. John het die prys vir leesbevordering ontvang.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Die stel is reg en die media berei voor

Vooraf: Die stel is reg en die media berei voor.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Sestien Woordveertjies is toegeken

Vooraf: Sestien Woordveertjies is toegeken.
Foto: Izak de Vries

'n ATKV Woordveertjie

'n ATKV-Woordveertjie
Foto: Izak de Vries

Die gaste begin opdaag by D'Aria vir die negende ATKV Woordveertjie-geleentheid

Die gaste begin opdaag by D'Aria vir die negende ATKV-Woordveertjie-geleentheid.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Debbie Loots, sy het die ATKV Prosaprys gewen

Vooraf: Debbie Loots, wat die ATKV-Prosaprys gewen het.
Foto: Izak de Vries

_MG_5344

Loki Rothman
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5347

Hiram Koopman
Foto: Naomi Bruwer

Die aand begin, Lynelle Kenned is op die verhoog

Die aand begin. Lynelle Kenned het as gasvrou opgetree.
Foto: Izak de Vries

_MG_5350

Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

ATKV-Kinderboektoekennings:

Voorleeskategorie: Graad RR–1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie
  • Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie

_MG_5362

Chris Venter, Jaco Jacobs en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 2–3

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster
  • Illustreerder: Stephen Wallace (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster

_MG_5378

Stephen Wallace, Lynelle Kenned en Jaco Jacobs
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5382

Jaco Jacobs met sy 2016-Woordveertjies
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 4–5

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu
  • Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu

_MG_5390

Elsbeth Eksteen, Lynelle Kenned en Fanie Viljoen
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5401

Fanie Viljoen
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 6–7

  • Skrywer: Troula Goosen (Protea Boekhuis) – Spooksoene

_MG_5404

Troula Goosen en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5408

Troula Goosen
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Santie Nel (Human & Rousseau) – Liefde is ’n sprokie

_MG_5413

Santie Nel en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5415

Santie Nel
Foto: Naomi Bruwer

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan John Nicholson: Omegaview-gemeenskapsontwikkelingsprojek.

John Nicholson, van die Omega View-projek, Lynelle Kenned en Gayle Nicholson

John Nicholson, van die Omegaview-projek, Lynelle Kenned en Gail Nicholson
Foto: Izak de Vries

Hiram Koopman en Loki Rothman

Hiram Koopman en Loki Rothman
Foto: Izak de Vries

_MG_5441

_MG_5424

Chris van Niekerk en Tinarie van Wyk Loots het die prosa en poësie gedramatiseer.
Foto: Naomi Bruwer

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Shireen Crotz, Roela Hattingh en Madri Victor. met die wenner: Immer wes – Irma Joubert (LAPA Uitgewers).

_MG_5431

Irma Joubert en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Carina Hanekom, Carol-Ann Johnson en Kobie van Aswegen, met die wenner: Liefde in laslap – Elsa Winckler (Satyn).

_MG_5466

Elsa Winckler en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5468

Elsa Winckler
Foto: Naomi Bruwer

Diana Ferrus, Loftus Marais en Johan Myburg was die beoordelaars vir die Prys vir Poësie, met die wenner: vry- – Gilbert Gibson (Human & Rousseau).

_MG_5500

Gilbert Gibson en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5507

Gilbert Gibson
Foto: Naomi Bruwer

Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Willem Botha en Leon de Stadler, met die wenner: Legal Terminology: Criminal Law, Procedure and Evidence/Regsterminologie: Straf-, Strafproses- en Bewysreg (2015). Uitgegee deur Juta. Saamgestel deur die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale.

_MG_5512

Marlinee Chetty, Mariëtta Alberts en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Theo Kemp, Juanita Swanepoel en Mike van Graan was die beoordelaars vir die Prys vir Dramateks. Dit gaan vanjaar aan: Rooivalk – Nico Scheepers.

_MG_5532

Nico Scheepers en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Die Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Ronel Nel en Ilse Salzwedel, met die wenner: Skuldig – Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

_MG_5539

Martin Steyn en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5546

Martin Steyn
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5553

Japie Gouws het die ATKV-Prosaprys aangekondig.
Foto: Naomi Bruwer

Die ATKV-Prosaprys se beoordelaars was Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe, met die wenner: Split – Debbie Loots (Queillerie).

_MG_5560

Debbie Loots, Japie Gouws en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Prestigetoekenning

_MG_5592

Die ATKV se hoogste eerbetoon, die Prestigetoekenning, gaan vanjaar aan die legendariese Amanda Strydom.
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5608

"Ek kan rock in my taal!"
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5625

Amanda Strydom
Foto: Naomi Bruwer

Die wenners

Staande: Nico Scheepers, Marlinee Chetty, Troula Goosen, Elsa Winckler, Hlbert Gibson, Mariëtta Alberts, Martin Steyn, Chris Venter, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Elsbeth Eksteen, John Nicolson. Sittende: Irma Joubert, Debbie Loots, Santie Nel, Stephen Wallace

Staande: Nico Scheepers, Marlinee Chetty, Troula Goosen, Elsa Winckler, Gilbert Gibson, Mariëtta Alberts, Martin Steyn, Chris Venter, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Elsbeth Eksteen, John Nicolson. Sittende: Irma Joubert, Debbie Loots, Santie Nel, Stephen Wallace
Foto: Izak de Vries

Kinderboekwenners: Voor, van links, Jaco Jacobs, Stephen Wallace en Santie Nel. Agter, van links, Troula Goosen, Chris Venter, Fanie Viljoen en Elsbeth Eksteen

Kinderboekwenners voor, van links: Jaco Jacobs, Stephen Wallace en Santie Nel. Agter: Troula Goosen, Chris Venter, Fanie Viljoen en Elsbeth Eksteen
Foto: Izak de Vries

Debbie Loots, wenner van die ATKV Prosaprys, doen 'n onderhoud ná die tyd

Debbie Loots, wenner van die ATKV Prosaprys, tydens 'n onderhoud ná die tyd.
Foto: Izak de Vries

Troula Goosen, die skrywer van Spooksoene, by haar uitgewer, Nicol Stassen van Protea Boekhuis
Foto: Izak de Vries

The post Foto's: ATKV-Woordveertjies 2016 appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2016: Toespraak deur Japie Gouws

$
0
0

Japie Gouws
Foto: Naomi Bruwer

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde
en baie meer poësie in die miskruier, in die toktokkie, in die meteorologie en entomologie
in die môremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ’n digter gemaak

So skryf TT Cloete in 1989.

Ons vier en vereer vanaand die beste in Afrikaanse skryfkuns die afgelope jaar.

Ons is bekommerd oor lees en die boekebedryf in die algemeen. Volgens opnames koop slegs 1% van Suid-Afrikaners gereeld boeke en net 14% lees boeke. 90% van skole beskik nie oor funksionele biblioteke nie. Jongmense wat universiteite toe gaan, kan nie behoorlik lees en skryf en spel nie. Ons maak kinders sonder boeke en lees- en skryfvaardighede groot.

Die afgelope tien jaar het die verkope van Suid-Afrikaanse boeke vanaf 1,5 miljoen na 3,6 miljoen toegeneem. Waar Afrikaanse boeke in 2004, 22% van totale plaaslike boekverkope uitgemaak het, beloop dit nou ongeveer 45%. Voorwaar ’n uitstekende prestasie! E-boekverkope het egter nie naastenby die vlakke bereik wat ’n paar jaar gelede voorspel is nie.

In Suid-Afrika leef ons in interessante tye. Mense twyfel. Hulle twyfel oor werk en brood-en-botter kwessies en oor gebrek aan goeie onderwys. Wat ons wel weet, is dat daar ’n diep behoefte by die meeste Suid-Afrikaners is vir gebeure wat die siel van die volk aanraak en wat mense se lewens kan verander.

Wat ons ook broodnodig het, is dat ons mekaar se geskiedenis en stories beter verstaan. Ons kan dit doen deur dit vir mekaar te vertel en na mekaar te luister, maar ook om dit te skryf en te lees.

Jan Rabie skryf in 1975 oor “Ons arme skrywelinge ...”:

... terwyl Europa wegkwyn uit groot dele van die planeet, moet ons ons boek nog skrywe. Hier moet alles terug smeltkroes toe; eerste gietsel onvoldoende, met ’n bars tussen die twee helftes. Gooi meer koekmakranka by, en leeuvet en water van die Maloeties.

Uys Krige beskryf ’n skrywer se werk as volg:

In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanneer hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar’s ’n dooie donkie in of ’n skaap of ’n aasvoël of ’n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem ’n deel van daai stroom en hy verstil hom tot ’n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en hemel en die sterre weerkaats.

Marthinus Versfeld skryf “... die digter is die man wat in die donker waters van die chaos duik om skoon en blink dinge daaruit te haal”.

Die statistieke wys dat daar reuse potensiaal is om mense aan die skryf en lees te kry. As lojale Suid-Afrikaners is dit ons plig om mekaar se stories te vertel en op te skryf en daarna te luister en dit te lees.

Dit gaan oor ’n bewusmaking en oor ’n ingesteldheid.

In die woorde van Daniël Hugo: “Die digter sal onvolmaak bly skryf tot daardie dag van die leeu en die lam die kat en die duif”.

Baie geluk aan al die ATKV-Woordveertjie-genomineerdes en -wenners. Baie dankie aan alle ywerige lesers en boekkopers – julle is ’n skaars spesie.

Die werk is nog nie klaar nie. Die geleenthede lê braak. Ons elkeen het ’n pertinente rol daarin te speel. Neem dit asseblief op.

Baie dankie.

Japie Gouws
Besturende direkteur ATKV-groep
9 September 2016

Kyk na foto's van die geleentheid.

The post ATKV-Woordveertjies 2016: Toespraak deur Japie Gouws appeared first on LitNet.

Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto

$
0
0
Palesa Malieloa

Palesa Malieloa

Tydens ’n glansgeleentheid by die Hugo Lambrechts Musieksentrum op Saterdagaand 24 September is die jong sopraan, Palesa Malieloa (24) aangewys as die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto.

ATKV-Muziq is die afgelope 15 jaar die ATKV se jaarlikse bydrae tot klassieke musiek in Suid-Afrika. Die ATKV het egter besluit om naas Muziq wat ’n instrumentale klassiekemusiekkompetisie is, sedert 2011 ’n splinternuwe bydrae te lewer tot die stimulering van sang in Suid-Afrika. Dit staan bekend as Muziqanto en is ’n nasionale klassiekesangkompetisie.

Die eerste ronde het gedurende Mei vanjaar plaasgevind. Deelnemers moes tussen 18 en 35 jaar oud wees. Die tweede en finale ronde van ATKV-Muziqanto het die afgelope naweek in die Kaap plaasgevind. Slegs tien kandidate word landswyd gekies om aan hierdie ronde deel te neem.

Die finaliste: Chuma Sijeqa (Bariton), Cecilia Rangwanasha (Sopraan), Palesa Malieloa (Sopraan), Cecilia Rangwanasha (sopraan) en Fikile Mthetwa (Mezzo-Sopraan).

Die finaliste: Chuma Sijeqa (bariton), Cecilia Rangwanasha (sopraan), Palesa Malieloa (sopraan), Cecilia Rangwanasha (sopraan) en Fikile Mthetwa (mezzo-sopraan).

Vyf finaliste is aan die einde van die tweede ronde gekies om tydens die finale ronde saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips op te tree.

Die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips

Die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips

'n Totale prysgeld van R91 000 is uitgeloof.

John Roos, Palesa Malieloa  en dr Danny Titus

John Roos, Palesa Malieloa en Danny Titus

As algehele wenner het Palesa prysgeld ter waarde van R45 000 ontvang. Sy is tans ’n vryskut kunstenaar en neem sang by Hanna van Schalkwyk.

Cecilia Rangwanasha en dr. Danny Titus

Cecilia Rangwanasha en Danny Titus

Cecilia Rangwanasha (sopraan) het 'n algehele tweede plek ter waarde van R25 000 verower.

'n Prys van R6 000 is ook aan Cecilia toegeken vir die beste vertolking van 'n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde van hierdie kompetisie. Sy het hierdie prys ontvang vir haar vertolking van Isithwanda Sam gekomponeer deur BP Tyamzashe.

S’Bongile Mntambo en dr. Danny Titus

S’Bongile Mntambo en Danny Titus

S’Bongile Mntambo (sopraan) is as die derde plek-pryswenner aangewys en ontvang R15 000.

Rouel Beukes, Jaunelle Celaire, Palesa Malieloa, Lionel Mkwanazi en  Lize Thomas (Coetzer)

Rouel Beukes, Jaunelle Celaire, Palesa Malieloa, Lionel Mkwanazi en Lize Thomas (Coetzer)

Die beoordelaarspaneel vir hierdie twee rondes was nie-stemmende sameroeper Lize Thomas (Coetzer) wat al baie jare groot spore op verskeie sangvlakke in SA trap; die bekende bas, Rouel Beukes; en die hoof van Universiteit KwaZulu-Natal se Operaskool, Lionel Mkwanazi. Jaunelle Celaire, sangdosent aan die Universiteit van Alaska se Fairbanks-kampus in die VSA is die ander lid van die paneel.

John Roos van RSG

John Roos van RSG

Die nasionale Afrikaanse radiostasie, RSG is weer vanjaar die mediavennoot van hierdie kompetisie.

Noluvuyiso Mpofu en Palesa Malieloa

Noluvuyiso Mpofu en Palesa Malieloa

Noluvuyiso Mpofu, beter bekend as Vuvu, die 2015-wenner van ATKV-Muziqanto, het ook die geleentheid bygewoon en het dadelik vir Palesa Malieloa kom gelukwens. (Lees LitNet se onderhoud met Vuvu hier.)

The post Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto appeared first on LitNet.

Kopskuif: die ATKV as “ground control”

$
0
0

intro 2 ATKV Worcester 6883

Die piepklein ruimte binne Apollo 13 se bevelmodule en die ouwêreldse sjarme van die Merwida Country Lodge, net buite Rawsonville, het skynbaar niks gemeen nie. Krap jy egter dieper, besef jy: die missies wat hier uitgevoer moet word, is op papier onmoontlik.

Hulle moet Missie 2017 laat werk: skoolhoofde en lede van die ATKV

Hulle moet Missie 2017 laat werk: skoolhoofde en lede van die ATKV

Op 23 September 2016 het 21 skoolhoofde byeengekom om Missie 2017 te bespreek. Juan Benjamin, direkteur van onderwys in die Wynland-streek, was die eerste spreker. Hy het dit duidelik gestel dat skoolhoofde in 2017 nie ’n sent ekstra gaan kry nie, maar dat hulle meer kinders sal moet inneem én inflasie die hoof sal moet bied.

Juan Benjamin

Juan Benjamin

Benjamin was blatant eerlik oor die departement se gebrek aan fondse. Reeds in 2016 was daar nie genoeg geld nie ...

Missiestatus: kritiek

Die probleem waarmee Apollo 13 se ruimtevaarders op 13 April 1970 gesit het, was taamlik eenvoudig: hulle het nie genoeg suurstof gehad om drie mense lank genoeg aan die lewe te hou tot hulle kon terugkeer aarde toe nie.

Die departement erken daar is nie genoeg geld vir Missie 2017 nie.

Ouers is ook in die knyp. Benjamin vertel van ’n groep skoolmeisies wat betrap is dat hulle seks ruil vir geld. Toe die departement ingryp, het een meisie se ma gevra: “Gaan jy dalk brood op ons tafel sit?”

#FeesMustFall, hare en dissipline, personeeltekorte, bendes, afwesige ouers ... Daar is baie uitdagings wat in 2017 lê en wag.

Gelukkig het die skoolhoofde en die ruimtevaarders het twee goed gemeen: ondervinding en toewyding.

Wat meer is, NASA se wetenskaplikes en die ATKV se onderwysspan het ook iets gemeen: kundigheid op die gebied van bystand.

Missiedoelwitte: deel julle kennis

Seymour Bothman

Seymour Bothman

“Kyk om julle,” het Seymour Bothman, senior bestuurder: ATKV-Onderwys, aan die skoolhoofde gesê: “Hier is ’n ongelooflike klomp kennis in hierdie vertrek.”

Jeannie Harker

Jeannie Harker

Jeannie Harker, Worcester se kringbestuurder, het hierby aangesluit. Sy het brandpunte, soos dissipline, toelatingsvereistes en personeeltekorte, genoem wat gereeld opduik in haar vergaderings by skole. Toe het sy gevra dat die hoofde in kleiner groepe moet saamwerk om te deel wat hulle reeds doen om dié probleme die hoof te bied.

Uit hierdie gesprekke het drie goed duidelik geword:

  • Ryk en arm skole sukkel met dieselfde probleme.
  • Daar is maniere om die skynbaar onmoontlike take aan te pak.
  • Deur gesels kan die gedeelde kennis mekaar se las ligter maak.

Missiemoontlikhede: gebruik wat beskikbaar is

Al drie lede van die Apollo 13-missie het lewend na die aarde teruggekeer. NASA het die beste breinkrag byeengeroep om die suurstofprobleem op te los – skaalmodelle is gebou en getoets en die spesifikasies is na die ruimtetuig toe deurgestuur. Die ruimtevaarders is toe, stap vir stap, gehelp om die operasionele module se filters aan te pas om meer suurstof te genereer.

Hierdie houding sal ook vir die volgende aantal jaar op onderwysvlak moet geld. Skoolhoofde is reeds besig om die onmoontlike te vermag en in die toekoms sal dit nodig wees dat hulpbronne, selfs onderwysposte, al hoe meer gedeel sal moet word.

Die ATKV staan reg om te help.

Melvina Mason Hearne

Melvina Mason Hearne

Melvina Mason Hearne, die projekorganiseerder van ATKV-onderwys in die Wes- en Noord-Kaap, het aan die groep vertel van die talle suksesse wat reeds behaal is in die oplei van ouers, skoolbeheerliggame, skoolbestuurspanne en selfs leerders. “Ons, die ATKV, is hier; ons bied ons eie vaardighede én dié van kundiges wat met saamwerk,” was die boodskap.

Missiehulp: die ATKV en talle kenners

Beverly Fanella

Beverly Fanella

Die ATKV het vir Beverley Fanella genooi om die hoofde te kom toespreek. Fanella het baie jare se ondervinding in die bestuur van transformasie en die integrasie van leerders in situasies wat kulturele uitdagings bied.

Danny Titus, uitvoerende direkteur kultuursake by die ATKV, het verduidelik hoe die kommersiële suksesse wat die ATKV met die goeie bestuur van hulle oorde behaal, uiteindelik gebruik word om taal, kultuur, die gemeenskap en die onderwys te bevorder.

Danny Titus

Danny Titus

“Onderwys, my verantwoordelikheid” is ’n motto wat die ATKV onder alle takke en alle lede versprei, want omdat die ATKV ‘n burgerlike organisasie is, is die las op elke ATKV-lid om iets te probeer doen om onderwys aan te help.

Die ATKV gebruik kundiges van, onder andere, die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut en die Federation of Governing Bodies for South African Schools (Fedsas).

Missiestelling: Kopskuif

Die byeenkoms is onder die vaandel Kopskuif gehou.

Ek het aan Seymour Bothman gevra wat hy presies daarmee bedoel het. Sy antwoord was eenvoudig: hierdie hoofde het soveel kennis tussen hulle; as hulle begin saamspan, kan hulle baie meer doen, maar dan moet hulpbronne ook gedeel word. Ten tweede: die ATKV kan help slegs as hulle gevra word; dit is nodig om te besef wat die ATKV aan skole kan bied.

LitNet het al tevore oor ATKV-hulp aan die onderwys berig:

The post Kopskuif: die ATKV as “ground control” appeared first on LitNet.

Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016

$
0
0

zintroOaseAl die gesprekke in die ATKV-Boeke-Oase word gratis aangebied. 


DINSDAG, 4 OKTOBER

Diskoers

Waldimar Pelser, kykNET Verslag In Gesprek & Rapport

Met die nadraai van die verkiesing word daar groot gewag gemaak van die ANC se bloedneus in die metro’s. Gaan die opposisie egter hul verskille opsy kan skuif om doeltreffende koalisieregerings te vorm? Die ANC is ná twee dekades as die regerende party kwesbaar, maar is die opposisiepartye sterk genoeg om ’n politieke evolusie te kan bewerkstellig? Jan-Jan Joubert, parlementêre burohoof van die Sunday Times, Alida Kok Engelbrecht, dosent in politieke wetenskap aan Unisa, en Ina Gouws, dosent in politieke wetenskap by die Noordwes-universiteit, gesels saam.

8:00. 50 min.

 

Gesprek met ’n “doodgewone” entrepreneur

Die opwindende Akademia-sakegesprekke skop af met ’n praatjie oor ’n “doodgewone” plaaslike sakeman wat dinge op ’n “nie-doodgewone” manier doen, en juis deur hierdie aweregse benadering, sukses behaal. Kom luister saam na die eerste van vier gesprekke wat deur die loop van die fees elke oggend om 9:00 plaasvind.

9:00. 60 min.

 

Die liefde onder kruisverhoor

Hans du Plessis en Bernette Bergenthuin

Dominee Johannes van die Kolonie, Hans du Plessis se hoofkarakter in sy nuwe roman, Tussen die klippe, word in 1851 deur die Sinodale kommissie gestuur om ’n saak van kerklike tug aan te hoor. Hy is ook maar mens en vind lyflikheid en geestelikheid bots. Vida, die hoofkarakter in Bernette Bergenthuin se Viva la Vida, is dertig en hou van haar werk. Dis haar ma en haar vriendinne wat bekommerd raak, nie sy nie. Tog raak sy verlief. Dit kan nie, dit mag nie. Hy is haar beste vriend en sy gaan nie dié vriendskap opfoeter nie. Du Plessis en Bergenthuin gesels oor hul jongste romans waarin die liefde onder kruisverhoor geplaas word.

10:30. 60 min.

 

Tannie Poppie kook weer

Poppie Coetzer en Daleen van der Merwe (gespreksleier)

Tannie Poppie is ’n fenomeen! Voor kykNET se Kokkedoor was Tannie Poppie net ’n gewone huisvrou, bekend in haar kontrei as topbakster. Sy was een van die gewildste deelnemers, danksy haar vrolike gemoed, eenvoudige benadering tot kos en lekker resepte. Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en bak en kook sy die land aan die brand. In Tannie Poppie kook weer deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunstelingresepte.

12:00. 60 min.

 

Missing

John Kani en Sandra Prinsloo (gespreksleier)

John Kani, legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, gesels oor sy jongste drama, Missing. Dié toneelstuk vertel die verhaal van Robert Khalipa, ’n ANC-kameraad wat in Swede in ballingskap leef en oorgesien is tydens die onderhandelinge. Robert is getroud met Anna, ’n welgestelde Sweed, en hulle het ’n dogter wat in ’n hospitaal in Stockholm praktiseer. Daar is ook Robert se protégé, Peter Tshabalala, wat, hoewel hy nie soos Robert ’n senior ANC-lid is nie, uitgenooi word om aan te sluit by die demokratiese Suid-Afrikaanse regering. Wat hierop volg, is ’n verhaal van leuens, rugstekery en teleurstellings. Die gesprek strek ook wyer – oor ’n lewe in die teater en die toneelstuk, So ry miss Daisy op vanjaar se Aardklop waarin Prinsloo en Kani weer saam op die verhoog te sien is.

14:00. 60 min.

 

Klimaatsverandering – wat moet ons weet?

Bob en Mary Scholes; Elise Tempelhoff (gespreksleier)

Bob en Mary Scholes gesels oor hul boek, Climate Change: Briefings from Southern Africa, en beantwoord vrae oor die impak van klimaatsverandering op, onder meer landbou, en wat gewone mense soos ek en jy behoort te weet.

15:30. 60 min.

 

By die nag se wit kant in

Etienne Terblanche en Thys Human (gespreksleier)

In Etienne Terblanche, professor in Engelse letterkunde aan die NWU se Potchefstroomkampus, se debuutbundel, By die nag se wit kant in, kom ’n groot verskeidenheid onderwerpe, versvorme, emosies en toonaarde aan die bod. Hy skryf oor die Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voëls en skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke soos Indië, waar hy gereis het.

17:00. 60 min.

 


WOENSDAG, 5 OKTOBER 

Divan Botha, Winslyn op kykNET

As sakeondernemings tot 70% van ons ekonomie beslaan, kan pres. Jacob Zuma regtig pa staan vir die ekonomiese bloedbad? Die privaatsektor is kniediep in die moeilikheid en volgens Statistieke Suid-Afrika staan baie ondernemings voor ’n afgrond. Waar lê die oplossings? Kan die Zuma-faktor wel die ekonomie sink? Prof. Raymond Parsons, van Noordwes-Universiteit se sakeskool, Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep en Ryk van Niekerk, redakteur van MoneyWeb, is op die paneel.

8:00. 50 min.

 

Waar die sakewêreld en kultuur mekaar ontmoet

Japie Gouws

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV, het ’n lang geskiedenis van besigheidservaring op sy kerfstok. Kom neem deel aan ’n interaktiewe gesprek met Japie oor sy sakekennis en -beginsels.

9:00. 60 min.

 

Suid-Afrika se Grensoorlog

Willem Steenkamp en Theuns Eloff (gespreksleier)

’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, is daar steeds talle mistastings oor dié oorlog. Sedert Willem Steenkamp se topverkoper, Suid-Afrika se Grensoorlog, in 1989 gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van die slagveld het gaan lê. Dié hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite onder die loep en gee ’n skerpogige terugblik op die oorlog. Willem Steenkamp is ’n oudjoernalis, skrywer, historikus en militêre analis.

10:30. 60 min.

 

Van koue kos tot warm boeke

Marita van der Vyver en Harry Kalmer (gespreksleier)

Harry Kalmer gesels met Marita van der Vyver oor haar boek, Dis koue kos, skat, wat as film verwerk is en nou landswyd in teaters vertoon word; haar nuwe roman wat binnekort verskyn, en haar lewe vanaf die destydse opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie tot vandag toe.

12:00. 60 min.

 

Goudduiwel

Duane Aslett en Thys Human (gespreksleier)

Agent Rex Reynecke lei ’n ondersoek vir die Valke. Sy verhouding met Alicia blom, maar dan verdwyn haar broer – as hoofverdagte in ’n moordsaak. Spoedig blyk die verdwyning verband te hou met die Anglo-Boereoorlog se Krugermiljoene, en Rex moet hom red van die duistere Ysterhoutlaer. In dié aksiebelaaide roman bou die spanning op tot in Skukuza – wilde jaagtogte op stofpaaie wat nie vir kat-en-muis-speletjies met kragtige voertuie gemaak is nie. Duane Aslett is ’n senior lektor in forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit.

14:00. 60 min.

 

Ontdek die diva in jou!

Sophia Kapp, Santie van der Merwe en Ilse Salzwedel (gespreksleier)

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva) en Santie van der Merwe (Anderkant vergeet) skryf vir vroue. Hulle tob oor die liefde: die opwinding en die seer; die maklik en die swaar; die lig en die donker. Hul heldinne is vroue wat verstaan dat verhoudings nooit maklik of eenvoudig is nie en dat die lewe soms meer uit ’n vrou tap as wat sy het om te gee. Uiteindelik gaan dit ook oor hoe om die diva in jouself te ontdek.

15:30. 60 min.

 

In ’n oomblik

Cas Vos en Marlies Taljard (gespreksleier); voorlesings deur Dawid Minnaar

In ’n oomblik toon die hand van ’n ervare digter wie se poëtika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig ’n voortsetting van dié aspekte van Cas Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van ’n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poëtiese vondse oplewer. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante, as reismotief om ’n ongeluk en operasies poëties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns.

17:00. 60 min.


DONDERDAG, 6 OKTOBER

Diskoers

Kabous Meiring, Prontuit op kykNET

Word Afrikaners onregverdiglik deur die regering en universiteitsowerhede geteiken? Dis die vraag ná die Kovsies-rektor, prof. Jonathan Jansen, glo gesê het iets skort met die opvoeding van, spesifiek,

Afrikanermans. Terselfdertyd reken die joernalis Charles Smith die “transfornazi’s” het bekers vol gif teen Afrikaners gesluk en die gevolg is dat Afrikaans by universiteite keelaf gesny is. Is Afrikaners nie dalk hulle eie grootste vyand nie, soos Kabous Meiring argumenteer? Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van Afriforum, dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike, en dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur by die ATKV, is Kabous se gaste.

8:00. 50 min.

 

Gesprek met ’n vreeslose entrepreneur

Wouter Snyman

“Wie is mal genoeg om ’n besigheid te begin in die middel van 2009 se resessie?” het ’n vriend aan Wouter Snyman gevra. Sy antwoord: “Dan is my kans op sukses mos baie groot – want dan is ek die enigste een!” Kom skuur skouers met die befaamde skrywer van boeke soos Slim met jou geld en The ordinary Millionaire.

9:00. 60 min.

 

God op soek

Frits Gaum en Johannes Fronemann (gespreksleier)

Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë aan die keel gegryp het? Waar was God toe Apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? Met Marikana? Waar wás God? Ís daar ooit ’n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons “sekerhede” en ons wanhoop.

10:30. 60 min.

 

Corli se kombuis

Corli Botha en Gary Botha (gespreksleier)

Corli Botha, Kokkedoor-wenner van 2016, gesels oor haar smaaklike gunstelingresepte soos opgeneem in Corli se kombuis – ’n boek vol heerlike resepte wat deeglik beproef is en geskik is vir beginners; en vir die ervare kokke is daar ook ’n paar uitdagings.

12:00. 60 min.

 

Misdaadromans: die grens tussen feit en fiksie

Henk Breytenbach, Chanette Paul, Madelein Rust en Ilse Salzwedel (gespreksleier)

Spanning as genre groei teen ’n geweldige tempo. Drie gewilde skrywers in hierdie genre is Chanette Paul (Offerande), Henk Breytenbach (Moordlys) en Madelein Rust (Bloedlyn). Ilse Salzwedel gesels met hulle oor die uitdagings van die genre en oor hul nuutste boeke.

14:00. 60 min.

 

Die groot misterie van twee vroue: Briewe aan Anna

Heilna du Plooy en Bernard Odendaal (gespreksleier)

TT Cloete het briewe aan sy vrou Anna begin skryf vanaf 2002 toe sy met ongeneeslike kanker gediagnoseer is, vyf jaar voor sy gesterf het in 2007. Hy het ná haar dood volgehou met die briewe tot met sy sterwe in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap. Bernard Odendaal voer die gesprek met Heilna du Plooy, albei van die Skool vir Tale, aan die NWU, oor hierdie aangrypende jongste en postume publikasie van Cloete.

15:30. 60 min. 


VRYDAG, 7 OKTOBER

Diskoers

Kabous Meiring, Prontuit op kykNET

Afrikaanse flieks was eens ’n rariteit. Deesdae word deur die mark toegegooi met Afrikaanse flieks, waarvan die meeste nie juis geld maak nie. Behoort vervaardigers aangemoedig te word om nóg Afrikaanse flieks te maak, of moet die klem eerder op ’n handvol gehalte-flieks wees? Vervaardigers Danie Bester en Sallas de Jager, asook dr. Chris Broodryk, dosent in filmstudies by die Universiteit van Pretoria, kom gesels saam.

8:00. 60 min.

 

Hoe doen jy besigheid in die Suid-Afrika van vandag?

Stefan van der Walt

Stefan van der Walt, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Premium Groep van maatskappye, wat handelsname soos Nikon, Lexar, King Price, Premium Capital, Hi-Drone, Duke, en vele meer insluit, gesels oor hoe hy as doodgewone mens sy besigheid begin en uitgebou het; oor wat hy dink oor die toekoms van klein- en mediumbesighede in Suid-Afrika, asook oor die lesse wat hy in die sakewêreld geleer het.

9:00. 60 min.

 

Woorde hulle storie ken

Bernard Odendaal en Marlies Taljard (gespreksleier)

Bernard Odendaal, poësiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom, gesels by die fees oor Woorde hulle storie ken – ’n boek met kort vertellings, sketse en besinnings wat gegrond is op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het.

10:30. 60 min.

 

Wat nou, Suid-Afrika?

Theuns Eloff en Theo Venter (gespreksleier)

Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke. In Wat nou, Suid-Afrika? kyk die oudrektor, Theuns Eloff, na die kwessies op almal se lippe – werkloosheid en verlammende armoede, die impak van regstellende aksie, die bedreigings vir die oppergesag van die grondwet, die probleme in ons onderwys en misdaad. Eloff se vars, positiewe stem bring hoop en gee die leser nuwe maniere om hul veranderende wêreld te verstaan en beter te hanteer.

12:00. 60 min.

 

Switched at birth

Jessica Pitchford en Carla van der Spuy (gespreskleier)

Switched at birth vertel die aangrypende verhaal van twee Suid-Afrikaanse ma’s wat in die 1990’s besef het dat hulle twee seuns by geboorte omgeruil is. Hoe gee jy jou ‘eie’ kind terug, al is jy nie die biologiese ouer nie? Beide ma’s het besef dat dit ontdenkbaar is om hul kinders aan mekaar terug te gee. Wat gebeur as een van die seuns as tiener anders besluit?

14:00. 60 min.

 

Mishandel, misbruik, misken – my ma was Joey Haarhoff

Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy (gespreksleier)

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Tog, sy het die trauma, danksy pure vasberadenheid, oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het.

15:30. 60 min.

 

Adam Small – ons salueer jou

Frazer Barry, Churchil Naude, Deniel Barry en Nolan Russel

Woord- en musiekkunstenaars met uiteenlopende style kom bymekaar om een van Suid-Afrika se grootste literêre legendes se werk te vier. Hulle interpreteer Adam Small se woordkuns deur nuwe toonsettings.

17:00. 60 min.


SATERDAG, 8 OKTOBER

Studente in opstand – hoe lyk ons universiteite?

Noor Nieftagodien en Franziska Rueedi; Theo Venter (gespreksleier)

In 2016 was die veertigste herdenking van die 16 Junie 1976-opstande. Students Must Rise, saamgestel deur Anne Heffernan en Noor Nieftagodien, herbesin oor die konvensionele diskoers van jeug- en studente-aktivisme in Suid-Afrika deur die 1976-gebeure in ’n dieper historiese en geografiese konteks te plaas.

9:00. 60 min.

 

Kristalvlakte

Amy Jeptha, Royston Stoffels en Johan van Lill (gespreksleier)

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ʼn lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Oorlog is egter soos liefde: dit sal ʼn pad vind. Solank die bloed klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale werklikheid oop tot op die been.

10:30. 60 min.

 

Kook saam Kaaps

Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker en Amore Bekker (gespreksleier)

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker het op Amore Bekker se RSG-program, Tjailatyd, huishoudelike name geword met die deel van hul resepte. Hulle is ook te sien op die kanaal Via met hul eie program, Flori en Koelsoem se kosse. Amore gesels met hulle oor waar hul liefde vir kosmaak vandaan kom, hul gunstelingresepte en oor hul betrokkenheid by hul gemeenskap.

12:00. 60 min.

 

Koning en koningin van die cliff hanger

Karin Brynard en Francois Bloemhof; Deborah Steinmair (gespreksleier)

Met die blitsverkopers Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman, Tuisland, wat reeds uiters goed in die media ontvang is, kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Die veelbekroonde Francois Bloemhof skryf op sy beurt reeds vyf-en-twintig jaar lank vir volwassenes, tieners en kinders. Doodskoot is sy vier-en-twintigste roman, ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie. Dié twee veterane gesels met Deborah Steinmar oor die spanningsverhaal en waar dit vandaan kom.

14:00. 60 min.

 

In die skadu van skisofrenie

Marga van Rooy, Henriëtte Boot en Carla van der Spuy (gespreksleier)

Carla van der Spuy gesels met Marga van Rooy en Henriëtte Boot oor hul aangrypende boek, Marga en Henriëtte: in die skadu van skisofrenie. Die boek ondersoek die verloop en verskrikking van skisofrenie, die effek daarvan op 'n gesin en op die vernietigende terugslae wat die lyer telkens ervaar. Dit lê op hartroerende maniere die broosheid van mense bloot: die breekbaarheid van die menslike gees aan die een kant en die wondbaarheid van 'n magtelose ouer aan die ander kant.

15:30. 60 min.


PRODUKSIEVENNOTE

Akademia, Jonathan Ball-uitgewers, LAPA Uitgewers, Naledi, NB-Uitgewers, Penguin Random House SA, Pooka, Protea Boekhuis, Wits University Press

The post Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016 appeared first on LitNet.

ATKV-Tienertoneel 2016

$
0
0

Hier is al sestien stukke wat deel is van ATKV-Tienertoneel 2016. Bespreek by Computicket.

lit 00 15 10 09 tienertoneel 1379


Potchefstroom Gimnasium

bied aan

lit 01 Gimmies Agter die gordyne Philip Swart

Agter die gordyne

deur

Pierre-André Viviers

Nuutgeskrewe teks

Komedie

10+ T V

Regisseur: Pierre-André Viviers

Assistentregisseur: Elbie Buys

Rolverdeling

Gavin: Christo Horn

Milly: Anneri Basson

Tammy: Zandelle Meyer

Tegnies

Verhoogbestuurder: Eunice Klopper

Klankoperateur: Christi Olivier

Beligtingsoperateur: Pierre-André Viviers

Projeksieoperateur: Ano Fouché

Volgligoperateur: Dian-Louw Niesing

*

Is die vermaaklikheidsbedryf altyd net glans en glorie? Kom kyk hoe die wêreld se drie ónsuksesvolste kunstenaars probeer om ’n voet in die deur te kry. Dié drie aspirantakteurs se droom is om eendag roem te smaak. Hulle lê oudisies af in enige medium denkbaar net om naam te maak. Dis egter moeilik as niemand jou “unieke” talente raaksien nie. Dan skemer die ander kant van kunstenaarwees deur. Die tekort aan werk, geld en die wreedheid van die bedryf. Hoe lyk dit regtig AGTER die gordyne?


Hoërskool Jan van Riebeeck

bied aan

lit 02 Maan

Die maan val bewusteloos

deur

Nico Scheepers

Nuutgeskrewe teks

Fisiese teater

Regisseur: Nico Scheepers

Rolverdeling

Nancia Dorland

Marté Roux

Mia du Toit

Nicholas van Huysteen

Adele van Doorn

W.S. Horn

 Melnisha Arnolds

Lara Naudé

Hanno Janse van Vuuren

Mia Louise du Toit

Cyle Smit

Tegnies

Verhoogbestuurder: Adele van Doorn

Klank- en beligtingsoperateur: Franco Roussouw

*

’n Meisie word deur haar oupa en ouma grootgemaak. Sy lei ’n ware sprokieslewe. Ongelukkig is sprokies en die werklikheid twee verskillende dinge en sy moet vinnig leer dat die lewe soms onverwagte, hartseer draaie gooi. Gelukkig help die liefde altyd om die hartseer ’n bietjie meer draaglik te maak.

Die maan val bewusteloos is ’n eerlike storie wat die hartsnare roer.


Hoërskool Cradock

bied aan

lit 03 cradock

Die prys van eiers

deur

Melina Smit

Nuutgeskrewe teks

Klug

OB

Regisseur: Melina Smit

Rolverdeling

Mevrou Cincaut: Wian Taljaard

Meneer Cincaut: Zander Niemand

Barbera: Lize-Mari Gerber

Chianté: Rozelina van der Merwe

Plonk: Pieter-Ben Smit

Sjerrie: Salene Bekker

Sauvignon: Kalinka Venter

Malbec: Dirkie Cronjé

Merlot: Doaney de Beer

MC: Wian Taljaard

Handlanger: Dirkie Cronjé

Tegnies

Verhoogbestuurders: Garth Bezuidenhout en Destiny King

Klank- en beligtingsoperateur: Wynand Bezuidenhout

Grimering: Doaney de Beer, Jeandri Visser en Kalinka Venter

Dekorontwerp: Imge Olivier, Thomas Lord en Alet Janse van Rensburg

Rekwisietemeester: Quelette Diedericks

Kostuums: Jeandri Visser

Klankbaan: Thomas Lord en Pieter-Ben Smit

*

Onthou die verhaal van die kaalbaskoning? Dieselfde lot tref die arme meneer Cincaut.

Van opgesmukte laventelhaan en vername grondeienaar tot dorpsimbesiel en brandarm sot, alles te wyte aan daardie einste spekskieter-kleremakers. En nou sit die beeldskone mevrou Cincaut, wat intussen haar hart (en ’n paar ander goedjies ook) weggegee het aan een van die buurman-broers, Sauvignon. Maar daar is ’n probleem. Eintlik twee, uhm…, nee, drie probleempies: haar swaksinnige vrugtekoek van ’n man, haar stiefdogtertjie, Chianté, en haar hartstogtelike begeerte na Sauvignon. Kom kyk gerus na hierdie skreeusnaakse klug, maar wees gewaarsku, vreemde dinge gebeur as mens te lank nét eiers eet.


Hoërskool Tygerberg

bied aan

lit 04 Staat teen Sara Foto

Die Staat teen Sara

deur

Marguerite du Bois en die Tygerberg Toneelgroep

Nuutgeskrewe teks

Drama

OB N

Regisseur: Marguerite du Bois

Rolverdeling

Sara Lategan: Kara-lee Conyers

Hofklerk De Klerk: Tylo Ras

Advokaat Nuwe: Danielle de Villiers

Advokaat Ouderwets: Johann Dippenaar

Regter Niemand: Carla van der Walt

Hilda van der Walt: Marzaan Grundlingh

Meri Smit: Heike de Goede

Ivy Swart: Yvonne Mouton

Jacomine Coetzer: Anel Visser

Konstabel Kakkerlak: Valentino Valentyn

Sersant Kristil: Kerscha Titus

Jurie-koor: Corleze de Bod, Elzanne Swart, Tayla King, Cleo Saal en Danté Barnard

Tegnies

Verhoogbestuurder en beligtingsoperateur: Anelda Price

Klankoperateur: Kyla Serfontein

*

Die Staat teen Sara ondersoek die grens tussen vryheid van uitdrukking en die reg tot ’n goeie reputasie en privaatheid.

“Sara Lategan en haar maatjies is beslis verantwoordelik vir die insident op 4 April 2016. Hulle sal sê dit was ’n onskuldige grappie. Ongelukkig het ‘iemand’ hulle grappie afgeneem en gedeel. Vir Ivy Swart was dit ’n pynlike, vernederende ervaring. Die uiteinde? Niemand lag meer nie, veral nie Ivy Swart nie,” argumenteer advokaat Ouderwets (staatsaanklaer).

Hoe pleit Sara Lategan? Skuldig of onskuldig?


Helpmekaar Kollege

bied aan

lit 05 Helpmekaar Dierepubliek

Dierepubliek

gebaseer op die roman, Animal Farm, deur George Orwell

verwerk deur Pierre-André Viviers

Komedie

OB V

Regisseur: Linda van Niekerk

Rolverdeling

Caitlin Barkhuizen

Suzanne Fourie

Mila Dirks

Bridgette Mabhude

Jana Basson

Tegnies

Verhoogbestuurder: Andreas de Jager

Klankoperateur: Chris van Niekerk

Beligtingsoperateur: Laret van Niekerk

Multimedia: Gustav Theron

*

Die aanhaling, All animals are equal, but some animals are more equal than others, word op ’n satiriese wyse uitgebeeld. Die teks is gekontekstualiseer vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor en die ensemblewerk is vermaaklik vir die hele gesin.

Elke mens het ’n dierlike eienskap of dit nou ’n varkagtige gewoonte of ’n skaap se napraat is. Kom ontdek jouself in een van die diere…


Hoërskool Bergrivier

bied aan

lit 06 Die ek, Annatjie produksie foto 5

Dis ek, Annatjie

deur

Anchien Troskie as Elbie Lötter

verwerk deur Alma Nel

Drama

13+ S T

Regisseur: Alma Nel

Assistentregisseurs: Sanet Taljaard en Ludfia Cupido

Rolverdeling

Annatjie: Jamie-lee Morkel

Ann: Ueland la Meyer

Antjie: Jeandré Fransman

Ma 1: Amke Grootboom

Ma 2; Miss Dolly: Anthea Afrika

Ma 3; Lena: Bevedine Dulman

Uncle Danny; Daddy: Neville Albertus

Daantjie; Seun 1 en 2: Shu-Aib Isaacs

Marnus: Shane Witbooi

Pastoor: Wesley September

Tegnies

Verhoogbestuurder: Wesley September

Klankoperateur: James-Dean Davids

Beligtingsoperateur: Tyron Hendriks

*

“My lewe was different. Van ek agt was tot so sestien, was my lewe anners. Completely… Sallie praatie. Te skaam. Te bang. My pa sal dink ek joke net. My uitlag. My ma sal dink ek lieg. My skêl. Ek sal my bek hou. Stom wies. Stom Anna. My mind is deurmekaar, ek kan nou nie exactly onthou wanner wat gebeur hettie. Maar ek was klein. Toe begin dit…”

Kom beleef ’n verwerking van Anchien Troskie se Dis ek, Anna, in ’n ander kultuur, ’n nuwe wêreld, soos nog nooit vantevore nie.


 Helpmekaar Kollege

bied aan

lit 07 Helpmekaar Dit wat was ...

Dit wat was ...

deur

Pierre-André Viviers, aangepas deur Eghard Basson

Drama

13+ T

Regisseur: Eghard Basson

Rolverdeling

Nellie: Gugu Mkhushulwa

Liana: Lyndré Kruger

Imke: Jana Basson

Koor: Milandie Viljoen, Celine van Niekerk en Marli Uys

Tegnies

Verhoogbestuurder: Eghard Basson

Klank- en beligtingsoperateur: Pieter Hougaard

*

Dit wat was… beeld die posisie van drie vroue in ’n moderne samelewing uit waar die manlike spesie nie skroom om na groener weivelde te soek nie. Die vraag is egter: Wat staan ’n vrou dan te doen? Stop die wasmasjien vol klere, maak toebroodjies vir die bloedjies, voed die man, vee die stoep, koop skoonmaakmiddels aan en dalk, net dalk, kan sy die man verras…

“Alles sal okei wees… ma is hier.”


Hoërskool Durbanville

bied aan

lit 08 Durbanville Boeke (2)

FRAGMENT

deur

André Gerber

Nuutgeskrewe teks

Drama

OB T V S

Regisseurs: Jan Burger en Amelia van Wyk

Rolverdeling

Antoinette de Jager: Nienke Geldenhuys

Ryno de Jager: Trompie Booysen

Winand de Jager: Ludick Bezuidenhout

Leanda du Preez: Alexa le Roux

Karla du Preez: Cailin Aylward

Khayrah Pool: Izelle Viljoen

Aisha Pool: Maja Smith

Rahim Pool: Andrew de Jager

Johan van Vuuren: Landolph Schütz

Susan van Vuuren: Marlenke Scholtz

Daniella van Vuuren: Mieke Verster

Daniël van Vuuren: Stefan Brundyn

René Venter: Mieke Fabel

Koor: Nell Bezuidenhout, Deané de Bruin, Karien de Lange, Timothy Erasmus, Nina Fourie, Victoria Jumeth, Danae Koen, Sonja Kruger, Natalie la Grange, Megan Myburg, Ameré Prinsloo, Michaela Smit, Carla Steenkamp, Jané Theron, Kyla van der Berg, Larissa van der Westhuizen, Armand van Niekerk en Charel Viljoen

Tegnies

Verhoogbestuurder: Nicolene Potgieter

Klankoperateur: Christo Erasmus

Beligtingsoperateur: Ruan Potgieter

Choreografie: Gabriella Bishop, Jan Burger en Amelia van Wyk

*

Fragment: ’n stukkie, splinter, skerf, deeltjie… van iets groter
Fragmenteer: disintegreer, verkrummel, breek op, val uitmekaar, verdeel

*

’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie dit gedoen het nie, of om watter rede nie. Vrees, spanning, vooroordele en verdagmakery plaas groot druk op alle verhoudings in die oënskynlik vreedsame gemeenskappie. Voor die oë van die gehoor raak die dorpie ’n vertoonvenster van enige gemeenskap wat bestaan uit die brose en gefragmenteerde samestelling van gesinsverhoudings, werk, vriendekringe, skool-, kerk- en kultuurgroepe.


Hoërskool Tygerberg

bied aan

lit 09a in kleur

In kleur

’n Werkswinkelproduksie onder leiding van Pieter Nel

Nuutgeskrewe teks

Komedie

Regisseurs: Alicia Dreyer en Pieter Nel

Rolverdeling

Geel: Jay-D Sanderson

Pienk: Zinedine Manus

Groen: Hano Groenewald

Oranje: Kyle Esterhuizen

Pers: Robin Meissenheimer

Tegnies

Klankoperateur: Morné Smith

Beligtingsoperateur: Dylan Engelbrecht

*

Hierdie produksie is ’n samestelling van stories wat gebaseer is op ware gebeure. Daar word onder meer vertel hoe oupa Koppe destyds gedwing is om uit Distrik 6 weg te trek en toe in Ravensmead op die Kaapse Vlakte beland het.

“Toe loop Oupa ewe stadig na die portret van hom en antie Lettie op hulle troudag. En hy tel dit op terwyl bakstene en plate om hom val en antie Lettie aan sy mou trek en skree laat hy moet kom.”

Van hierdie leerders woon self in Ravensmead en hulle vertel dit soos dit is – van bygelowe, têksies, bende-geskietery, die kerk, ’n jaart-jol tot buite-egtelike kinders.

’n Kleurvolle produksie met ’n humoristiese aanslag!


Hoërskool Ben Viljoen

bied aan

lit 09b Ben Viljoen Kom saam met my

Kom saam met my

deur

Inamarie Schoonraad

Nuutgeskrewe teks

Drama

Regisseur: Martie de Jager

Rolverdeling

Janke: Anmarie Oosthuizen

Mienkie: Anjoné de Jager

Tegnies

Verhoogbestuurder: Alicia Creighton

Klankoperateur: Christo Janse van Vuuren

Beligtingsoperateur: Corlia de Wet

Grimering: Mieke Kleynhans

*

Janke (14 jaar oud) besluit om van die huis af weg te loop. Mienkie, haar maltrap kleinsussie, volg haar na die busstop. Elkeen het dít wat vir hulle belangrik is in ’n bokstas gepak. Janke met haar ernstige, filosofiese uitkyk op die lewe is natuurlik geïrriteerd met kleinsus wat nog spelerig en ’n regte drama queen is. Dit lei tot prettige situasies, maar ook trane… Kleinsus Mienkie verras met begrip vir die talle vrae waarmee Janke worstel. Probeer Janke wegkom van die gevolge van die droogte? Of waarvoor hardloop sy eintlik weg?


Hoërskool Rustenburg

bied aan

lit 10 Rustenburg La Plastique Foto Reinhard Bodenstein

La Plastique

deur

Rita Liversage

Nuutgeskrewe teks

Komedie

Regisseur: Rita Liversage

Rolverdeling

Pop 1: Jana Coetzé

Pop 2: Cara Burger

Pop 3: Bernice van der Westhuizen

Patricia: Monique Wangra

Mandy: Jeanette Tlou

Eloise (Ma): Cara Grobbelaar

Hendrik (Pa): Hamman Prinsloo

Marli (Bruid): Karli Geyser

Vlooi (Bruid se sussie): Marga Luus

Tegnies

Verhoogbestuurder: Rita Liversage

Klank- en beligtingsoperateur: Melissa Louw

*

Ironies hoe baie mense wat bewonder word nie altyd uit honderd persent menslike materiaal bestaan nie. Kom ons noem dit sommer fake… nagemaak… sinteties. Ons lewe in ’n wêreld van plastiek!

Maar deesdae – en ons sien dit al hoe meer – word die woord fake gebruik om mense se persoonlikhede te beskryf eerder as hulle bragrootte.


Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

bied aan

lit 11 Affies Onnies Annemarie Wichmann

Onnies

deur

John Godber

vertaal en verwerk deur Hermien Greyling

Komedie

Regisseur: Hermien Greyling

Rolverdeling

Soutie; Neels Venter; Mnr. Stoltz; Butch Benade: Leroux van Diemen

Tina; Mnr. Dirk Basson; Mej. Coetzee; Sam Plaatjies; Gerrie; Jackie Roos: Itumeleng Maluleka

Meisie; Mev. Schutte; Mnr. Dirk Basson; Mej. Jansen; Butch Benade: Mieke Greyling

Tegnies

Verhoogbestuurder: Kinna Wessels

Klankoperateur: Anke Towsen

Beligtingsoperateur: Mariza Engelbrecht

*

“As ’n mens in die gange afstap, hoor en sien jy ’n magdom verskillende onderrigmetodes… dis soos ’n dieretuin.”

’n Komiese kykie op die ewigdurende stryd van ’n jong, passievolle dramaonderwyser. Hy moet daagliks uitdagings trotseer. Dit word uit die oogpunt van drie dropouts beleef! Hulle kan uiteindelik iets van waarde in hul skoolloopbaan vind wanneer die nuwe Adonis van ’n dramaonnie by Hoёrskool Vlaklaagte Drama begin gee.

“Bly stil! Stilte! Hou julle monde! Meneer Venter, kry asseblief jou klas onder beheer.

Dit klink asof hulle gemartel word en smeek om uit jou klas bevry te word!”


 Hoër Volkskool Potchefstroom

bied aan

lit 12 Volkies Ontsnap vir program Reinhard Bodenstein

Ontsnap

deur

Pierre-André Viviers

Komedie

Regisseur: Luné van Rooyen

Rolverdeling

Tiaan: Christo Botha

Berta: Yvonne Gerber

Werner: Donovan Coetzer

Mita: Elmie Brits

Olga: Merichia du Plooy

Tegnies

Verhoogbestuurder: Erhard Salomon

Klankoperateur: Juan van den Heever

Beligtingsoperateur: Marizaan Bloem

Tegniese assistent: Rynhardt Pretorius

*

Berta, Tiaan en Werner is weeskinders wat gereeld “ontsnap” na ’n beter wêreld as dié een waarin hulle vasgevang is. Hulle vlug onder andere weg van die vreesaanjaende weeshuismatrone, tannie Olga. En dan kom daar ’n nuwe kind – Mita. Sy word ingelyf in die fantastiese én komiese ontsnap-tradisie waarmee die kinders hulle ruimte leefbaar probeer maak. Maar waarom is Berta met tye so bitsig teenoor Mita? Is dit uit frustrasie omdat haar naam áltyd onder aan die aanneemlys staan? Kom kyk waarom ontsnap die weeshuiskinders as tannie Olga met haar aanneemlysie die volgende kind kom haal.


Hoërskool Zwartkop

bied aan

lit 13 Zwartkop Rympatroon

Rympatroon

gebaseer op die film, Dead Poets Society, verwerk deur Pieter Alberts

Drama

OB T

Regisseurs: Pieter Alberts, Emil Haarhoff en Hendri Badenhorst

Rolverdeling

Tiaan: Ben Blignaut

Armand: Wian Coetzee

Jacque: Bernard Lubbe

Ettiene: Wilco Meyer

Wickus: Ruan van Achterbergh

Wouter: Drickus Gräbe

Lourens: Francois Smith

Marcel: Heindrich Buys

Mnr. Adriaanse: Jan-Daniël Kapp

Mnr. Visser: Mornay Marais

Wiskunde-onderwyser: Christo van Schalkwyk

Latyn-onderwyser: Nell Jansen van Rensburg

Drama-onderwyser: Simeon Boshoff

Tiaan se pa: Heinrich Nienaber

Tegnies

Verhoogbestuurder: Hendri Badenhorst

Klankoperateur: Ruan Myburgh

Beligtingsoperateur: Remerus Verster

*

Die verhaal speel af in Seunsakademie. ’n Nuwe Afrikaans-onderwyser, mnr. Adriaanse, begin by die skool. Hy verbreek die konvensionele reëls en leer die seuns om deur poësie met ander oë na die lewe te kyk. Die seuns hang aan sy lippe. Hulle stig ’n groep, Rympatroon, dieselfde as wat mnr. Adriaanse en sy maats gehad het toe hy in die skool was. Tiaan, een van die leerders droom om op die verhoog te wees, maar sy pa skop vas teen sy besluit om ’n akteur te word.


Paul Roos Gimnasium

bied aan

lit 14 Paul Roos Vlug deur Sonya Olivier

Vlug

deur

Esther von Waltsleben

Nuutgeskrewe teks

geïnspireer deur die roman, Lord of the Flies, deur William Golding

Drama

OB G

Regisseur: Esther von Waltsleben

Rolverdeling

Dolf: Luke White

Dawid: Thys Sutherland

Beer: Hardus van Staden

Hermann: Thomas Winter

Michael; Volwassene: Stehan Odendaal

Thomas: Wiaan Janse van Rensburg

Tobie: Samuel Durand

Barry Nathan Soloman: Ian Jansen van Rensburg

Heinrich: Patrick Kilbourn

Goebs: Daniël Olivier

Otto: Luké de Beer

Seun: Jason Adams

Seun: F.J. Möller

Tegnies

Verhoogbestuurder: Ruan de Beer

Klankoperateur: Luka Ferreira

Beligtingsoperateur: Joshua Bodenstein

Verhoogassistent: Antonie Jacobs

*

In ’n tyd van konflik word dertien seuns vir hul eie veiligheid in ’n stormwatertonnel gehuisves wat as bunker vir hulle ingerig is. Die seuns ken nie een mekaar nie en hulle weet nie hoe lank hulle daar gaan moet bly nie. Hulle het alles wat hulle mag nodig kry om te oorleef, maar hulle is op hul eie ‒ sonder enige volwasse toesig. Die seuns in die tonnel word ’n mikrokosmos van die grootmenswêreld. Reëls vervaag, ordeloosheid neem toe en kort voor lank is die vyand nie meer ’n bedreiging van buite af nie…


Hoërskool Waterkloof

bied aan

lit 15 Waterkloof Wetters Annemarie Wichmann

Wetters

deur

Schalk Schoombie

Fisiese teater

13+ T

Regisseur: Shareen Swart

Assistentregisseur: Rulene Swanepoel

Rolverdeling

Verkeerskonstabel Bart: Neil Bedeker

Dirkie; Jaco: Ettienne Pieterse

Jo-Anne; Mari-Christel: Helen Stander

Ewan Rutherford; Abdul: Henry Serfontein

Hetta: Lielie Viljoen

Decibel Visagie; Oom Louis: Robert Hindley

Tegnies

Klankoperateur: Alrika Moller

Beligtingsoperateur: Olivia van Zyl

*

Spitsverkeer... op die N1 Noord... ’n Ongeluk sowel as padkonstruksiewerk veroorsaak ’n kakofonie van ’n oormaat testosteroon, irritasie, frustrasie en aggressie!

Wetters neem jou saam en verplaas jou uit jou sitplek in die gehoor tot in die aksiebelaaide passasiersitplek van onder andere verkeerskonstabel Bart, Decibel, Jo-Anne en Abdul Naidoo se karre.


Afkortings vir ouderdomsbeperkings

OB = Ouerbegeleiding word aanbeveel

10+ = Geen onder 10’s

13+ = Geen onder 13’s

T = Taal                                

S = Seksuele suggestie/aspekte          

V = Vooroordeel

G = Geweld

N = Naaktheid

The post ATKV-Tienertoneel 2016 appeared first on LitNet.


Taalerfenissimposium op Clanwilliam

$
0
0

Die ATKV se taalafdeling bied op 21 Oktober 2016 ’n Taalerfenissimposium met die tema “Dit kom van ver ...” op Clanwilliam aan. Dit is deel van die Cederberg Rooibos Kunstefees wat op die dorp aangebied word. Tydens die simposium sal mense die geleentheid kry om saam met sprekers soos prof Hans du Plessis, prof Christo van Rensburg, digter Diana Ferrus, kletsrymer/kitaarspeler Frazer Barry en skrywer Willem Fransman te besin oor die Afrikaanse taalerfenis.

“Die ATKV maak erns met ons Afrikaanse taalerfenis,” sê Anzil Kulsen, projekorganiseerder by die ATKV. “Daar is soveel wat onder taalerfenis verstaan kan word en daarom is dit gepas om in hierdie geskiedenisryke streek by die tema ‘Dit kom van ver ...’ stil te staan.”

Die twee bekende akademici, Christo van Rensburg en Hans du Plessis, praat oor “So kry ons Afrikaans ... en so lyk dit vandag”. Frazer Barry, van die Tribal Echo-faam, wys hoe rymkletskultuur ’n element van Afrikaanse taalerfenis is en die skrywer, Willem Fransman, kyk na die bewaring en bewusmaking van taalerfenis deur middel van die radiodrama. Diana Ferrus, internasionaal erkende en bekroonde digter verduidelik hoe Afrikaans ’n versoeningstaal is. Danny Titus (uitvoerende direkteur by die ATKV) en Evelyn Ferreira (senior bestuurder: taal by die ATKV) is die gespreksleiers van die dag.

taalgesk650

Meer oor die aanbieders:

Hans du Plessis is ’n internasionaal erkende navorser, akademikus, digter en skrywer van verskillende genres vanaf jeuglektuur tot historiese fiksie. Hy het al meer as 100 publikasies die lig laat sien. Sy lys van toekennings sluit die CR Swart-prys (1995) vir Disse flippen stukkende wêreld dié, my ou; ATKV-Kinderboektoekenning in 1997 vir Ditsem Dawid en die CBSA-prys, ’n Christelike toekenning vir Innie skylte vannie Jirre. Prof Du Plessis dien op verskeie direksies, is tans ’n voltydse skrywer en steeds betrokke by die NWU-Skryfskool in Potchefstroom.

Christo van Rensburg stel baie in Afrikaans se dialekte belang, en kom so uit by Afrikaans se geskiedenis. So kry ons Afrikaans is ’n boek van vier jaar gelede wat juis oor die fassinerende onderwerp van die inheemse oorsprong van Afrikaans handel, en hy publiseer ook artikels oor Afrikaans en sy geskiedenis. Hy was professor in Afrikaans aan die Universiteite van Pretoria en die Vrystaat, en is tans ’n navorsingsgenoot by die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom.

Frazer Barry is ’n bekroonde vermaaklikheidskunstenaar afkomstig vanaf Kleinmond. Hy is vir die afgelope 20 jaar aktief besig is om met sy groep Tribal Echo die land se verhoë aan die brand te speel. Hy is benewens musikant ook komponis, liriekskrywer, musiekvervaardiger, sanger , rymkletser, skrywer, digter , seremoniemeester, radiostemkunstenaar, televisieaanbieder en skrywer van kenwysies. Frazer het ’n verskeidenheid toekennings ingepalm. Van sy onlangse repertoire sluit in die toonsetting van Adam Small se Kô lat ons sing.

Willem Fransman is ’n stigterslid en die nasionale voorsitter van die Afrikaanse skrywersvereniging. Hy werk tans by UWK as navorser, maar het al in feitlik alle genres gepubliseer. Fransman is veral bekend vir sy radiodramas. In 1997 is hy die eerste wenner van die RSG/Sanlam Radiodramakompetisie met sy werk Om te bedel is ’n kuns. Fransman is ook ’n grafiese kunstenaar en rubriekskrywer vir Die Burger en Kaap Rapport. Hy is ook bekend as storieverteller van veral kontreistories.

Diana Ferrus is ’n internasionaal erkende en bekroonde digter. Haar digbundel Ons Kom vandaan het in 2006 verskyn. Diana se  Engelse digbundel, I've come to take you home, het in 2010 verskyn en die titel gedig  was instrumenteel in die teruggee van die oorskot van die Khoisanvrou, Sarah Baartman, aan haar nageslag in Suid-Afrika nadat dit vir jare in Europa as museumuitstalling aangewend is. Die gedig is gepubliseer in die Franse Wet, ’n eerste in Franse geskiedenis. Sy beywer haarself ook om opkomende digters te help om hul werk die lig te laat sien deurdat sy by verskeie projekte betrokke is en ook opleiding in digkuns by die Breytenbach-sentrum aanbied.

Mense wat belangstel om die simposium by te woon, kan Charlton Lee by 011 919 9000 of charltonl@atkv.org.za skakel.

The post Taalerfenissimposium op Clanwilliam appeared first on LitNet.

ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae

$
0
0

tt Hoërskool DurbanvilleHoërskool Durbanville is die nasionale wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met FRAGMENT. Hulle wenpersentasie was 94,48%. Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.

’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners, wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie dit gedoen het, of om watter rede nie. Vrees, spanning, vooroordele en verdagmakery plaas groot druk op alle verhoudings in die oënskynlik vreedsame gemeenskappie.

Voor die oë van die gehoor raak die dorpie ’n vertoonvenster van enige gemeenskap wat bestaan uit die brose en gefragmenteerde samestelling van gesinsverhoudings, werk, vriendekringe, skool-, kerk- en kultuurgroepe.

FRAGMENT se regisseurs, Jan Burger en Amelia van Wyk, is aangewys as die beste regisseurs, Ruan Potgieter as die beste beligtingsoperateur en FRAGMENT het ook die toekenning ontvang as beste ensemblewerk. Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is Cailin Aylward wat die rol van Karla du Preez in FRAGMENT vertolk het. Die toekenning van beste aktrise in ’n hoofrol is boonop gedeel deur twee uitstaande spelers: Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT en Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie.

tt Die maan val bewusteloos

Met 94,25% is die naaswenner Hoërskool Jan van Riebeeck met Die maan val bewusteloos. Daar was slegs ’n 0,23% verskil tussen die wenner en naaswenner. As naaswenners ontvang Hoërskool Jan van Riebeeck R20 000 in prysgeld. Die produksie is ook beloon met die toekenning vir die beste algehele tegniese aspekte.

tt Annatjie

Die derde plek, met 91,47%, het gegaan aan Dis, ek Annatjie van Hoërskool Bergrivier. Die toneelgroep ontvang R10 000 prysgeld. James-Dean Davids is ook as die beste klankoperateur aangewys en Neville Albertus as die beste akteur in ’n ondersteunende rol.

Hoërskool Tygerberg se In Kleur het vierde geëindig en dié skool se ander produksie, Die Staat teen Sara het in die vyfde plek geëindig.

Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders in 181 produksies het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. Dié toneelstukke is tydens elf streeksfeeste beoordeel en sestien toneelgeselskappe het hierdie week hul bes, en meer, gegee tydens die finaal wat vir die tiende keer tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied is. Die doel van die oudste projek van die ATKV is om ’n liefde vir Afrikaanse toneel by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.

LitNet het vroeër ’n lys van al die finaliste gepubliseer. Klik hier.

Die beoordelaars tydens die finaal was André Stolz, Crystal Donna Roberts, Ira Blanckenberg, Karin van der Laag, Pedro Kruger, Tara Louise Notcutt en Woutrine Theron.

Nominasies en wenners van die individuele pryse

Vanjaar is die beste klankoperateur James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier. Die nominasies was:

  • Christi Olivier van Potchefstroom Gimnasium
  • Franco Rossouw van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier
  • Luka Ferreira van Paul Roos Gimnasium
  • Morné Smith van Hoërskool Tygerberg

Vir sy uitsonderlike werk is Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville aangewys as die die beste beligtingsoperateur: Die nominasies was:

  • Anelda Price van Hoërskool Tygerberg
  • Dylan Engelbrecht van Hoërskool Tygerberg
  • Joshua Bodenstein van Paul Roos Gimnasium
  • Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville
  • Tyron Hendriks van Hoërskool Bergrivier

Die beste verhoogbestuurder is Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die nominasies was:

  • Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
  • Nicolene Potgieter van Hoërskool Durbanville
  • Adele van Doorn van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • Ruan de Beer van Paul Roos Gimnasium
  • Wesley September van Hoërskool Bergrivier

Vir die ontwerp én bogemiddelde uitvoering van alle tegniese aspekte wen Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos. Die nominasies vir die beste hantering van tegniese aspekte was:

  • Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos
  • Hoërskool Tygerberg vir Die Staat teen Sara
  • Hoërskool Bergrivier vir Dis ek, Annatjie
  • Hoërskool Durbanville vir FRAGMENT
  • Hoërskool Tygerberg vir In Kleur

FRAGMENT van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste ensemblewerk. Die nominasies was:

  • Die maan val bewusteloos van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • Dis ek, Annatjie van Hoërskool Bergrivier
  • FRAGMENT van Hoërskool Durbanville
  • In Kleur van Hoërskool Tygerberg
  • Vlug van Paul Roos Gimnasium

Anjoné de Jager van Hoërskool Ben Viljoen is aangewys as die mees belowende speler in ’n rol deur ’n meisie gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2016. Die nominasies was:

  • Anjoné de Jager as Mienkie in Hoërskool Ben Viljoen se Kom saam met my
  • Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Jamie-Lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie

Leroux van Diemen, vir sy spel in Onnies, wen die prys vir mees belowende speler in ’n rol deur ’n seun. Die nominasies was:

  • Leroux van Diemen van Die Hoërskool Menlopark in die Afrikaanse Hoër Meisieskool se Onnies
  • Thomas Winter as Hermann in Paul Roos Gimnasium se Vlug
  • Zinedine Manus as die pienk speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur

Cailin Aylward van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Die nominasies was:

  • Amke Grootboom as Ma 1 in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Bernice van der Westhuizen as pop 3 in Hoërskool Rustenburg se La Plastique
  • Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Helen Stander vir verskeie rolle in Hoërskool Waterkloof se Wetters
  • Maja Smith as Aisha Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT

Neville Albertus van Hoërskool Bergrivier wen beste akteur in ’n ondersteunende rol. Die nominasies was:

  • Andrew de Jager as Rahim Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Hanno Janse van Vuuren as die kêrel in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
  • Ludick Bezuidenhout as Winand de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Neville Albertus as Uncle Danny en Daddy in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Nicholas van Huysteen as die oupa in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos

Die toekenning vir beste aktrise word hierdie jaar gedeel deur twee uitstaande aktrises: Jamie-lee Morkel van Hoërskool Bergrivier en Nienke Geldenhuys van Hoërskool Durbanville. Die nominasies vir beste aktrise in ’n hoofrol was:

  • Alexa le Roux as Leanda du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Marlenke Scholtz as Susan van Vuuren in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Nancia Dorland as die meisie van Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
  • Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT

Hardus van Staden van Paul Roos Gimnasium is aangewys as die beste akteur in ’n hoofrol: Die nominasies was:

  • Ben Blignaut as Tiaan in Hoërskool Zwartkop se Rympatroon
  • Hardus van Staden as Beer in Paul Roos Gimnasium se Vlug
  • Jay-D Sanderson as die geel speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur
  • Leroux van Diemen vir verskeie rolle in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Onnies
  • Luke White as Dolf in Paul Roos Gimnasium se Vlug

Die beste regisseurs van 2016 is Jan Burger en Amelia van Wyk vir FRAGMENT. Die nominasies vir beste regisseur was:

  • Alicia Dreyer en Pieter Nel vir Hoërskool Tygerberg se In Kleur
  • Alma Nel vir Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Jan Burger en Amelia van Wyk vir Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Marguerite du Bois vir Hoërskool Tygerberg se Die Staat teen Sara
  • Nico Scheepers vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos

Die prys vir nuwe tekste

Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek aan, asook die daarstelling van goeie opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Negentig nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2015 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster, Ilne Fourie en Ilse Oppelt beoordeel om die Beste Nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal.

In die derde plek is Nico Scheepers vir Jaarblad. Hy ontvang ’n brons ATKV-erepenning en R1 000 prysgeld.

Die naaswenner is André Gerber vir die samestelling van vyf: ’n dokumentêr – ’n verbatimteks waarmee die Hoër Meisieskool Bloemhof verlede jaar die ATKV-Tienertoneelkompetisie gewen het. Hy ontvang ’n silwer ATKV-erepenning en R3 000 prysgeld; vyf: ’n dokumentêr was ook vroeër vanjaar tydens die KKNK te sien.

Die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks word hierdie jaar toegeken aan Johann Smith vir Hospitaner. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.

*

Fotografie deur Annemarie Wichmann van Zoë Photography.

The post ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae appeared first on LitNet.

Resensie: ATKV se Filmverse 2 spreek beelde

$
0
0

Filmmakers kyk al sedert die beginjare van die rolprentkuns na die digkuns vir inspirasie, en meer as net 'n handvol van die mees geliefkoosde films spruit uit digterspenne. Orson Welles meen dat 'n film nooit werklik goed is tensy die kamera die oog in die kop van 'n digter is nie. In 1958 skryf Welles van die film se afhanklikheid van die digkuns en beklemtoon die gehoor se inherente verstaan van poësie: “Without poets, the vocabulary of the film would be far too limited ever to make a true appeal to the public. The equivalent of a babble of infants would not sell many seats. If the cinema had never been fashioned by poetry, it would have remained no more than a mechanical curiosity, occasionally on view like a stuffed whale.”[1]

Die rolprentkuns se verhouding met poësie lewer dikwels fantastiese speelfilms wat spog met die filmmedium én met die gedig as bron daarvan. Ek dink byvoorbeeld aan die Coen-broers se O Brother, where art thou? (2000) wat deur Homeros se epos Odysseus geïnspireer is. Die film is 'n meesterklas in filmnarratief wat net genoeg aan die klassieke gedig ontleen om te wys dat die metafore daarin teenwoordig vandag steeds relevant is.[2]

Die ATKV se Filmverse 2 volg in dié tradisie en belig nie net die kern van die kortfilmgenre en die digkuns nie, maar ook die animasiekuns. Nes met die eerste Filmverse-projek het 'n dosyn animasiekunstenaars verskeie Afrikaanse gedigte met uiteenlopende media in kortfilmformaat uitgebeeld. Die gekose digters sluit gekanoniseerde en eietydse stemme in – die bloemlesing bied 'n lukrake oorsig van die Afrikaanse digkuns wat strek van DJ Opperman tot Nathan Trantraal. Soortgelyk is die animasiekunstenaars wat aan die projek deelgeneem het, beide gesoute kunstenaars en nuutkommers tot die veld. Elke kortfilm is 'n interpretasie van 'n gedig, 'n storie op sy eie en 'n venster op die wêreld van eersteklas animasiekuns. Sommige animasiefilms is letterlike uitbeeldings van die gekose gedig, terwyl ander weer abstrakte interpretasies daarvan is. Dit is wel die impak wat die projek in sy geheel skep wat jou laat regop sit.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, noem dat die ATKV Suid-Afrikaanse diversiteit wil bewerkstellig en dat Filmverse Afrikaanse digkuns deur middel van animasie meer toeganklik wil maak.[3] Daarom bied Filmverse 2 jou die opsie om na die klankbaan in Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sotho te luister.

Uit die staanspoor is die moontlikhede wat die Filmverse-DVD vir klaskamergebruik inhou, byna legio. Dit is nie net die visuele uitbeelding van (party) abstrakte gedigte wat 'n nuttige hulpbron vir die taalopvoeder is nie, maar ook die feit dat die gedigte buite 'n Afrikaanse konteks vir opvoedkundige doeleindes ingespan kan word. In hierdie opsig kan die Afrikaanse gedigte in 'n breër konteks as Suid-Afrikaanse gedigte bestudeer en geniet word. Sodoende is Filmverse 2, soos Gouws ook uitlig, 'n ideale bemarkingsmiddel vir die Afrikaanse digkuns in al sy hoedanighede.

Hoewel die projek 'n positiewe impak op die meeste aanhangers van die dig-, animasie- en rolprentkuns sal hê – soos dit op my gehad het – is daar ruimte om fyner daarna te kyk. Die diverse media waarmee die animasiekunstenaars gewerk het, asook die konsepte waarop besluit is, getuig nie net van die hoëkaliber-kreatiwiteit waarmee die kunstenaars onderskeidelik spog en die bemeestering van hul onderskeie media nie, maar ook van die mate waarin die lees van 'n gedig op die interpretasie daarvan neerkom. Wanneer 'n literêre bron verfilm word, of gewoon wanneer 'n teks van een medium na 'n ander verwerk word, staar die verwerker die uitdaging van interpretasie in die gesig. Met betrekking tot die filmverwerkingsproses (in hierdie geval die verwerking van 'n gedig tot die kortfilmgenre soos uitgebeeld deur gekose media en animasietegnieke), en weens die visuele aard van die filmmedium, is die finale produk direk afhanklik van die verwerker se interpretasie van die gedig as bronteks. Die filmkyker sal uiteindelik sien wat die verwerker gesien het toe hy/sy die gedig gelees het. Dis hier waar die kyker versigtig moet trap en nie persoonlike nosies van “reg” of “verkeerd” aan die film koppel nie, wat op 'n enkele “korrekte” lees van die gedig sou dui.

Die idee is nie om vas te stel of die animasiekunstenaar daarin geslaag het om byvoorbeeld 'n gedig soos Eybers se “Busrit in die aand” “korrek” vir die skerm vertaal het nie. Dit is ook nie die animasiekunstenaar se taak om 'n “korrekte” interpretasie daarvan na te streef nie. Soos elke leser 'n gedig moontlik anders kan interpreteer, sal verskillende animasiekunstenaars dieselfde gedig ook vanuit 'n ander hoek benader.[4] Uiteindelik is die doel van só 'n projek om te kyk hoe twee kunsvorme in 'n simbiotiese verhouding saam funksioneer om 'n nuwe teks, die animasiefilm, te skep.

Ek is daarin geïnteresseerd of die animasiefilm as interpretasie van die gedig die essensie daarvan behou, of dit daarop uitbrei of selfs nuwe lewe daaraan gee. Die besef van hoe een kunstenaar oor 'n ander se werk dink en hoe met die verskillende media gespeel word, is wat my opgewonde maak oor só 'n projek – des te meer as daar met die Afrikaanse letterkunde gespeel word. Is die animasiefilm 'n letterlike ? uitbeelding van die gedig? Hoe gemaak met poëtiese elemente soos metafore? Dit is immers vrae soos hierdie wat die geïnteresseerde poësieleser sal stel.

Slegs twee animasiefilms uit Filmverse 2 word kortliks as voorbeelde bespreek vanweë die klem wat hulle albei op die animasiekuns én op die gekose gedigte plaas.

In Jeanne Goosen se “My mamma is bossies” vertel die spreker van haar onperfekte ma: 'n alledaagse vrou wat mooi in haar eenvoud is. Hoewel die ma-karakter as eenvoudig geskets word, is sy 'n komplekse karakter wat die rol van 'n ma vertolk terwyl haar drome begrawe lê. Dan ook suggereer die titel en die herhaalde eerste reël van elke strofe dat sy “bossies” is. Die gedig lui:

My mamma is bossies
uit haar een oog huil sy Puccini
uit die ander oog betig sy my
snags kweel sy: Bedaar, my kind, bedaar
môre kry jy van soetpap en melk

My mamma is bossies
la sona molto felice, sing sy
en pak haar kaarte uit
Hoe mooi is sy nie
sy met haar hare soos pruimedante
my bossiesma met haar taai drome
en onverwagte uitgelatenheid.

My mamma is bossies
Sy is dood nou
ingeweef in die familietapisserie
Sy jaag haar ganse strandlangs
met 'n dun swepie aan
Sy draai om, sien my
my agterstevoorkind, sê sy
mag dit goed gaan met jou.
         (Uit: Versindaba, 2007)

Daar is talle aspekte wat die animasiekunstenaar in gedagte moet hou ten einde 'n bepaalde effek op die skerm te skep, onder meer die gedig as bronteks, die medium(s) waarin gewerk word en ook die filmmedium. Naomi van Niekerk, animeerder van Goosen se “My mamma is bossies”, werk met sandanimasie. Beelde word met sand op 'n ligboks geteken en afgeneem, met 'n effense verandering aan elke raampie om beweging te skep, en dít teen tien raampies per sekonde.[5] Dit is interessant dat Van Niekerk noem dat ooglopende “foutjies” in die animasiefilm – byvoorbeeld as die kamera die ligtafel stamp en die beeld effe spring – by die ma-karakter se imperfeksies pas.[6] Dit is sulke “imperfeksies”, om Van Niekerk se term te gebruik, wat positief bydra tot die finale produk omdat dit deel is van die kunstenaar se vingerafdruk op die lees van die gedig. Dit maak ook die kykervaring soveel meer interessant.

In die film wissel huishoudelike tonele van een dag na die ander terwyl Puccini se “O mio babbino caro” speel, wat, soos Van Niekerk noem, 'n groot bydrae lewer tot die toon en emosie van die prent.[7] Haar uitbeelding van die eenvoud van die ma-karakter is treffend: geskoei in pantoffels, met krullers in die hare, speel sy kaart by die kombuistafel. Sy luister Puccini terwyl die hond huil, breek borde in frustrasie en lê snags en huil. Hierdie is beelde van eenvoud, maar ook van 'n vrou wat hartseer en frustrasie in haar eenvoud ervaar. Tog is dit die gebruik van sandanimasie as medium wat dieper in die gedig delf: sand waai weg; mense gaan dood. Die spreker sê uiteindelik dat haar ma oorlede is, dat sy “ingeweef [is] in die familietapisserie”, wat onder andere dui op temas van familiebande en verlies. Die film is getrou aan hierdie temas, veral in een van die laaste tonele wanneer die ma-karakter vir 'n oomblik terugkyk na die spreker en sê “my agterstevoorkind [...]/ mag dit goed gaan met jou” (strofe 3) en dan oplos – soos sand wat wegwaai. Hierin vind die toon en emosie wat deur die gedig gekommunikeer word, uiting op die skerm, met die tydelikheid van die mens wat visueel gesimboliseer word.

Van Niekerk se interpretasie van die gedig is 'n goeie voorbeeld van hoe die animasiekuns en poësie gekombineer kan word om 'n komplete ? kortfilm te skep. Die teks verskaf konteks terwyl die visuele gegewens daarop uitbrei. Van Niekerk se visuele interpretasie is veral getrou aan die “oop” gedeeltes in die lees van die gedig – die gedeeltes wat oop is vir interpretasie. Dit is hierdie oop gedeeltes wat poësie so treffend kan maak. Die animasiefilm lewer byvoorbeeld nie antwoorde op 'n vraag soos “Waarom is die spreker se ma bossies?” nie, maar fokus eerder op die toon en emosie van die gedig. My mamma is bossies is 'n treffende animasiefilm.

Skermgrepe geneem uit Naomi van Niekerk se animasiefilm My mamma is bossies (Filmverse 2, 2016)

'n Tweede treffende animasiefilm is Jac en Wessel Hamman se interpretasie van DJ Opperman se bekende “Stad in die mis”. Opperman se gedig is ryk aan spanning en 'n donker, onheilspellende atmosfeer wat heers oor die stadbeskrywing. In die gedig word die stadsruimte metafories vergelyk met 'n dierlike monster wat wag op sy prooi.

Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip 'n dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke van die strate blink
sy oë bloedbelope,
en met sy hap sluit staal op staal.
      (Uit: Heilige Beeste, 1945)

Jac en Wessel Hamman, die animasiekunstenaars, het gekies dat die beskrywende aard van die gedig hulle interpretasie en konsep lei. Hulle verduidelik dat hulle 'n illustratiewe benadering gekies het weens die beskrywende aard van die vers.[8] Die film is 'n letterlike uitbeelding van die beskrywing in die gedig en volg 'n liniêre narratief waarin die filmkarakter (die gedig se spreker) gespanne in die stad ronddwaal en hom byna hallusinerend verbeel dat die stadsruimte monsteragtig en bloeddorstig daarop uit is om hom te vang. Mistige beelde van kronkelende snelweë verander in die kronkellyf van 'n slang en 'n brug se pote (“pilare-pote”) word vir 'n oomblik met ysterkloue aan verbeel. Die klimaks wat in die laaste reël van die gedig gevind word, sinspeel op die brutaliteit van die stad en word soortgelyk in die film uitgebeeld met 'n stel ysterkake wat met 'n slag toeklap terwyl die karakter toekyk, of moontlik in die slag bly.

Tesame met die gedig se rykdom aan beskrywing, dra allitererende klanke ook by tot die skep van die gespanne atmosfeer en toon, byvoorbeeld die herhaling van die s-klank in woorde soos “gespanne spier”, “mis”, “sluip”, “duisternis”, “sluit staal op staal”. Verdere klankassosiasies word onder andere gevind in die reëls “ek hoor hom knor en in oop mote/ waggel sy pilare-pote/ en sy kantelende rug metaal.” Die pa-en-seun-span se animasiefilm is veral getrou aan die toon van die gedig en het gekies om die voorlesing (deur Chris van Niekerk) van die visuele uitbeelding te skei. Hierdeur word die sterk visuele aard van die gedig beklemtoon. Effektiewe gebruik van klank om die visuele interpretasie te steun speel ook 'n groot rol hierin en is ook getrou aan die gedig se klankrykheid. Uiteindelik is slegs 'n stadsbeeld van wolkekrabbers en hyskrane in die mis sigbaar terwyl die gedig voorgelees word. Terwyl die kragtige impak van die visuele vertelling nog in die gedagtes maal, kan 'n mens nie anders as om op te let hoe angswekkend Opperman se stadsbeskrywing is nie. Met beide die visuele uitbeelding van die animasiefilm en die voorlesing van die gedig verstaan die kyker die karakter/spreker se angs en vrese omtrent die stad: dis 'n vrees wat iedereen ken. Hierdie skeiding van die visuele en die voorlesing is veral effektief omdat dit die visuele medium se mag om jou vasgenael te hou, beklemtoon, maar so ook die beskrywende mag van die gedig.

Jac en Wessel Hamman se film is nog 'n goeie voorbeeld van hoe visuele kuns en poësie mekaar kan aanvul en uitbrei. Die stadsruimte wat Opperman in 1945 geskets het, word byvoorbeeld in die visuele vertolking daarvan in die hede geplaas, wat die angs omtrent Opperman se stadsbeskrywing as 'n universele beklemtoon. Die animasiefilm is verder ook 'n goeie voorbeeld van hoe 'n film literêre metafore kan uitbeeld sonder om die intensie en krag van die metafoor te verloor.

Skermgrepe uit Jac en Wessel Hamman se animasiefilm Stad in die mis (Filmverse 2, 2016)

Dit is nie net bogenoemde twee voorbeelde wat spog met die meesterlike samekoms van animasie- en digkuns nie. Al 12 gekose gedigte en die mate waarin dit geanimeer is, is 'n hupstoot vir beide die animasiekuns en die digkuns, wat nuwe generasies van kunstenaars en skrywers sal aanwakker tot die potensiaal wat die Suid-Afrikaanse kunste inhou. Uiteindelik maak die mate waarin die gedigte vir die animasiekortfilms interpreteer is, nie saak nie, maar eerder dát visuele kunstenaars – beide kenners en nuwelinge in die veld – die Afrikaanse digkuns so hoog ag dat hulle hul talente daarop spandeer. Die ATKV se motivering met die projek om Afrikaanse poësie en die animasiekuns te bevorder, verdien daarom ook 'n luide applous.

Diek Grobler, kreatiewe regisseur van die Filmverse-projek, noem dat die projek ten doel het om “'n forum vir onafhanklike animasie in Suid-Afrika te skep; om Afrikaanse poësie meer sigbaar en toeganklik te maak” en om “Afrikaanse animasiefilms van internasionale gehalte te maak”[9]. Met die aantal pryse wat die projek op plaaslike kunstefeeste ingepalm het, asook die internasionale erkenning wat van die animasiekunstenaars al verwerf het, is hulle beslis op die regte spoor. Mag daar nog talle projekte onder dié vaandel verskyn.

[1] Orson Welles on the use of wide screen processes. 2007. [Intyds] Beskikbaar: http://www.wellesnet.com/orson-welles-on-wide-screen-processes (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

[2] Kyk byvoorbeeld na die toneel waar Ulysses Everett McGill (George Clooney) en sy makkers deur sirenesang verlei word. (Skakel na toneel: https://www.youtube.com/watch?v=Amps6EVfB00.)

[3] Filmverse 2-boekie (2016:6).

[4] ‘n Insiggewende TEDed-eksperiment van drie animasiekunstenaars se interpretasies van 'n Walt Whitman-gedig toon die verskil wat die animasiekunstenaars se onderskeie interpretasies van dieselfde gedig op die uiteindelike film het. Die films kan hier gekyk word: http://ed.ted.com/lessons/a-poetic-experiment-walt-whitman-interpreted-by-three-animators-justin-moore.

[5] Filmverse 2-boekie (2016:9).

[6] Filmverse 2-boekie (2016:9).

[7] Filmverse 2-boekie (2016:9).

[8] Filmverse 2-boekie (2016:13).

[9] ATKV Filmvers 2 boekie (2016:7)

The post Resensie: ATKV se Filmverse 2 spreek beelde appeared first on LitNet.

ATKV-Spelathon: SPEL weer terug in spelling

$
0
0

Om te spel is harde werk. Om mense dop te hou in ’n landswye finaal terwyl hulle spel, is verskriklik spannend. Die ATKV het aan die begin van Oktober twee spelkompetisies gehou vir leerders; en vir die spanningsvrate wat wou kom kyk.

Die eerste finaal, vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal, is op 1 Oktober gehou en die tweede, vir Afrikaans as Huistaal, op 8 Oktober. Tydens dié kompetisies het die wenners van al die provinsiale kompetisies by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview bymekaar gekom.

Prof. Gerhard van Huyssteen, van die Op die Spel-faam, het tydens elke geleentheid as vraesteller opgetree en het die deelnemers met sy kenmerkende, humoristiese aanslag vinnig op hulle gemak gestel.

René Zietsman was projekorganiseerder van die ATKV en Daniëlla van Heerden, van eNuus, was die seremoniemeester.

Afrikaans as Eerste Addisionele Taal

“Hierdie spelkompetisie het weer die SPEL in spelling vir tweede- en selfde derdetaalsprekers van Afrikaans teruggesit,” sê René Zietsman. “Daar is ʼn verskil tussen verassing en verrassing en ons ATKV-Spelathon-deelnemers het duidelik gewys hulle ken die verskil.”

Bianca Stark, Kayla Stroud en Bianca Gouws

Bianca Stark, Kayla Stroud en Bianca Gouws

Ná heelwat taai rondtes en woorde soos maatreël, ammunisie, heffings, deurkosyn en heildronk, wat die deelnemers gepootjie het, het Kayla Stroud van Pretoria High School for Girls as wenner uit die stryd getree in die graad 9-afdeling, gevolg deur Bianca Gouws van Hoërskool Pearson in die Oos-Kaap. Bianca Stark van Cambridge Academy in Mpumalanga was in die derde plek.

Amirah Gabru, Abigail van der Mescht en Christian Schmidt

Amirah Gabru, Abigail van der Mescht en Christian Schmidt

In die graad 10-afdeling het Abigail van der Mescht van Westering High School in die Oos-Kaap gewen toe sy amputasieproses korrek spel, met Christian Schmidt van Stanford Lake College in Limpopo in die tweede plek nadat hy ammunisievoorraad verkeerd gespel het. Amirah Gabru van Rhenish Girls High School in die Wes-Kaap het die derde plek behaal. In hierdie afdeling moes die deelnemers woorde soos kroonarend, koëffisiënt, lewensoriëntering, aantyging en belastingbetalers spel.

Daniëlla van Heerden, die seremoniemeester, het die deelnemers, ouers en onderwysers bedank vir die harde werk en tyd wat hulle aan die leer van die spelwoorde afgestaan het. Van Heerden het hulle verseker dat hulle eendag nog baie dankbaar gaan wees vir kompetisies soos die Spelathon.

Afrikaans as Huistaal

“Die huistaaldeelnemers aan die ATKV-Spelathonkompetisie kán spel,” sê René Zietsman. “Hierdie deelnemers skrik nie vir woorde soos Nederfrankies of ingelegdevrugteblik nie.”

Elizette de Jager, Nadia Havenga en David Conradie

Elizette de Jager, Nadia Havenga en David Conradie

Op 8 Oktober het die Vrystaters met die louere weggestap in die graad 9-afdeling. Woorde soos Chile, chiropraktisyn, calvinisme, en ghwarrieboom het die teenstanders van die twee Vrystaters, Nadia Havenga van Hoërskool Sentraal (in die eerste plek) en David Conradie van Hoërskool Bultfontein (in die tweede plek), behoorlik laat les opsê. Elizette de Jager van Hoërskool Ferrum in KwaZulu-Natal het derde gekom.

Gina-Mari Steyn, Miché Nel en Claudia Olivier

Gina-Mari Steyn, Miché Nel en Claudia Olivier

In die graad 10-afdeling het Miché Nel van die Hoërskool Sentraal in die Vrystaat eerste gekom nadat Gina-Mari Steyn (tweede plek) van die Paarl Gimnasium in die Wes-Kaap en Claudia Olivier (derde plek) van Hoërskool Lydenburg in Mpumalanga die woorde Walliesers en Engelse kanaal verkeerd gespel het.

Die seremoniemeester, Daniëlla van Heerden, het aan die einde van die kompetisie gesê die eindrondtes van die Spelathon was só spannend, dat sy beslis ’n chiropraktisyn sou nodig hê om weer te ontspan.

Pryse

Buiten kontantpryse het die wenners ook elkeen vir hulle skole toegang tot die elektroniese Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gewen.

Taal as vermaak

Volgens Evelyn Ferreira, senior bestuurder: Taal van die ATKV, is die hoofdoel van die ATKV se taalafdeling om die Afrikaanse taal te bevorder. “Dit doen die ATKV deur middel van verskeie projekte waarvan die spelkompetisie, Spelathon, een is. Behalwe die opvoedkundige waarde van hierdie projek, het die gehoor ook met die vermaaklikheidswaarde daarvan kennis gemaak.”

Skakel gerus vir René Zietsman by 011 919 9094 of stuur ʼn e-pos na renez@atkv.org.za vir meer inligting hieroor.

Besoek ook die ATKV se webwerf vir meer inligting oor ATKV-Spelathon: https://www.atkv.org.za/Taal/Projekte/Spelathon

The post ATKV-Spelathon: SPEL weer terug in spelling appeared first on LitNet.

Kernontploffings, soutpotte en slaweskepe

$
0
0
Evelyn, Christo van Rensburg, Diana Ferrus, Anzil Kulsen, Hans du Plessis, Frazer Barry en Willem Fransman

Evelyn Ferreira, Christo van Rensburg, Diana Ferrus, Anzil Kulsen, Hans du Plessis, Frazer Barry en Willem Fransman

’n Dreigende kernoorlog, gesprekke oor soutpotte, die opdiep van slaweskepe en die vraag wie nou eintlik die eerste kletsrymers was: Adam Small of die Khoi met hulle kieries? Moet nooit dink taalkunde is vervelig nie. Jy het iets gemis as jy nie die oggend van 21 Oktober op Clanwilliam was nie.

Anzil Kulsen, ’n skrywer en projekorganiseerder by die ATKV, het vyf sprekers bymekaar gekry om te gesels oor die onderwerp: “Só kry ons Afrikaans en só lyk dit vandag”. Dié interessante taalerfenissimposium was deel van die Cederberg Rooiboskunstefees wat op Clanwilliam aangebied is. Daar is baie gelag, ’n bietjie lekker veglustig gestry, en meer as een traan is skelm weggevee terwyl Christo van Rensburg, Hans du Plessis, Diana Ferrus, die kletsrymer Frazer Barry en Willem Fransman die woord gevoer het.

Evelyn Ferreira (senior bestuurder: taal by die ATKV) was die gespreksleier. Hy sê Clanwilliam is gekies omdat interessante dialekte in daardie streek gepraat word.

Anzil Kulsen

Anzil Kulsen

“Die ATKV maak erns met ons Afrikaanse taalerfenis,” het Anzil Kulsen gesê toe sy inleidend gepraat het. “By die ATKV bou ons brûe, ons reik uit.”

Dit kom van ver

Afrikaans kom van ver. Christo van Rensburg was eerste aan die woord. Hy sê sy navorsing toon Afrikaans het reeds 400 jaar gelede ontstaan – vóór die koms van Jan van Riebeeck.

Prof. Christo van Rensburg

Christo van Rensburg

Van Rensburg stel baie in Afrikaans se dialekte belang. Sy navorsing lei hom toe na Afrikaans se geskiedenis, want van die taalvariante wat onlangs nog in plekke soos Namibië aangeteken is, word weerspieël in skeepslogs wat gemaak is toe die Khoi nog die enigste permanente inwoners van die Kaap was.

Mense is eintlik lui om ’n ander se taal te praat, sê hy, maar indien hulle mekaar nodig het, word die nodigste woorde vinnig aangeleer om kommunikasie moontlik te maak. Die matrose het water en vars kos nodig gehad. Die skepe het weer verskeie artikels, soos brood en beskuit, aan boord gehad wat die plaaslike inwoners nie geken het nie, en wat as ruilmiddels aangebied is. Die brood was ook maar droog – soos die beskuit. Die Khoi het dus ’n versamelnaam gemaak vir dié tipe kos: borokwa.

Ons weet ook vandag waarom hulle dit so genoem het, sê Van Rensburg.

Vir die Khoi was die klankkombinasie br- onbekend. Om ’n woord op -d te eindig, was ewe onbekend. Die word boro het dus ontstaan, want dit was maklik om uit spreek. Die -kwa is eweneens maklik om te verstaan; want dit is die aanduider van ’n versamelnaam.

So ontstaan een van Afrikaans se eerste woorde in die mond van Khoi: borokwa, die droë kos wat die matrose ruil vir vars kos.

Dié manier van die Khoi om versmalterme aan te dui met ’n agtervoegsel word vandag nog in Afrikaans gebruik. Ons praat van ons magoed of van pa-hulle. Wanneer iemand sê “pa-hulle”, in plaas van byvoorbeeld “pa en sy vriende”, is dit ’n direkte gevolg van dié versamelterme, iets wat ons by die Khoi geleer het; dit is ons moderne weergawe van -kwa.

Van Rensburg sê die matrose het weer baie gou die woord kierie geleer, ’n Khoi-woord, want die Khoi het hard onderhandel en het klaarblyklik redelik maklik gedreig wanneer hulle dink die matrose wou hulle verneuk.

Afrikaans is ook geneig woorde opeen te stapel. Dink aan die dorpie Leeugamka. Die Khoi-woord vir leeu is gam. Leeugamka is dus die leeu-leeu-plek.

Neem nou die woord geemare, wat in die 20ste eeu steeds in gebruik was. Dit is ’n mooi voorbeeld van opeenstapeling. Die agtervoegsel -re dui op ’n bevel, en ma is die Khoi woord vir gee. Wanneer die Khoi dus geemare” aan die matrose gesê het, was die betekenis gee-gee-dis ’n bevel.

Ons gebruik steeds dié soort konstruksies in moderne Afrikaans. Dink aan walvis. Die woord wal ken Afrikaans nie meer in sy oorspronklike vorm nie, maar ons ken die Engelse woord whale. Walvis is dus ’n opeenstapeling wat steeds alledaags in Afrikaans gebruik word.

Woorde is soos saad, sê Van Rensburg. Hulle lê oënskynlik dormant rond, tot ons aandag gee aan hulle. Sy boek So kry ons Afrikaans het ‘n aantal jaar gelede by LAPA Uitgewers verskyn. Daarin vertel hy heelwat meer oor die inheemse oorsprong van Afrikaans.

Wat van ’n nuwe Kodesa?

Hans du Plessis was volgende aan die woord. Sy gesprek was lekker uitdagend.

Prof. Hans du Plessis

Hans du Plessis

Om mee te begin, sê Du Plessis, wil hy dit onderstreep: Afrikaans is nie koloniaal nie, dit het in Afrika ontstaan vóór Van Riebeeck. Dié komvandaan van ons taal moet deel wees van Afrikaans se storie, want vir té lank was dit nie. Om dit bloot aan te hou sê in isolasie, help egter ook nie, want daar is baie mense, veral onder die jonger swart mense, wat wél aan Afrikaans as ’n koloniale taal dink en wat steeds die stigma van apartheid daaraan koppel.

Ons as Afrikaanssprekers moet dus gewoon ophou dink aan Afrikaans wat beskerm moet word net omdat dit ’n amptelike taal is. Afrikaans blom daar waar dit gebruik word – dink aan al die kunstefeeste waar Afrikaans gedy. Kyk ook na die groei in Afrikaanse boeke. Kla jy oor hoe min Afrikaans daar op die speserybotteltjies is wat jy in die winkel kan koop? Dan moet jy liewer trots wees op die uitstekende Afrikaanse resepteboeke wat elke jaar verskyn.

Blote wetgewing gaan Afrikaans nie red nie. Afrikaans is een van 11 amptelike tale en die regering sê tereg dat dit baie moeilik is om 11 tale gelyk te behandel; nou gebruik staatsinstellings dit as ’n verskoning om alles te verengels. Dít is ewe verkeerd, maar ons moenie die fout maak om te dink Engels is die vyand nie. Glad nie. Ons moet juis sê: En Engels. En Khoi. En gebaretaal. En Afrikaans. En Zoeloe. En Sotho.

Die jongmense is kwaad, hulle gooi klippe oor “colonisation”. Du Plessis sê hy verstaan dit. Vandag se studenteleiers het geen agting het vir Kodesa en die onderhandelings wat daar gebeur het nie. Hulle weet nie wat Kodesa voorafgegaan het nie en sien steeds net ongelykhede raak in die land.

Sy aanbeveling is dat die ATKV ’n nuwe Kodesa moet reël vir jongmense en dat veeltaligheid deel moet wees van daardie gesprek.

Hoe gaan dit werk? Ons moet dink oor die tale wat in sekere streke gepraat moet word. Ons as Afrikaanssprekers moet ook moeite doen vir die ander tale. Dan kan ons sê: Venda het geen grootse nut in die Wes-Kaap nie, maar ook het Afrikaans nie juis veel reikwydte in dele van KwaZulu-Natal nie. Ons moet dan hande vat om goeie moedertaalonderrig weer deel van ons samelewing te maak. Onthou, sê Du Plessis: die geveg is nie met Engels nie. Mense wat goeie opleiding kry, sal goed Engels praat. Ons lei egter tans ons mense op in slegte Engels, so bitter min van ons ekonomiese werksmag het die vermoë om goeie Engels te praat. Daarom moet ons as Afrikaanssprekers ook help dat die Khoi in hulle moedertaal moet kan skoolgaan. Ons moenie bloot net baklei vir Afrikaans nie; ons moet ophou om bloot die regering te blameer, want dit is Afrikaanssprekendes self wat hulle kinders in Engels grootmaak.

’n Kernbom met ’n kort lont

Frazer Barry van die groep Tribal Echo was die volgende spreker. Hy is benewens musikant ook komponis, liriekskrywer, musiekvervaardiger, sanger, kletsrymer, skrywer, digter, seremoniemeester, radiostemkunstenaar, televisieaanbieder en komponis van kenwysies.

Frazer Barry

Frazer Barry

Barry is baie trots dat hy sy voormense kan terugvoer na die Strandloper-Khoi, daarom is hy “aggressief” oor sy wortels, daarom skryf hy in Afrikaans. Hy wil sy eie mense se storie vertel – en daardie storie is nie Amerikaanse R&B nie.

Gaan terug na die erfenis van die Khoi en die strandloper en luister na hulle klanke, vertel hy graag vir jongmense. Gaan luister na die klanke van die smouse, wat Adam Small so mooi vasgevang het. Luister nou na die gadji’s in ons taxi’s. Dít is die taal van Afrika, dít is die woorde en die klanke wat hy wil gebruik om Afrika se storie te vertel, soos Adam Small dit ook gedoen het.

Wie was dus die eerste kletsrymer? Dit was Adam Small, sê Barry, want kletsrymers kan ’n hele situasie opsom in ’n gedig of lied; soos baie van Small se gedigte toon. Ter verduideliking sing Barry toe ’n eie liriek: “Hy druk die pen in my hare, maar die bloed is rooi in my are. Ek is mal oor jou Suid-Afrika.” Kyk net hoeveel geskiedenis lê opgesom in hierdie twee sinne, sê hy.

’n Deel van Barry se komvandaan is trots Khoi, maar sy van, Barry, is weer Iers; dit beteken “vernietiger”. Hy leef daardie deel van sy eie geskiedenis ook uit as hy met jongmense werk, want met sy werk en kuns wil hy die idee vernietig dat ons net in Amerikaans kan rymklets. Waar is ons eie stories en ons eie klanke?

Te veel mense dink jy kan net met Amerikaanse klanke musiek maak en gooi dan woorde soos nigger rond sonder om die konteks of volle betekenis daarvan te verstaan. As hy met jongmense werk, kom Barry soos ‘n kernontploffing op die diegene af wat die Amerikaanse leefstyl verheerlik; hy is amptelik op ’n missie om die VSA se houvas op rymklets te vernietig.          

Ek wil my oumagoed terughê

Willem Fransman het volgende die woord gevoer. Hy is ’n stigterslid en die nasionale voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging en werk tans by UWK as navorser, maar het ook al in feitlik alle genres gepubliseer. Fransman is veral bekend vir sy radiodramas.

Willem Fransman

Willem Fransman

Met radiodramas kan jy mense bymekaarbring, vertel hy. Afgeleë mense se stories word uitgesaai na ander afgeleë gemeenskappe toe, daarom het hy die storie van bedelaars, diegene op die periferie, vertel met sy wendrama Om te bedel is 'n kuns.

Om sy eie liefde vir die radiodrama te verduidelik, haal hy toe ’n gedig van André Boezak aan. In dié gedig vertel die spreker hoe hy en sy ouma radiodramas geluister het – die spreker onder die strykplank waarop sy ouma staan en stryk. “Ek wil my oumagoed terughê,” sê die spreker in Boezak se gedig.

Willem Fransman sê toe sy eie “oumagoed” is ewe belangrik. Dink aan skaapkop en vaal afval – dit is sy oumagoed daardie, al word dit deesdae in duur restaurante voorgesit. Dieselfde geld vir ons taal.

Skrywers is eintlik woedende lesers, sê Fransman. Op skool het hy die woede ervaar dat daar gewoon nie stories was oor seuns soos hy nie. Hy was lief vir lees, maar in die skool se biblioteek was daar net stories oor wit seuns. Hy het ook geleer van mense soos Wolraad Woltemade, maar nooit van helde wat uit sy oumagoed se gemeenskappe kom nie.

“Ek is ’n Suid-Afrikaner – al is ek bruin,” sê hy. “Ons moet oor ons eie werklikhede skryf. Dan almal se werklikhede saamgooi. Dit is erfenis.”

As Suid-Afrikaner is hy dus ewe trots op ’n gedig soos “Die gevalle Zoeloe-indoena” deur CM van den Heever, al vervang Fransman deesdae die woord meid met vrou as hy dit opvoer. Dit is ’n beeldskone gedig, en deel van ons erfenis.

Fransman dra dit toe voor. Menige traan is saggies weggepink terwyl hy besig was.

Oor Masbiekers en Saartjie Baartman

Diana Ferrus was die volgende spreker. Sy sê sy was nog nooit bang dat Afrikaans sal doodgaan nie, maar wel dat die sprekers daarvan binnekant sal doodgaan. Dit is waarom sy deesdae haar gedigte gebruik om met versoening te help.

Diana Ferrus

Diana Ferrus

Gedigte kan ons help om ons erfenis te verstaan, sê sy. Een deel van haar erfenis is haar pa wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het en toe gevange geneem is. Hy het daarna vir die res van sy lewe aan posttraumatiese stres gely. Vir haar was dit belangrik om haar pa se storie te gaan navors en sy is dus Pole toe om die konsentrasiekamp te gaan sien waar hy aangehou is.

Soms moet ’n mens veel verder terugkyk. Sy het byvoorbeeld ’n opdrag gekry om ’n gedig te skryf oor die slaweskip die São José, wat in 1794 met tussen 400 en 500 Mosambiekse slawe naby Clifton gesink het. Minstens 200 slawe het verdrink en die oorlewendes is summier hier aan die Kaap verkoop.

Ferrus sê dit het haar lank geneem om te verstaan hoe om die gedig aan te pak, tot sy onthou het dat haar voorsate, die Februwaries van Worcester, soms as die “Masbiekers” bekend gestaan het. Toe begin sy wonder: Kon van haar eie voormense dalk op daardie skip gewees het?

Ferrus is baie bekend vir haar gedig oor Saartjie Baartman se tuiskoms. Met haar woorde maak sy Baartman se reis deel van alle Suid-Afrikaners. ’n Aangedane gehoor het geluister hoe sy Saartjie namens ons almal huis toe nooi.

Die kerk en die losie is naas mekaar

Die organiseerders van Clanwilliam se Cederberg Rooiboskunstefees het goeie myle gekry uit die gesprek wat plaasgevind het in die restaurant Michael’s on Park. Dalk was dit per ongeluk, dalk was dit opsetlik, maar die milieu het iets van die oggend se gebeure weerspieël: Michael’s verkoop deesdae “huiskos”, maar die gebou was jare lank ’n Vrymesselaarslosie en is direk langs die Gereformeerde Kerk geleë – ’n goeie metafoor vir Afrikaans se diverse erfenis.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-Groep, saam met Hans du Plessis en Christo van Rensburg

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-Groep, saam met Hans du Plessis en Christo van Rensburg

Heel gepas is die oggend afgesluit met geelrys en bobotie wat daar in die toenmalige Vrymesselaarslosie voorberei en geniet is.

The post Kernontploffings, soutpotte en slaweskepe appeared first on LitNet.

Add a little bit of Palesa to it

$
0
0

16-10-14-muziqanto-8832

On Saturday, 24 September Palesa Malieloa unleashed a charm offensive to match her amazing vocal prowess. Shortly afterwards she was crowned the winner of ATKV-Muziqanto 2016; see LitNet’s photographs here.

This was her fourth consecutive attempt at ATKV-Muziqanto. In 2014 she reached the semi-finals, but was told that she might want to rethink her repertoire. “Make sure your repertoire matches your voice,” the judges told her. Palesa took that to heart.

In 2015 she moved to Cape Town. Hanna van Schalkwyk became her voice coach; together they selected the best songs for her voice.

What drove her to keep trying?

“I love the stage,” she told me. “I love an audience.”

It showed on the winning night.

Charming an entire audience

During her high school years Palesa was taught to look above the audience; not to engage. On 24 September she ignored that; she chose an audience member to sing to; she became the persona whose role she performed.

Palesa sang with her entire body.

This mere journalist experienced it. She seduced the entire audience with “Mein Herr Marquis, ein Mann wie Sie”, Adele's aria from Die Fledermaus by Johann Strauss. She flirted, she poked fun. She laughed. She became Adele.

Adele, a society girl, taunted Eisenstein, the “Herr Marquis” of the title, for mistaking her for his chambermaid. She teased and flirted with Eisenstein; she also chastised him. Palesa, who had no male lead to sing to, simply took on the audience and did just that – to every one of us.

Getting to know her characters

16-10-14-muziqanto-8829

About two weeks after she’d won the competition, we met in Kirstenbosch. She was dressed for walking in bright orange sneakers (chosen by her boyfriend). While she sipped a hot chocolate, I told her how much I had enjoyed the way she charmed everyone during her performance. How did she do it?

“Hard work.”

She always took time to study her characters. Obviously the music was important, but so too were the words and their meaning; that was how she could understand the persona she ought to portray on stage. Palesa had never had the opportunity to study acting, but her philosophy was simple: she worked hard until she could understand her roles enough to ask: “What would I do if I were in her position?”

While she was studying towards her career at North-West University (NWU) in Potchefstroom her voice coach, Conroy Cupido, introduced aria classes. There his students would sing an aria, and would discuss how best to perform their gestures. That, too, taught her a lot. Palesa also researched other singers. “I try to see what I like and what I don’t like. Then, also, what they do not do, so that I can add a little bit of Palesa to it.”

I immediately loved the phrase. She chuckled when I said so, but chipped in: “It is hard work.”

The hard work began paying off.

Her second song for the final of ATKV-Muziqanto was Massenet’s “Obéissons quand leur voix appelle” from Manon. One song in German, one in French. Does she know these languages?

No, she does not. “I have never had the opportunity to study languages. At Potch that would have been extra money and my dad was already putting in so much. I only had a partial bursary.”

How did she get the characters so spot on, then?

“The internet,” she said. She translated the libretto, made sure that she understood each word and matched each phrase with the right gestures.

That led to my next question: Her diction, how did she do that? I could distinguish every word she sang.

“It is hard work, I do not lie,” she answered. That phrase again. She paused, then said, “Good diction helps the voice too. You do not have to work the voice so hard.”

The meaning of silence

How did she select her songs?

“Mein Herr Marquis” allowed her to show off her vocal flexibility and her seductive acting, after which the Manon was rather demure, even though it, too, was a playful gavotte about being only 20 and full of joie de vivre. During those quiet moments she impressed me most. To be on stage with a full orchestra, and still to be completely audible while singing really, really quietly, was something that many others could not match. Palesa excelled.

She smiled. “Michael Dingaan, one of my mentors, told me there is meaning in silence too. And Hanna van Schalkwyk said even when I take a breath, it has to have meaning. It has to show the audience there is something coming.”

Sure, but how did she pull off the quiet notes? Those were impressive. Palesa paused, then said it was Hanna who had told her that she needed to trust an auditorium with good acoustics to carry her voice. “My job was merely to pronounce every single syllable to perfection.”

“Diction?” I smiled.

She nodded, then added: “She said I should spit out everything with as much joy as I could and not make unnecessary noise.”

“With a little bit of Palesa added to it?” I asked.

She laughed, seemingly happy that I took so much joy from her phrase.

Palesa does her own hair

Palesa does her own hair

Her background

Palesa hails from Kroonstad.

There were no opera schools, but there were choirs. “Church choirs, school choirs, community choirs – there were choirs for everything,” she told me with a chuckle.

Choir-singing allowed Palesa to discovered the power of her voice. “I loved how it sounded. I loved how my body worked. I loved the production of different notes and how my muscles reacted to perform each.”

Palesa, the youngest of three daughters, has an older sister whose voice was wonderfully suited to singing gospel, but Palesa soon realised her own was different. She excelled in the classical repertoire.

In high school she began doing solos, first with her school choir, and soon she also entered competitions on her own. During her matric year she heard that auditions were to be held in Kroonstad. That was where members of NWU’s School of Music heard her perform. They offered her a scholarship.

Palesa worked hard, partly because her father, then a member of the police, had to pay for everything the partial scholarship did not cover.

She entered several competitions. The Musicon, a competition based in the Free State, saw her taking first position in 2011 and second in 2012. In January 2013 she competed in the Amazwi Omzansi Africa competition, where she came fourth. She also participated in the University Talent Festival for three consecutive years.

Over the years she has worked with great teachers: Conroy Cupido, Erica Eloff, Barbara Hillmoore, Sally Burges, Njabulo Madlala and Bronwen Forbay have all been part of her past.

Palesa won the Music Bursary in 2011 and 2013, then scooped up the BA Merit Performance Bursary and the Annette Combrink Bursary, which helped her to travel to Oberlin, in the USA, where she took part in a concert and in master classes. She also sat in on singing lessons.

In 2015 Palesa became part of the Studio at Cape Town Opera, where she got the opportunity to work with Ean Smit and David Butlin as her vocal coaches. She signed up with Hanna van Schalkwyk, who still is her voice teacher.

With the Cape Town Opera she was invited to sing the chorus in Mozart’s Così fan tutte, which they performed at the Festival d'Aix en Provence and at the Edinburgh Festival in Scotland. There she received coaching from Susanna Eken, the head of voice at the Mozart academy, and from Nicolas Kruger, the assistant conductor.

Chasing her dreams

Time flew while we chatted.

After Palesa had finished her hot chocolate and I my coffee, we went walking in the gardens.

I asked her about Hanna van Schalkwyk, with whom she still sings.

“Hanna is amazing, just like a mother!” She described Hanna as caring and understanding, always asking about Palesa’s wellbeing, always willing to offer advice when asked for it. “She also knows when to be strict,” chuckled the pupil while we walked, “but she really works hard as a teacher and never rests until something good happens.”

We talked about Palesa’s parents and the sacrifices they had made to help their daughter reach her dreams.

“What are your dreams?” I asked as we walked.

“I wanna sing,” she said without hesitation. “I wanna be on stage. I love an audience. The bigger, obviously the better.”

She has recently gone freelance, a huge step for a young artist. Now she can chase bigger dreams and participate in more competitions. ATKV-Muziqanto has already opened doors for her. “People are now phoning me for gigs.”

We walked the Boomslang, that magnificent tree-top construction, and I snapped her looking regally over Cape Town: the diva ready seduce a city.

Purposefully I led her to the open-air stage in Kirstenbosch and asked her to pose on it.

16-10-14-muziqanto-8839

I snapped a picture of her looking triumphant against a cloudy sky.

Suddenly applause broke out behind me.

There they stood; a group of foreign tourists who had just had a little bit of Palesa added to their lives. They loved her; she did not even have to sing a note.

The post Add a little bit of Palesa to it appeared first on LitNet.

ATKV groet Nico Carstens

$
0
0

Nico Carstens, die bekende Suid-Afrikaanse musikant wie se vingers oor ’n trekklavier kon kotiljons, is Dinsdag op die ouderdom van 90 jaar oorlede.

Die basspeler Schalk Joubert het Dinsdagaand op sy Facebook-blad geskryf: “Vandag is ’n baie hartseerdag vir Suid-Afrikaanse musiek. Ons het pas een van ons reuse verloor. Vaarwel, Nico …”

Nico het meer as 90 albums opgeneem waarvan meer as 2 miljoen kopieë verkoop is. Hy het sy eerste trekklavier as 13-jarige gekry en het ses maande later ’n kompetisie vir volwassenes gewen. Hy het nooit weer teruggekyk nie en ongeveer 1200 liedjies geskryf.

Die ATKV wil sy medelye betoon aan familie en vriende van Nico Carstens in dié hartseertyd.

“Ons groet vandag ’n reus in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Nico Carstens was ’n legende in sy eie leeftyd,” sê Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep.

The post ATKV groet Nico Carstens appeared first on LitNet.


Jonk en trots Afrikaans

$
0
0

Amanda de Stadler

Afrikaanse studente en hoërskoolleerders is baie minder bekommerd oor die toekoms van die taal as die ouer geslag.

Leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch wat saam met studente en ander liefhebbers van Afrikaans deelgeneem het aan ’n gesprek oor Afrikaans, glo die taal is springlewendig mits dit toeganklik is vir almal.

Die organisasie Vriende van Afrikaans het die gesprek gereël as deel van ’n reeks van vyf gesprekke die afgelope jaar waartydens brandende kwessies soos rassisme en ook vrae soos "Waarom sit ek my kind in ’n Engelse skool?" en "Wat het ek vir Afrikaans gedoen?" hanteer is.

Ter afsluiting van die jaar se gesprekke het Vriende van Afrikaans by die jonger geslag gaan kers opsteek om te hoor wat die jeug van Afrikaans verwag, wat gedoen moet word om Afrikaans te laat groei en waarom Afrikaans behoue moet bly.

Danny Titus

Danny Titus, van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), wat die gesprek met die jongmense gefasiliteer het, sê daar bestaan ’n groot mark in die land om Afrikaans te laat groei ten spyte van die negatiewe persepsies wat daar by baie mense oor Afrikaans bestaan.

Hy het onder meer verwys na die groot aantal jong swart mense in die land wie se huistaal Afrikaans is en die groot aantal mense uit ander lande in Afrika wat graag Afrikaans aanleer as hulle in Suid-Afrika kom werk.

Volgens Titus het Afrikaans op verskeie gebiede ’n leierskapsrol om te speel wat ook ander Afrikatale kan help bemagtig.

Al die deelnemers aan die gesprek het hulle sterk uitgespreek ten gunste van moedertaalonderrig.

Mercia Kannemeyer

Mercia Kannemeyer, ’n derdejaarstudent in drama- en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch, sê dit is noodsaaklik dat al Afrikaans se vele gesigte erken en gevier word. “Afrikaans het verskeie variëteite en Afrikaanssprekers moet dit omarm en deel maak van hulle kultuur.”

Kannemeyer, wat Saterdae ook ’n gemeenskapsprogram op MFM 92.6 aanbied, sê haar belangstelling in Afrikaans is gegrond in die feit dat sy lief is vir haar moedertaal. “Dit is vir my baie opwindend dat daar soveel fasette aan Afrikaans is!”

Frederik van Dyk

’n Regstudent en voormalige voorsitter van die Adam Tas-studentevereniging vir Afrikaans, Frederik van Dyk, sê studente moet self eienaarskap van Afrikaans opeis.

Van Dyk, wat ook HK-lid is by Helshoogte-manskoshuis, sê as studente aan die Universiteit Stellenbosch self eienaarskap van Afrikaans opeis, dinge op die kampus aansienlik anders sou gelyk het.

Michael Jonas

Die hoof uitvoerende beampte van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, Michael Jonas, het gepleit dat Afrikaanssprekendes empatie en verdraagsaamheid aan die dag moet lê.

Hoe word mense in die Afrikaanse gemeenskap verwelkom? wou hy weet. “Is dit nie soms die hekwagters van Afrikaans wat so baklei wat dikwels die grootste skade aanrig nie?”

Hy sê daar moet maniere gevind word om Afrikaans in ’n veeltalige konteks so te bevorder dat daar by almal ’n liefde vir die taal gekweek word.

Jonas sê Engels is besig om by baie mense die taal van aspirasie te word. Dit kan teëgewerk word slegs as daar deur middel van lees- en ander projekte ’n liefde vir Afrikaans gekweek word wat die belangrikheid van moedertaalonderrig by Afrikaanse mense sal laat posvat.

Die vraag is hoe ons die diversiteit van Afrikaans se geskiedenis in ’n veeltalige konteks vier.

Verskeie deelnemers aan die gesprek het hulle uitgespreek ten gunste van veeltaligheid en die erkenning van diversiteit.

Vernita Beukes

Vernita Beukes, wat verantwoordelik is vir die onderrig van Afrikaans vir alle internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch, sê sy is passievol oor Afrikaans.

Sy sê baie van haar studente kom net vir ses maande Suid-Afrika toe, maar wil graag ’n basiese kennis van Afrikaans bemeester om die land se kultuurerfenis ten volle te ervaar. “Hoe meer tale jy ken hoe meer toeganklik is jy vir meer mense.”

Danie van Wyk

Danie van Wyk, ’n oudonderwyser, sê dit is belangrik dat die jeug eienaarskap van Afrikaans neem. Die jonger geslag moet ’n passie vir die taal ontwikkel. Hy sê daar is ’n wanpersepsie dat Afrikaans as onderrigtaal minder belangrik is. Dit sal ernstig aandag  moet ontvang.

Die meeste skole in Mitchells Plain is besig om heeltemal te verengels, maar volgens Van Wyk is die enkele skole waar Afrikaans nog die onderrigtaal is, se uitslae ’n bewys van die belangrikheid van moedertaalonderrig.

Liezel van Beek

Liezel van Beek, ’n jong entrepreneur wat onder andere sewe jaar lank skoolgehou het in die Ooste, sê mense wat omgee vir Afrikaans moet baie minder opinies hê en meer luister na ander mense se stories.

“Ons kan nie meer die reëls maak nie en moet die bagasie van die verlede afskud.”

Vriende van Afrikaans se bestuurder, Amanda de Stadler, sê die "grootmense" sal haar vergewe as sy sê die deelname van die studente en leerders was veral vir haar indrukwekkend en van groot belang.

De Stadler sê hulle hoop om in die toekoms meer van hierdie soort gesprekke te fasiliteer om groter begrip onder landsburgers te bewerkstellig.

Hierdie gespreksgeleenthede is strook met die Nasionale Ontwikkelingsplan se strewe na ’n sterk burgerlike gemeenskap wat selfstandig kan dink.

Vriende van Afrikaans het die afgelope jaar mense uit verskillende samelewingsfere en van verskillende ouderdomme genooi om te kom saamgesels oor Afrikaans.

 

Maryke van Schalkwyk

Ben Malan

Elin Swanepoel

René Cloete

16-10-30-atkv-vva-8497-kira-alberts

Kira Alberts

Christopher Banda

Gerda Odendaal

Adinda Vermaak

Benjamin Bock

Zian Blignaut

Jean Oosthuizen

Santjie van Vuuren

Andri Malan

16-10-30-atkv-vva-8482-robin-hendrikse

Robin Hendrikse

16-10-30-atkv-vva-8481-loraine-de-waal

Loraine de Waal

Nicola Bekker

Desmond Painter

Foto's: Izak de Vries

The post Jonk en trots Afrikaans appeared first on LitNet.

Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys

$
0
0

Seymour Bothman (foto: Izak de Vries)

Seymour Bothman is senior bestuurder van die ATKV se onderwysafdeling en het by ‘n onlangse geleentheid gesels oor die tema van die Global Education Monitoring vir 2017: Aanspreeklikheid in die onderwys. Wie se verantwoordelikheid is al die kinders in al die skole van hierdie land?

  1. Inleiding

Die omskrywing van aanspreeklikheid in die onderwys

“Aanspreeklikheid” is 'n term wat deur baie mense gebruik word, maar almal het nie dieselfde idee of definisie daarvan nie. Die idee van aanspreeklikheid is nie slegs 'n konsep wat tot die onderwys beperk is nie, maar word ook in ander sektore gebruik.

Die moniteringsverslag vir volhoubare doelwitte vir 2017 gaan op die volgende sleutelvrae fokus om die aanspreeklikheid van nasionale regerings aan te dui:

  • Wat is die grondslag en die evolusie van die begrip aanspreeklikheid in die onderwys?
  • Wat is die hoofvorme van aanspreeklikheid? Hoe het die vorme verander?
  • Wat is die rasionaal vir die verandering?
  • Wat is die gevolge (implikasies) ten opsigte van aanspreeklikheid in 'n globale onderwysomgewing?
  • Wat is die gevolge van aanspreeklikheidstelsels vir verskillende rolspelers, vlakke en sektore in die onderwys? Hoe verskil dit in verskillende lande?
  • Wat is die gevolge van die aanspreeklikheidsraamwerk van die openbare siening oor onderwys in die land?
  1. Hoofoogmerke van die verslag
  • Die tema van die Global Education Monitoring vir 2017 is "Aanspreeklikheid in Onderwys". As gevolg van ekonomiese druk en ingekorte begrotings is daar 'n sterk fokus op die onderwys van die gemarginaliseerde skoolgemeenskappe. Alle lande is aanspreeklik om te verseker dat alle landsburgers toegang tot gehalte-onderwys het.
  • Die hoofoogmerk van die moniteringsverslag is om vas te stel in welke mate nasionale regerings bygewerkte, betroubare en akkurate inligting aangaande vordering en verbintenis ten opsigte van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte kan verskaf.
  1. Internasionale en nasionale onderwysprentjie

Tydens die ATKV-onderwysafdeling se jaarlikse onderwyskonferensie in 2016 het Muavia Gallie aangetoon dat Suid-Afrika se beste leerders op dieselfde standaard as Singapoer se swakste leerders is. Die jongste navorsing dui aan dat 60% van die graad 4-leerders se lees en leesbegrip glad nie goed vergelyk met dié van hul oorsese eweknieë nie. Ook is dit onrusbarend dat 300 Suid-Afrikaanse onderwysers se leesvaardighede uiters power is. Navorsing toon aan dat van dié onderwysers se vaardighede swakker is as hulle leerders s'n.

Die South African and Eastern Consortium for Monitoring Educational Quality (SACMEQ) (2000- en 2007-data) toon aan dat Suid-Afrika swakker vaar as van die armste lande van Afrika. Van der Berg en ander is van mening dat Suid-Afrika veral swakker vaar in wiskunde en lees, ten spyte van die beter toegang tot leermateriaal.

In 2006 toon die Progress in International Reading Literacy Study-navorsing aan dat graad 5-leerders van Suid-Afrika die swakste presteer het uit 45 lande. Die meeste ander lande het hul graad 4-leerders getoets – lande wat deelgeneem het, is Iran, Marokko, Trinidad & Tobago, Indonesië en Macedonië. Volgens Nic Spaull, ‘n onderwysnavorser, het Suid-Afrika se leerders dieselfde as dié van Botswana gevaar, maar is Suid-Afrika se leerders volgens die 2011-studies drie jaar (2.9) agter hulle Colombiaanse eweknieë. Die Trends International Mathematics and Science- (TIMMS-) studies in 1995, 1999, 2002 en 2011 dui aan dat daar geen verbetering in graad 8 ten opsigte van wiskunde en wetenskap is nie.

  1. Twee leefwêrelde in Suid-Afrika

Volgens Roger Southall is ongelykhede onder apartheid in die onderwys versinnebeeld deur die minderwaardigheid van die destydse sogenaamde Bantoe-onderwys vir swart leerders. Die invoer van Afrikaans as onderrigmedium in swart skole was een van die oorsake van die opstande in Soweto in 1976.

Ná 1994 het alle leerders toegang tot openbare skole gehad. Inderdaad het alle kinders toegang tot skole, maar onderwyskenners is dit eens dat alle leerders nie toegang tot gehalte- en goeie onderwys het nie. Southall is van mening dat dit waarneembaar is dat die twee rykste en meer effektiewe administratiewe provinsies, Gauteng en die Wes-Kaap, beter in staat is om goeie onderwys te bied as die armer provinsies, byvoorbeeld Limpopo en die Oos-Kaap.

In ag genome die verandering na een onderwysstelsel is daar ook 'n ooreenkoms gesluit dat die beheer van skole die verantwoordelikheid van gekose ouers en personeel van die skool gaan wees. Dit is 'n edele idee en sluit nou aan by die ideologiese raamwerk van die Grondwet en die Nasionale Ontwikkelingsplan. Enersyds het dit gevolg gehad dat voormalige model C-skole hoër skoolgelde hef om gehalte-onderwys aan te bied, andersyds dat die staat meer fondse tot hul beskikking het om histories agtergestelde skole te ondersteun.

'n Mens vra jou af of die veranderde kurrikulum werklikwaar wesenlike verbeteringe vir die totale onderwysstelsel bewerkstellig het. Met die betrokkenheid van die onderwysafdeling van die ATKV is dit duidelik dat daar enkele minderbevoorregte skole is wat uitstekend op akademiese, kultuur en sportgebied vaar.

Behalwe bogenoemde ernstige tekortkominge is daar talle ander brandpunte waarop daar nie in fynere besonderhede uitgebrei gaan word nie, onder meer:

  • Die navorsing van die Universiteit Stellenbosch (US) wat daarop dui dat 60% leerders aan die einde van graad 4 se leesvermoëns, nie op peil is nie.
  • Die hoë uitsaksyfer wat veral in grade 9 en 10 toeneem.
  • Die invloed van onderwysunies – veral die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SADOU) – in onderwyssake. (Let wel: die onderwysunie kan nie blameer word vir al die gebreke in die onderwysstelsel nie.)
  • Onderpresterende skole se onderwysers se onderrigvaardighede en vakkundigheid is op peil nie.
  • Volgens amptelike bronne van die Departement Basiese Onderwys (DBO) verlaat 6 000 bekwame onderwysers die stelsel sedert 2009 op 'n jaarlikse basis. Die aantal onderwysers wat die onderwysstelsel verlaat, beteken dat die kundigheid en vaardighede in die meeste gevalle verlore gaan. Sedert 2011–2016 het 29 734 die onderwysprofessie verlaat.
  • Die fokus van die skoolkurrikulum is grotendeels om leerders vir die Jaarlikse Assesseringstoetse (beter bekend in die volksmond as die Annual National Assessments - ANA) voor te berei, waaraan die grondslagfase- en intermediêrefase-leerders van die laerskool deelneem.
  • Volgens Nic Spaull, ‘n onderwysnavorser van Research on Socio-Economic Policy (Resep), is daar slegs 25% skole wat goed presteer in Suid-Afrika.
  • Die onderwyspeil van drie provinsies, Limpopo, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, is kommerwekkend, en ná talle ingrypings sedert 1994 is daar nog geen noemenswaardige verbetering in die beheer- en bestuurstelsel van dié provinsies is nie.
  1. Slot

Dit is tans waarneembaar dat die aanspreeklikheid van sommige provinsiale departemente nie voldoen aan die hoofoogmerke van die moniteringverslag nie. Wat is die oplossing? Die ATKV, as deel van die burgerlike samelewing, is tans besig om in 800 skole gehalte-skoolbeheer en -bestuur te benadruk. Dit skep geleenthede om met die onderwysdepartement, ouers, leerders en onderwysers hande te neem.

The post Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys appeared first on LitNet.

Afrikaans vandag en môre

$
0
0

Hans du Plessis (foto: Izak de Vries)

Hierdie lesing is op 21 Oktober 2016 by die ATKV-simposium in Clanwilliam gelewer. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Een ding is seker: Afrikaans is allermins ’n koloniale erfenis. Dit is van huis uit Afrikaans.

Hierdie stelling word wetenskaplik ondersteun deur die jongste navorsing van taalkundiges, soos onder andere prof Christo van Rensburg in ’n verskeidenheid artikels wat oor die afgelope klompie jare in tydskrifte en boeke verskyn het. Dit is feite oor die Afrikaans van gister. Ek praat oor Afrikaans vandag en môre. Waar staan Afrikaans en waarheen is ons met dié erfenis op pad?

Afrikaans is vandag een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika, maar dit is net op papier. Die Suid-Afrikaanse taalwerklikheid lyk anders. Die elf amptelike tale wat in die Grondwet verskans word, is die gevolg van kompromieë. Dit was in die wording van ons demokrasie ’n kompromis ten einde botsende emosies oor taal te probeer versoen. Die probleem vandag is egter dat dit vernuftig misbruik word om van Engels die enigste de facto amptelike taal te maak deur die gebruik van drogargumente, soos dat almal mos Engels verstaan of dat jy tog nie al elf tale op ’n botteltjie sout kan gebruik nie. Daarom moet alles net Engels wees! Afrikaans moet leer om tussen ander tale te bestaan, is al as onvriendelike argument teen Afrikaans gebruik – asof Engels dit op enige plek op aarde geleer het!

Die vraag is vir my nie of Afrikaans vandag en môre tussen tien ander tale in Suid-Afrika gaan oorleef nie. Dit doen hy al vir meer as vierhonderd jaar! En dit is ook nie die eerste eeuwending dat ’n krisis vir Afrikaans op loer lê nie. Inteendeel, Afrikaans is gewoond daaraan om ’n krisis te oorleef.

Afrikaans, het Christo van Rensburg nou pas verduidelik, is ouer as die volksplanting. Dit is die klein reënboog in die groot Suid-Afrikaanse linguistiese reënboog en die prestasies van Afrikaans oor die afgelope byna vier eeue is indrukwekkend.

Die vraag waarom dit vandag vir my gaan, is nie wie die taal van buite bedreig nie, maar wat ons self van binne daarmee en daarvoor doen. Wat verkondig ’n Afrikaanse kultuurorganisasie soos die ATKV oor Afrikaans? Wat hoor ons kinders by hulle ouers en onderwysers oor die toekoms?

Ek het baie positiewe goed om oor Afrikaans te sê, ek is net nie oortuig dat die toekoms in die amptelikheid van Afrikaans lê nie! Toe Afrikaans geen amptelike status vóór 1925 gehad het nie, het hy floreer. Vandat Afrikaans in Namibië geen amptelike status meer het nie, gaan dit voor die wind met die taal. Die Afrikaanse boek of musiek het geen amptelike status nie, nog minder die hoogs suksesvolle kunstefeeste. Sonder amptelike status of ondersteuning floreer die produkte van die taal. Toe moedswillige Afrikaanse mense met een middernagtelike e-pos Aardklop tot niet wou maak, toe staan die fees binne vier maande weer op!

Ek is nie blind vir die gevaartekens nie, en ek hoef u nie te wys op die fel aanslag teen Afrikaans vanuit die korporatiewe sektor en vanuit verskeie politieke geledere en op alle vlakke van regering nie. Dit is daar vir enigeen om te sien. Die absolute ontkenning van Afrikaans as taal van die wetgewer, die reg, die onderwys en selfs die kerk, is duidelik. Dit is ook nie nodig om verder met u oor die verwoesting van Afrikaans in die korporatiewe wêreld te praat nie. Uitsprake soos dat personeel in nasionale en internasionale besighede nie met mekaar in Afrikaans mag kommunikeer nie, omdat dit dan kwansuis mense uitskakel, is algemeen.

Advertensies van bekende maatskappye met ’n groot Afrikaanse klantebasis is uitsluitlik in Engels al is hulle grootste koopkrag Afrikaans. Ek weet nie wanneer laas u op ’n kruiebotteltjie na ’n Afrikaanse naam op die etiket gesoek het nie, dit terwyl Afrikaanse resepteboeke die kook- en bakmark totaal oorheers.

Miskien is die heel ergste die Afrikaanse advertensies met die minagtende slotsin of dan trefsin in Engels!

My vraag is vandag egter nie wat politici en die korporatiewe napraters met Afrikaans gaan doen nie, maar wat ek en jy daarmee maak. As die toekoms van Afrikaans van politieke partye en dom adverteerders afhang, is dit omtrent net die VF+ en Virseker wat die moed het om net oor en in Afrikaans te praat.

Die punt is: Afrikaans is onder druk in Suid-Afrika, maar die sprekers se aandeel daaraan wil ek nie onderskat nie.

My vrees vir die toekoms van Afrikaans lê daarom nie buite die Afrikaanse gemeenskap nie! Was dit nie vir Afrikaanssprekendes nie, het Afrikaans ’n toekoms gehad. Vir my is daar van binne ten minste twee voorbeelde van die vernietiging van Afrikaans: Die Afrikaanse hoër onderwys en die Afrikaanse godsdiens! Daaroor, dink ek, moet ons reguit met mekaar praat. Miskien skuil die vrees vir die toekoms van Afrikaans in ons gebrek aan kommunikasie en selfvertroue. Dit skuil ook in ons gedienstigheid en in ’n selfvervaardigde taalstryd sonder ’n strategie. Daar is te veel van ons wat aktief probeer om alles in Engels te doen.

Soos predikers wat dink hulle kan die godsdiens net in ’n kortbroek en vrot Engels aan jongmense verkoop, in plaas daarvan om die evangelie te verkondig. Dit lyk al meer vir my of Afrikaans op tersiêre vlak nie vyande nodig het nie. Die De Viljees en die Jansens sorg sommer self vir die marginalisering van akademiese Afrikaans. Op die kuns- en kultuurgebied kelder ons sommer self ’n nasionale kunstefees met ’n enkele middernagtelike e-pos. Gelukkig laat ons dit sommer self met groot moeite en wonderbaarlike vernuf binne vier maande herleef.

Daar is met ander woorde tog die positiewe kant van Afrikaans vandag, soos byvoorbeeld die opbloei van die Afrikaanse boek, Afrikaans in die digitale wêreld of Afrikaans op kunstefeeste, Afrikaanse musiek, RSG en kykNET se kanale. Die ATKV!

Dit sal my seker vergewe word as ek die Afrikaanse boek as voorbeeld hier voorhou, nie net vanweë my subjektiwiteit nie, maar ook omdat die Afrikaanse boekbedryf een van die moderne wonders van Afrikaans is.

Ten spyte van ’n donker internasionale boekprentjie lyk die Afrikaanse boektoneel meer rooskleurig. Op grond van inligting van Marga Stoffer, uitgewersbestuurder by NB-uitgewers, is slegs 24% van boektitels wat gedurende 2004 in Suid-Afrika verkoop is, hier te lande uitgegee. Dié markaandeel het egter in 2014 tot 36% gestyg. Dit beteken dat Suid-Afrikaans geproduseerde boeke in dieselfde dekade van 9 000 tot ongeveer 16 000 gestyg het. Dit het binne 10 jaar dus amper verdubbel.

In ander syfers gestel: Waar boekhandelaars 10 jaar tevore net meer as 1½ miljoen Suid-Afrikaans vervaardigde boeke kon verkoop, het hulle in 2014 amper 3,6 miljoen Trots-Suid-Afrikaans-publikasies van die hand gesit.

Die opbloei van die Afrikaanse boek is bepaald nie die gryp van ’n verslane taalgemeenskap na die spreekwoordelike laaste strooihalm nie! Gegewens oor Afrikaanse boekverkope skets ’n gunstige prentjie, en dit bevestig net hoe lojaal Afrikaanssprekende lesers is.

In 2015 is daar 10,5 miljoen boeke in Suid-Afrika verkoop. Omtrent 80% hiervan was
niefiksie, soos biografieë, handboeke, boeke oor sport, selfdoenboeke, memoires, resepteboeke, kinderboeke, volwasse inkleurboeke en goed-voel-boeke. Van dié 10,5 miljoen is net 20% volwasse fiksie, en ’n fraksie daarvan was Suid-Afrikaanse publikasies, min of meer 500 000 00. Volgens Nielsens Bookscan, wat boekverkope by hoofstroom-boekwinkels meet, was ’n skrale 3% hiervan Engelse boeke.

Uit die 525 000 volwasse fiksie wat verlede jaar in Suid-Afrika verkoop is, was 450 000 Afrikaans romans, en net 75 000 Engels! En nog beter nuus vir die Afrikaanse boek is dat die Suid-Afrikaanse romansier wat in Engels skryf gemiddeld 600–1000 eksemplare van ’n roman verkoop, teenoor die Afrikaanse romanskrywer se gemiddeld van 3000 – as jy nie Chanette Paul of Irma Joubert, Sophia Kapp of Deon Meyer is nie, vir hulle is 6 000 sommer niks.

Bloot op grond hiervan is Afrikaans ’n bate vir Suid-Afrika, ’n finansiële bate met ’n onmisbare boekwaarde.

Daar is ’n stuk of ses miljoen mense wie se moedertaal Afrikaans is en veertien miljoen in totaal wat Afrikaans kan gebruik. Konserwatief geskat beteken dit dat maklik tien miljoen mense in Suid-Afrika daagliks in Afrikaans leef of werk. As jy dan dink Afrikaans is onbelangrik, is jy die probleem. Nie Afrikaans nie!

Vir my is ons grootste uitdaging daarin dat Afrikaners moet verstaan dat die taal se grense verder as die Afrikaner strek. Die vraag is steeds hoe ons ’n gesplete taalgemeenskap in ’n nuwe eenheid kan omskep? Hier is "ons" vir my die kernwoord, want die tien miljoen Suid-Afrikaners wat Afrikaans daagliks gebruik, moet die "ons" herdefinieer op ’n manier wat nie een van ons uitsluit nie. Dit is vir my waaroor ons moet praat maar, en dit is die kruks: Ons moet ons nie laat definieer nie. Ek laat my nie deur politici, buitestanders of bitterbekke vertel wie ek is en wat my geskiedenis is nie. Maar dan moet die totale "ons" ons definieer. Moet net nie weer die "ons" vanuit een oog en een oor en een tong wil omskryf nie. Dit is nie hoe ek demokrasie verstaan nie.

Wit en Afrikaanse bevoorregting in die vorige politieke bestel is ’n feit. Die vraag vir die toekoms is egter: Wat maak jy van jou bevoorregting? Want Afrikaans is steeds bevoorreg, al is dit nie meer institusioneel nie. Dit gaan nie help om te sit en wonder oor bevoorregting wat was of nie meer is nie. Doen tog net iets!

’n Goeie voorbeeld van doen is die 60 000 handtekeninge teen die besoek van die omstrede Amerikaanse pastoor, Steven Anderson, op grond waarvan die minister hom toegang tot die RSA weier.

Dit, eerder as ’n gekibbel met ’n minister, kan ook vir die behoud van Afrikaans op tersiêre vlak werk. Op Facebook het ek ’n stukkie oor die behoud van Afrikaans op die Potchefstroomkampus van die NWU geplaas. Dit het 256 000 kyke, meer as 4 000 delings en 2 600 likes gekry, en net een enkele verwerping! Wat nou van ’n Afrikaanse kampus, Meneer die Minister? Die Stellenbosch-argument dat Afrikaansgebruikers nie Afrikaanse onderrig verkies nie, is pure Stellenbosch-twak!

Afrikaans is hier om te bly. Miskien moet 16 Junie in Suid-Afrika as taaldag verklaar word, veeltaligheidsdag, want dit is die dag waarop ek vir die eerste keer moes verstaan dat een taal nie afgedwing kan word nie. Die regering verstaan dit nou nog nie.

Die bydrae van die ATKV en Afrikaans op so ’n veeltaligheidsdag sal wees om Afrikaans as die taal van versoening te bemark.

Die toekoms van Afrikaans lê in my en jou hande.

Wat tot hiertoe ter sprake was, in Christo se praatjie en in myne, is hoofsaaklik gegrond op feite oor Afrikaans, feite uit gister en feite uit vandag. Dit is die feitelike storie van Afrikaans. Kom ons noem dit in modeterme die faksionele narratief, omdat die storie op die feite berus. Ons het die feitelike storie van Afrikaans vertel, maar dit is net die begin. Faksionele narratief het ongelukkig ook ’n ander betekenis, naamlik dat ons feitelike storie net deur ’n faksie binne die Suid-Afrikaanse tale-geheel aanvaar word! Dit maak daarvan ’n eksklusiewe narratief. En ’n nasionale narratief is per definisie inklusief, meer nog as dit ’n veeltalige narratief wil wees.

Aparte narratiewe van afsonderlike taalgemeenskappe behoort tot die verlede, want dit is faksionele narratiewe.

Daar is tot dusver in die demokratiese Suid-Afrika nie sprake van ’n nasionale narratief nie. Dit het in die filosofie van Nelson Mandela bestaan, maar die meeste faksies wou daaraan torring om hulle eie narratiewe te pas. Die toekoms is die herformulering van die inklusiewe Mandela-narratief, wat insluit sonder om uit te sluit. Die inklusiewe, nasionale storie van ’n nuwe Suid-Afrika mag niemand uitsluit nie: Nie armes nie, nie rykes nie; nie swart nie, nie wit nie en ook nie bruin nie. As die narratief die Khoi of Boesman uitsluit, is dit net so sleg as een wat die Zoeloes uitsluit.

Een ding wat die inklusiewe narratief in aanmerking sal moet neem, is dat die geskiedenis van Suid-Afrika nie die geskiedenis van Afrika is nie. Grootskaalse kolonisering van Afrika is byvoorbeeld ’n verskynsel van die laaste kwart van die negentiende eeu. Die geskiedenis van ’n veelvolkige Suid-Afrika is ’n geskiedenis wat al in die sestiende eeu begin, met die Khoi en die Boesman as eerste akteurs op die Suider Afrikaanse verhoog.

Daar is ook ’n ander storie wat op sy eie waarheid gegrond is, en dit is dat Engels in Suid-Afrika die taal van versoening is. Engels het as versoener totaal misluk sedert 1994, soos wat dit as versoener tussen 1806 en 1925 misluk het. Die ANC het in Engels misluk, die US, UK, UV, UJ, Wits en Tukkies is besig om in Engels te misluk. Engels het die taal van polarisasie geword!

Dit impliseer ’n nuwe nasionale narratief, ’n meesternarratief en dit is die veeltalige meesternarratief van linguistiese insluiting.

Taal is meer as ’n blote kommunikasiemiddel. Ons is die taal wat ons praat; ek en jy is die storie wat ons van onsself vertel. ’n Nasie word die storie wat hy van homself glo.

Maar in Suid-Afrika probeer ons ’n nuwe nasie sonder sy eie storie bou. Ons het nie ’n nasionale narratief nie omdat ons nie ’n nasionale droom het nie. Dit is omdat ons ’n veeltalige narratief vereng het tot ’n eentalige narratief. Elke taalgemeenskap in Suid-Afrika moet toegelaat word om in sy eie taal deel van die nasionale narratief te word.

Die bevoorregte posisie wat Afrikaans tussen 1925 en1994 gehad het, sal hy nooit weer hê nie. Daar sal ’n nuwe plek vir hom gevind moet word, en dit lê nie in sy amptelike status nie, maar in sy vermoë om deel van die nasionale narratief te word.

Die nasionale narratief het tot dusver in Engels misluk, al is Engels die enigste de facto amptelike taal. Nasiebou het in Engels misluk.

Die toekoms lê in die erkenning van veeltaligheid, en hierin kan Afrikaans as taal van versoening ’n beduidende rol speel. Dit is net Afrikaans wat byvoorbeeld oor die versoenende vokatiewe van oom en tannie of oupa en ouma beskik.

Ons moet egter aanvaar dat veeltaligheid in die huidige Suid-Afrika steeds beskou word as een van die merkers van apartheid, al dui die sukses van kykNET, RSG en die ATKV op die teendeel.

Daarom is die skep van ’n bewustheid van die feit dat veeltaligheid misbruik kan word vir die herinstelling van kolonialisme en apartheid die hoeksteen van ’n veeltalige nasionale narratief. Veeltaligheid in Suid-Afrika is polities die sondebok gemaak in die stille stryd om die hegemonie van Engels te vestig. Veeltaligheid in Suid-Afrika kan egter van hierdie polities verdagte angel ontslae raak deur ’n paar taalwerklikhede in die praktyk te verreken.

In die eerste plek moet erken word dat slegs Engels en Afrikaans nasionaal gebruik word. Tweedens is daar verder net twee taalgroepe met ’n beduidende aantal moedertaalsprekendes, en dit is die Nguni- en die Sotho-taalgroep. In die lig hiervan is vier nasionaal amptelike tale logies, terwyl die ander tale, wat die Khoi- en Boesman-tale insluit, regionaal as amptelike tale erken word. Dit moet ook iets soos gebaretaal insluit.

’n Engelse nasionale narratief is nie die antwoord nie, dit het sedert 1994 klaaglik misluk omdat dit by verstek meer as 50% Suid-Afrikaners uitsluit. Om dieselfde rede is ’n eksklusief Afrikaanse nasionale narratief ondenkbaar, indien nie onnosel nie.

Die nasionale narratief waarvan ek droom, is ’n veeltalige nasionale narratief, per definisie dan ’n multikulturele narratief. Daar is egter duidelike voorwaardes vir die insluiting van Afrikaans in sodanige multitalige nasionale droom.

Die eerste voorwaarde is persoonlik, naamlik dat ek as Afrikaner eerlik met myself moet wees in dié sin dat ek daarmee nie heimlik die behoud van reaksionêre wit eksklusiwiteit probeer verskans nie, al sluit my droom iets soos ’n staatsondersteunde Afrikaanse PUK-kampus van die NWU in.

Die tweede voorwaarde is dat ons die politieke gronde vir die wrewel teen Afrikaans nie kan onderskat nie.

As jy my ’n persoonlike blik op die #Fees must Fall-beweging sal verskoon, wil ek dit stel dat die hele beweging niks anders is nie as #Apartheid must fall nie. Volg ’n mens die argumentasielyne van kundiges, soos Theuns Eloff, Helen Zille of Max du Preez, lei ek daaruit af dat die onrus nie net ’n ongenoeë, om dit sagkens te stel, met 1994 is nie, maar met die behoud van te veel reste uit die politieke bedeling voor '94. Te min het vir te veel verander.

Ek dink nie dit is soseer die Kodesa-onderhandelinge as sodanig nie, maar die toepassing van die kompromieë in sowel pres Mbeki as pres Zuma se presidensies. Die onderwys is een voorbeeld daarvan, want vir my is die grootste menseregtevergryp ná '94 die miskenning van die jeug se reg om basiese vaardighede en sinvolle onderwys in die moedertaal te kry.

Miskien moet ek dan ten slotte sê dat die nasionale narratief in wese die #Kodesa moet herleef insluit.

My nasionale narratief hou rekening met veeltaligheid.

Waar kom die ATKV nou in? mag jy vra.

In die eerste plek dink ek die ATKV kan ’n nuwe Kodesa vir die jong mense van ná 94 fasiliteer waaruit ’n veeltalige nasionale narratief geformuleer kan word as die Suid-Afrikaanse kultuurdroom. Daar is genoeg voorbeelde van hoogs suksesvolle veeltalige projekte van die ATKV, soos jeugdaggesprekke, koor- en musiekkompetisies, redenaars, boekgesprekke, ens. Miskien moet ons die riel-sukses uitbrei na ’n weekkompetisie: Maandag die finaal van ’n landswye Volkspelekompetisie, Dinsdag die finaal van ’n landswye Venda-slangdans, Woensdag tradisionele Zoeloedanse. Saterdagaand die wennerskonsert op die verhoog van die Taalmonument.

Veeltaligheid is ’n én-filosofie, nie ’n óf-filosofie nie! Dit gaan vir my daarom nie om óf Engels óf Afrikaans nie, ek is nie teen die gebruik van Engels nie, maar een ding weet ek: Ek gaan nie weer Engels praat voordat Engels gedekoloniseer is nie. Christo van Rensburg het in sy bydrae gelukkig pas binne twintig minute bewys dat Afrikaans van meet af gedekoloniseer is.

The post Afrikaans vandag en môre appeared first on LitNet.

Pass 'ie torch aan

$
0
0

Die ATKV-tak op Atlantis het besluit om twaalf vroue as fakkeldraers te vereer. Hierdie vroue is pioniers. Hulle is bakens, elkeen dra hulle eie lig na die donkerste dele van die gemeenskap.

Die gemeenkap hoop om hiermee ook ’n jonger generasie aan te moedig om diensbaar te wees. Dit is ’n dankie dié, maar dit is ook ’n pleidooi, in die taal van Atlantis: “Asseblief, pass ‘ie torch aan.”


Rachael Watson

Rachael Watson is ’n passievolle radio-omroeper wat ook baie doen om jonger mense op te lei en geleenthede in die uitsaaiwese te bied.

16-08-05-atlantis-a5301

Rachael Watson (gebore Visser) is die vyfde van agt kinders. Sy het in Bishop Lavis in Kaapstad grootgeword. Haar pa sterf toe Rachel net nege jaar oud was. Hy was maar 40. Haar ma was ’n huishulp. Rachel moes op 14 die skool verlaat en gaan werk om die pot aan die kook te hou. Toe sy 19 was, is hul huis deur ’n brand vernietig. Hulle kon eers 12 later jaar weer in ’n ordentlike huis intrek.

Sy is in 1985 getroud.

Die egpaar het hulle in Atlantis gaan vestig.

In 1986 word sy by Ensign Clothing, waar sy toe gewerk het, aangestel as die leier van ’n vakbond in die klerebedryf. Sy het in die aande, ná werk, haar kennis oor die vakbondwese verbreed en het hard gewerk om haar Engels te verbeter. Omdat sy in die openbaar moes optree, het sy gereeld voor die spieël geoefen. Sy was ook die kaptein van die fabriek se netbalspan.

In 2006 raak sy betrokke by die samestelling van die boek Labour Pains for the Nation: Eight women workers tell their stories, wat later met die Labour Media Award bekroon is.

In 2007 sluit sy aan by die gemeenskapsradiostasie Radio Atlantis. Van toe af was daar geen keer aan haar nie.

Sy dien die gemeenskap deur met passie en toewyding aan die stasie se nuus- en programinhoud te werk. Die stasie se groei help hulle deesdae om ook aan jongmense blootstelling te gee aan die uitsaaimedia en die joernalistiek, en een van die toenmalige vrywilligers werk nou voltyds by RSG.

Rachael glo ’n mens moet hard werk om bo uit te kom en sal altyd ander aanmoedig om hul beste te lewer. Dié merkwaardige vrou is tans die voorsitter van Workers’ World Media Productions.

Sy is die ma van twee seuns.


Mary Tenggren

Mary Tenggren is ’n kranige tuinier wat nie net vir haarself nie, maar ook vir die gemeenskap baie geld insamel met haar vyf groen vingers.

16-08-05-atlantis-a5357

Mary Tenggren is ’n 60-jarige weduwee van Atlantis en ‘n moeder van vyf. Sy het meer as vyftien jaar gelede die helfte van haar hand verloor in ’n fratsongeluk by die fabriek waar sy gewerk het, maar het nie toegelaat dat dit haar onderkry nie.

In 2001 het sy met tuinbouprojekte begin en kon so haar liefde en passie vir die natuur gebruik om ’n inkomste vir haar gesin te genereer deur die kweek van blomme vir verskeie funksies, soos begrafnisse en skole se matriekafskeid. Mary se groen vingers het haar al verkeie toekennings besorg.

Toe sy ’n ruk gelede genader is om deel te word van die ATKV-tak in Atlantis se tuinbouprojek, het sy dadelik ingewillig. Dit sou aan haar die geleentheid bied om haar kennis van groentetuine uit te bou. Sy is altyd gereed vir nuwe uitdagings, maar noem dat sy niks plant voor sy nie behoorlik navorsing gedoen het nie, want sy wil nie geld, tyd en energie verkwis nie; dit wat sy plant, moet vir haar ’n inkomste inbring.

Mary het ’n al naskoolgroepie begin waar sy vir die jongspan die kuns van tuinbou leer en sy het onlangs ook op die perseel van ’n organisasie wat met gestremde mense werk, ’n lappie grond bekom wat sy vir haarself benut; in ruil daarvoor deel sy haar vaardigheid met die inwoners van die organisasie. Sy maak ook altyd ’n bydrae tot haar kerkbasaar deur plante uit haar tuin te skenk wat hulle kan verkoop. Wanneer bure of vriende verjaar, is sy altyd gereed met ietsie uit haar tuin.

Mary doen gereeld motiveringspraatjies vir ander vroue in die gemeenskap, en by die seniorburgerklub waarvan sy ’n lid is, moedig sy mense aan om hulle talente tot hul eie voordeel te gebruik.

Sy is dankbaar teenoor haar hemelse Vader vir die talent, ook dat sy nog diensbaar kan wees en vir niks hoef terug te staan nie, al het sy net vyf vingers.


Olivia Pharo

Olivia Pharo is die hoof van verpleging by die Wesfleur Hospitaal en bied elke Dinsdag die program Prontuit Gesond op Radio Atlantis aan.

16-08-31-atlantis-7107

Olivia Pharo is gebore in Ravensmead, Kaapstad, en woon al lank op Atlantis. Sy was by Saxon Sea Primêr in Atlantis op skool en het by Atlantis Sekondêr haar skoolloopbaan voltooi.

Ná sy ’n rukkie lank gewerk het, kon sy in 1990 gaan studeer in verpleegkunde by Tygerberg Hospitaal. Sy is in 1995 aangestel by Wesfleur Hospitaal in Atlantis, waar sy nou al nou al 21 jaar lank werk.

Die studiegogga wou haar nie los nie en sy het haar ingeskryf by die Universiteit Stellenbosch vir ’n gevorderde diploma in primêregesondheidsorg, wat sy cum laude geslaag het. Dié merkwaardige vrou staan tans aan die hoof van verpleging by Wesfleur Hospitaal. Sy mentor ook studente.

Olivia is lief vir haar gemeenskap en onderrig voortdurend kliënte oor verskeie gesondheidskwessies. Sy was ook betrokke by die oplei van minderbevoorregte mense om as tuisversorgers te kwalifiseer. Saam met ’n kollega het sy ook ’n tienerklub gestig waar die jongmense gehelp word met skoolwerk en die aanleer van vaardighede sodat hulle vrye tyd positief benut kan word. Vir kinders wat dwelms gebruik, is Olivia ook daar om die nodige verwysings moontlik te maak. Na ure skenk sy haar dienste aan diegene wat sukkel met ’n familielid wat sterwend is.

Olivia lees graag, luister na musiek en hou daarvan om tyd met haar gesin te spandeer. Sy is getroud en het twee seuns; haar oudste studeer rekeningkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Elke Dinsdag bied sy die program Prontuit Gesond op Radio Atlantis aan.


Sillene Oppel

Sillene Oppel het in 2004 ’n fiets gekoop om fiks te bly. Sy het nou reeds tien Argus-fietsrenne en twee Comrades-wedlope voltooi.

16-08-31-atlantis-7091

Sillene Oppel is in Namakwaland gebore en getoë. As 24-jarige het sy ’n beter lewe in die Kaap gaan soek en het by die Tedelex-vervaardigingsaanleg in Atlantis ’n werk gekry. Daar was sy werksaam tot die maatskappy in 2010 finaal hul deure moes sluit. In November 2011 het sy weer by Oskava, wat skaapvelprodukte vervaardig, begin werk. Sy is tans die maatskappy se boekhouer en help ook met kantediens.

Soos haar kinders begin groot word het, was haar lyf nie meer so ferm soos sy dit wou hê nie. Selline het besluit om iets daaraan te doen. Sy koop toe in 2004 vir haar ’n fiets en het dadelik aan fietswedrenne begin deelneem. Aanvanklik het sy met die fiets werk toe gery vir oefening, maar het later ook die strate om haar huis “tot vervelens toe platgery”. In 2007 skryf sy haar in vir die Argus-fietstoer, ’n wedren van 109 km; teen 2016 het sy dié wedren reeds tien keer suksesvol voltooi.

Dit is egter nie al nie. In 2004 het haar oudste dogter vir Selline ingeskryf vir ’n staptog van 10 km. Selline se bene was baie seer ná die uitdaging, maar sy beskryf dit as ’n “absoluut fantastiese seer”. Die gevoel het haar laat uitsien na ’n volgende keer. Met die raad en motivering van ander atlete het sy met ’n nuwe geesdrif en ywer begin drafstap. Haar tye het verbeter – en toe was daar absoluut geen keer meer nie. Sy het van die 10 km na die halfmarathon beweeg. Toe sy dít kon doen, het sy ’n volle marathon (42 km) gehardloop. Steeds was dit nie genoeg nie en in 2010, op die rype ouderdom van 52, besluit sy om die Comrades-marathon (ongeveer 88 km} aan te durf.

Baie bang, en baie opgewonde, het sy aangetree. Toe, “met baie genade”, kon sy 11 uur en 13 minute later, lank voor die afsnytyd van 12 uur, ’n Comrades-medalje om haar nek hang. Sy beskryf dit as “die grootste oomblik in my lewe”. Die volgende jaar het sy dit weer reggekry en kon so die “back to back”-medalje, ’n eer vir ’n langafstandatleet, tot haar versmaling voeg.

Selline sê fietsry, en veral draf, hou soveel voordele in: dit bou karakter, hou jou liggaam in toom en jy smaak gereeld die vreugde van jou prestasies. Dit is nie maklik nie, maar enigiets wat ’n mens in die lewe wil bereik, vra absolute dissipline en deursettingsvermoë. Sy moedig deesdae mense aan om ook te begin draf, want, sê hierdie energieke gryskop, niemand het ’n verskoning nie. Bruce Fordyce, wat die Comrades nege keer gewen het, sê mos: “Enige mens wat kan stap, kan draf ook.”


Carol Muller

Carol Muller is ’n toegewyde onderwyseres wat al aan generasies van Atlantis se jongste leerders ’n toekoms bied.

16-08-05-atlantis-a5358

Carol Muller is in Port Elizabeth gebore as die oudste dogter van Freddie en Valerie Muller.

Toe sy maar vyf jaar oud was, het sy al geweet dat sy ’n onderwyseres wil word vir klein kindertjies en sy kon uiteindelik dié doelwit bereik deur haar ouers se ondersteuning en die genade van Bo. Sy hou nou al jare lank skool vir graad 1’s by Hermeslaan Primêr in Atlantis.

Waarom dié passie vir die kleintjies?

Carol sê dit is oor hulle baie sorg nodig het. Verwaarloosde en minderbevoorregte kinders het ’n spesiale plekkie in haar hart. Sy wil minderbevoorregte kinders help om op hul eie bene te staan en verantwoordelike volwassenes te word wat ’n positiewe bydrae tot die samelewing kan lewer, daarom droom sy daarvan om eendag ’n baie groot huis te bou waar sy sulke kinders onder haar vlerk kan neem.

Carol leef haar uit in haar beroep, want daar is sy op haar gelukkigste. Sy dra opsetlik gemaklike klere, soos ’n T-hemp of ’n woltrui, want, sê sy, sy wou net nooit ’n “upstairs juffrou” wees nie. Lief vir skoene is sy wel.

Mense beskryf haar as ’n goeie luisteraar en iemand wat baie gedissiplineerd is. Kinders vertel graag hoe lief hulle vir haar is, want sy luister na hulle. Dit bring die beste na vore in die jongspan, want sy glo in hul potensiaal.

Carol kook graag en hou daarvan om dinge sélf te doen; dan weet sy mos dit is reg, presies soos sý daarvan hou.

Haar motto is: Seëninge uit God se hand maak ons ryk; Sy liefde en genade is elke dag verniet.


Lenie Maya

Lenie Maya en haar man bedien al 14 jaar lank die gemeenskap op die gebied van MIV/Vigs-voorkoming en werk hard om die stigma rondom die pandemie te elimineer.

16-08-05-atlantis-a5316

Pastoor Lenie Maya is gebore in Knysna en was die oudste van vyf kinders.

Haar droom was om ’n onderwyser te word, maar sy het uiteindelik haar liefde vir mense uitgeleef toe sy haar man, pastoor Tom Maya, se visie gesteun het om ’n gemeenskapskerk, genaamd Power Ministry, te begin. Hulle bedien nou al vir 14 jaar die gemeenskap met gesondheidsorg en die voorkoming van Vigs. Hulle stel ook die kerk beskikbaar aan die Wesfleur Hospitaal om dienste aan die gemeenskap te lewer.

Lenie is een van die stigters van die Atlantis Integrale MIV- en Vigs-netwerk waar sy as vrywilliger begin werk het. Die organisasie bestaan nou al tien jaar en Lenie is tans die hoof uitvoerende beampte. Onder haar leiding is baie vrywilligers opgelei en hulle lewer dienste aan meer as 300 kliënte. Die netwerk neem ook deel aan kwartaallikse gemeenskapsdialoë om die stigma rondom die MIV-pandemie te elimineer.

Lenie het ook ’n mentor geword vir gebroke vroue en kinders. Van haar kliënte, wat alkoholverslaafdes was, werk nou saam met haar om ander te help. Daar was ook groot vreugde toe ’n weesdogtertjie wat deur Lenie onder hande geneem is, haar Boland-kleure in atletiek behaal het, al het talle mense nie veel hoop vir die kind gehad nie. Dit is die vreugde wat sy uit sulke prestasies put wat haar motiveer om aan te hou, want dit is nie altyd maklik om pastoor, ma, vrou, gemeenskapsleier en kampvegter vir gebroke mense te wees nie. Tog, met haar wysheid en die genade van God kan en wil sy nog baie gee.

Sy glo dat ’n belegging in mense jou grootste bate is, want só help jy bou aan ’n gesonde gemeenskap.

Lenie is die ma van vier kinders en agt kleinkinders.


Sylvia Losper

Sylvia Losper is ’n verpleegster wat reeds meer as 45 jaar in die diens van Atlantis staan; op 76-jarige ouderdom dink sy nog nie aan uittree nie.

16-08-05-atlantis-a5309

Sylvia Wilhelmina Losper het in die Transkei grootgeword en wou nog altyd ’n verpleegster word. Haar droom is bewaarheid toe sy by die Coronation College in Johannesburg kon aanmeld vir opleiding.

In 1985 het sy op Atlantis kom woon en het lief geword vir die dorp en sy mense. Sylvia was deel van ’n groep verpleegsters wat skool- en huisbesoeke gedoen het in Mamre en Atlantis.

Sylvia is drie tale magtig: Engels, Afrikaans en Xhosa. Haar talle Xhosa-sprekende kliënte in Witsand, ’n gebied naby Atlantis, is altyd dankbaar dat sy hul taal kan so vlot praat.

 In 2001 het sy haar eie praktyk begin en later, toe die werkslading te veel word, ’n vennoot ingekry, want daar is ’n groot aanvraag na haar dienste. Sy het nog ’n goeie verhouding met Wesfleur Hospitaal, waar sy voorheen gewerk het, en verwys soms ernstige gevalle soontoe. Sy bedien tot 70 kliënte per dag.

Sy beskou haarself as ’n instrument in God se hand en vra altyd sy leiding voor sy ’n diagnose maak; dit maak dat sy soms in vreemde situasies kan help. Sy onthou nog ’n mismoedige mamma met ’n huilende kindjie wat haar spreekkamer besoek het. Die ma was al raadop. Toe Sylvia die kleintjie se skoene uittrek, is die probleem opgelos; die skoene was te klein en het die dogtertjie seergemaak.

Sylvia Losper is al vir 45 jaar in diens van Atlantis. Sy sê sy wou nog nooit iets anders doen nie en op 76-jarige ouderdom dink sy nog nie aan uittree nie; sy wil praktiseer tot die Vader haar kom haal.

Al is sy soms deur moeilike tye, is opgee nie ’n opsie nie. In haar vrye tyd lees sy graag. Verder doen sy naaldwerk en help dikwels met die maak van skoolsweetpakke.


Christine Lewis

Christine Lewis is ’n afgetrede maatskaplike werker wat nog elke dag betrokke is by bejaardesorg en verantwoordelik is vir vyf seniorklubs in Atlantis en Pella.

16-08-05-atlantis-a5336

Christine Lewis is oorspronklik van Kensington en het aan Windermere Hoërskool gematrikuleer. In 1982 kwalifiseer sy as maatskaplike werker. Haar liefde vir ander het sy gekry van haar ma, wat altyd loseerders ingeneem het. Christine se pa is oorlede toe sy maar 15 jaar oud was.

Sy het haar werk by die diakonale dienste in Elsiesrivier begin. Van daar is sy na die ACVV se kantore in Mitchells Plain. In 1986 het sy as maatskaplike werker by Avondale in Atlantis begin werk, waar sy gevallewerk, groepwerk en gemeenskapswerk gedoen het. Atlantis vorm deel van die Kaapse metropool, so die vasbytvrou werk nou al dekades lank vir die Stad Kaapstad.

Christine het al gehelp om verskeie projekte op die been te bring. Sy is ’n stigterslid van die vroeëkinderontwikkelingsforum Umnyama, wat aan die prinsipale van kleuterskole opleiding bied en hulp verskaf met registrasie; ook van Soenklip, ’n speelgroepie en voedingskema wat ongeveer 700 kinders per dag voed, én van die Abbeyfield- en Atlantis-verswaktesorgsentrum.

Danksy haar aansoeke vir befondsing van die Departement van Gesondheid kon sy ook verskeie tuinbouprojekte in Atlantis, Mamre en Pella van stapel stuur.

In 1998 help stig sy ook ’n liggaam wat verantwoordelik is vir vyf seniorklubs in Atlantis en Pella. Hier word tuisversorgers opgelei wat selfs op internasionale vlak erken word; twee van hulle kon intussen selfs as stafverpleegsters kwalifiseer.

Hoewel sy veral bekend is vir haar werk met die ouer mense, het Christine, ná haar aftrede, ook met straatmense begin werk. Sy doen tans monitering en evaluering van die assesseringsentrums wat deur die Stad Kaapstad befonds word en werk steeds ’n hele aantal uur per week op straat, waar sy onderhoude doen met die haweloses in ’n poging om hulle met hul gesinne te herenig.

Haar visie is eenvoudig, maar duidelik: sy wil ander sien sukses behaal; daarom motiveer sy mense om hul potensiaal uit te leef en hulleself te bemagtig.


Mandy Jonker

Mandy Jonker is ’n suksesvolle sakevrou wat ook heelwat tyd skenk aan die gemeenskap se stryd teen kanker.

16-08-05-atlantis-a5375

Mandy Jonker is ’n suksesvolle sakevrou en gemeenskapswerker.

Sy het byna 30 jaar gelede met vyf dosyn paar sokkies ’n informele onderneming begin. Haar klante was vriende, bure en familie. Danksy haar eerste profyt kon sy toe haar ware by die plaaslike vlooimark gaan verkoop.

Op daardie stadium was werkloosheid baie hoog in Atlantis en sy moes haar man in ’n baie mededingende omgewing bystaan. Sy was vasberade om ’n sukses te maak en haar onderneming het vinnig begin groei; sy kon uiteindelik twee tydelike werkers aanstel om haar te help. Mandy sê hierdie nederige begin, in die wind en weer, het haar gehelp om integriteit te kweek en liefde vir haar medemens te koester.

Met die koms van die Atlantis-winkelsentrum kon sy met nuwe ywer die skuif na die formele sektor aanpak. Dit was ’n enorme aanpassing, weens die groot oorhoofse kostes, maar sy het vasgeklou aan haar beginsel dat die klant se behoeftes eerste gestel moet word. Mandy het toe begin spesialiseer in skoene. Sy was later bekend as die “skoenevrou van Atlantis”, want mense het haar uit die omliggende streke kom besoek, wetende dat sy moeite sal doen om skoene op te spoor wat ander winkels nie sal kry nie.

Dié sakevrou is betrokke by Cansa en werk hard aan fondsinsameling- en bewusmakingsveldtogte in Mamre, Pella en Atlantis.

Die afgelope paar jaar het sy haar sakeonderneming begin afskaal om meer tyd aan haar gesin en die gemeenskap te bestee. Mandy se byna onuitputlike energie waarmee sy projekte aanpak en die ekstra myl wat sy altyd sal stap om in haar klante se behoeftes te voorsien, is egter steeds aansteeklik. Sy skryf haar sukses toe aan die genade van haar hemelse Vader en bid dat sy nooit die dryfkrag vir haar onderneming en die liefde vir haar klante sal verloor nie.


Chrissie Cloete

Chrissie Cloete word vereer vir haar vrywillige werk in diens van Atlantis om drank- en dwelmafhanklikes te rehabiliteer.

16-08-31-atlantis-7155

Antie Chrissie, soos almal in die dorp haar noem, woon al vir meer as dertig jaar op Atlantis. Sy het ’n passie vir die gemeenskap en is betrokke by heelwat organisasies. Sy glo omgee is haar Godgegewe talent, sodat sy mense se lewens beter kan maak.

Christiana Cloete is in Namakwaland, net langs die Oranjerivier, gebore en het dikwels as jong dogter saam met haar ma gaan diens doen in die gemeenskap. Dit is waar die liefde en die omgee vir mense begin het.

Die liefdevolle antie Chrissie is al sedert 1981 besig met vrywillige werk. Sy help met maatskaplike ontwikkeling, het ’n groot passie vir die rehabilitasie van drank- en dwelmafhanklikes en is een van die stigterslede van die Christelike Afhanklikheidbediening (CAB) wat hul beywer om nasorg te bied vir mense wat van rehabilitasiesentrums af terugkom. Sy kan met trots sê dat terwyl sy by die afhanklikheidbediening betrokke is, hulle al talle verslaafdes bevry het van drank en dwelms. Sy is die Here innig dankbaar vir dié bevryding, want deur hulle getuienis kan ander ook bevry word.

Antie Chrissie is ’n liefdevolle mens met ’n hart wat warm klop vir die jeug. Sy het vir jare katkisante onderrig en het ook Bybelstudie vir die katkisante aangebied, wat die jongmense geestelik moes help vorm om verantwoordelik te kan optree, positiewe keuses te kon maak en geestelik volwasse te word. Voorts was sy vir vyf jaar die sekretaresse van die vrouebediening in die VGK.

Die ywerige tannie sit nie stil nie. Sy neem tans rekenaarklasse en op die ouderdom van 70 sluit sy by die leeskring aan wat bedryf word deur Atlantis se ATKV-tak. Sy is die oudste leser in die kring.

Sy maak die lekkerste roosterbrood en gebruik dié talent om fondse vir die kerk en die gemeenskap in te samel.

Haar motto is: “Doen altyd goed aan jou medemens, gee altyd jou beste en moenie verwyt nie.”


Mary-Ann Cedras

Mary-Ann Cedras het oor die jare haarself én die gemeenskap van Atlantis opgehef deur haar volgehoue diens aan die Orion Organisation, ’n organisasie vir gestremde mense.

16-08-05-atlantis-a5329p

Mary-Anne Cedras se liefde vir gestremdes kom uit haar hoërskooljare toe sy saam met ’n vriendin vrywillige werk gaan doen het by die Orion Organisation tydens hul skoolvakansies. Sy het dit nie net geniet nie, maar het ook geleer dat mense met gestremdhede baie spesiaal is.

In 1989 het sy by Orion begin werk as pakker, maar het deurentyd kursusse gedoen om haarself te bekwaam tot voordeel van die organisasie en die mense wat hulle dien. In 1991 voltooi sy ’n oorsienerskursus en word daarna bevorder tot hoofoorsiener. Sy hou egter nie op leer nie en bekwaam haar as finansiële klerk; daarmee neem Mary-Anne toe die verantwoordelikheid om die hele organisasie se finansies te bestuur, op haar skouers.

In 2007 doen sy ook ’n internasionale kursus in rekeningkunde.

Mary-Ann is ambisieus en wil graag nog groter uitdagings die hoof bied. Sy streef daarna om haar persoonlike waardes, soos integriteit, verantwoordelikheid en werksetiek, by die werk toe te pas en glo ’n mens is nooit te oud om te leer nie, want ons moet altyd tred hou met die tyd, aangesien die wêreld baie kompeterend is.


Francis Brown

Francis Brown het op 62-jarige ouderdom ingeskryf by die ATKV se liedjieslypkompetisie; deesdae tree sy as deel van ATKV-Crescendo by Afrikaanse feeste op.

16-08-05-atlantis-a5381

Francis Brown is ’n selfversekerde vrou wat op die ouderdom van 62 ingeskryf het by die ATKV se liedjieslypkompetisie. Sy is as een van die finaliste gekies en is toe gevra om aan ATKV-Crescendo deel te neem. Vir tannie Francis, soos sy genoem word, was dit ’n droom wat waar geword het en sy tree deesdae op by Afrikaanse feeste regoor die land; vir haar het die verhoog ’n tuiste geword.

Tannie Francis skryf ook self haar liedjies en droom daarvan om ’n album op te neem.

Dié talentvolle vrou is egter al jare lank betrokke in die gemeenskap. Sy het die Dura-Jeugkoor gestig in ’n poging om jongmense besig te hou en te ontwikkel. Onder haar leiding vind daar ook gereeld modekompetisies plaas waar sy die streek se jongmense help om hulle talente te slyp.

Tannie Francis en haar man spog ook met ’n pragtige tuin wat hulle begin het om hul omgewing te verfraai, en stel dit aan die gemeenskap beskikbaar vir funksies. Paartjies kom ook gereeld daar foto’s neem. Die egpaar het onlangs ’n toekenning vir hulle tuin het ontvang.

Tannie Francis het vier kinders, 12 kleinkinders en drie agterkleinkinders. Sy is lief vir lees en is tans besig met ’n manuskrip onder leiding van LAPA Uitgewers.

Dié sangsensasie gee graag eer aan God wat haar geseën het met vele talente en erken dat sy sonder Sy genade verlore is.

Haar motto is: “Beteken iets vir iemand en maak ’n verskil aan iemand se lewe, al is dit hoe klein.”


 

Dié twaalf vroue verskyn ook op ’n lessenaarkalender wat deur ATKV-tak op Atlantis verkoop word om fondse te in vir gemeenskapsprojekte. Belangstellendes kan Elize Fortuin kontak by efortuin@atkv.org.za.

Fotografie: Izak de Vries

The post Pass 'ie torch aan appeared first on LitNet.

ATKV-betrekkings: Digitale koördineerder by LAPA Uitgewers

$
0
0

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde persoon om as digitale koördineerder by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.

Die ATKV volg ’n gelyke indiensnemingsbeleid.

Kennis-/vaardigheidsvereistes

  • BA-graad of verwante tersiêre kwalifikasie
  • Kommunikasievaardighede met ervaring in die lewering van kliëntediens
  • ’n Oog vir detail en uitsonderlike organisasievermoëns
  • Vertroud met en ervaring in Excel, Microsoft Word en Photoshop
  • ’n Sterk belangstelling in digitale ontwikkelinge op die gebied van media en sosiale media

Die vernaamste verantwoordelikhede is:

  • Algemene webwerfkoördinering en -administrasie.
  • Navorsing insluitend teikengehooridentifikasie, mededingende analise, kwalitatiewe webtuisteprofielanalise, soekenjinsleutelwoordanalise en byeenbring van sekondêre navorsing in plaaslike en oorsese markte.
  • Koördinering van betaalde internetveldtogte (“campaign billing”).
  • Die byeenbring van navorsing en strategieë oor aanlynbemarking, e-posbemarking, soekenjinbemarking en selfoonbemarking.
  • Voorbereiding van beramings, veldtogskedules, begrotings en ander projekbestuur-vereistes.
  • Bystand met die identifikasie van gekwalifiseerde digitalemedia-diensverskaffers.

As jy vir so ’n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV aan: Dirk Botha, ATKV, Posbus 4586, Randburg, 2125. Die CV kan ook na 011 919 0207 gefaks word of stuur ’n e-pos na betrekkings@atkv.org.za.

Aansoeke moet die ATKV voor of op 30 November 2016 bereik. Gebruik asseblief as verwysing: LAPAWEB01

The post ATKV-betrekkings: Digitale koördineerder by LAPA Uitgewers appeared first on LitNet.

Viewing all 508 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>