ATKV-logo’s: ATKV se webwerf; Nico Scheepers: verskaf
Nico Scheepers praat met Naomi Meyer oor die ATKV-Tienertoneelproduksie Lyf wat hy geskryf het en waarvan hy vanjaar mederegisseur was, ’n produksie wat vanjaar by die Vrystaat Kunstefees te sien was.
Nico, ek het vanjaar een enkele dag by die Vrystaat Kunstefees deurgebring en kon slegs ATKV-Tienertoneel gaan kyk. Ek was aangenaam verras dat ons ’n stuk uit jou pen kon gaan kyk. Vertel asseblief hoekom jy Lyf (opgevoer deur Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp) geskryf het? Wat was jou inspirasie?
...........
Ek wou graag ’n eerlike stuk skryf oor selfontdekking – ’n visuele, taktiele ervaring van grootword. Oor die masjien van die lyf, met emosie as brandstof. My mederegisseur, Marietjie De Villiers-Knop, is ’n ongelooflike drama-onderwyser wat al vir baie jare die leerlinge by Hoërskool Noordheuwel op die regte, eerlike storiepad lei. Dit was ’n heerlike proses hierdie, en ek is onmenslik trots op die hele span.
..............

Jy is nou bekroon en gevestig as TV- en teatermaker. Is dit vir jou tweede natuur om iets vir ’n spesifieke gehoor te skryf (soos tienertoneel)? Of dink jy nie altyd aan jou gehoor nie – skryf jy omdat jy iets wil skep wat toepaslik maar ook goeie kuns is? Vertel my wat jy in gedagte hou as jy iets skryf?
Ek probeer hard om nie aan die gehoor te dink nie – ek vermoed dit is storiegif. As ek wel aan ’n gehoorlid dink terwyl ek skryf, is dit seker ek self, want ek kan net skryf wat ék graag wil sien en hoor en ervaar. Ek werk hard om die karakters so eerlik moontlik te skryf – dit is die gehoor se werk om hulle eie hoekies in te kleur. As dit by storie kom, is daar geen verskil tussen Tienertoneel of Tennessee Williams nie ... Die formaat verskil wel, met unieke reëls van struktuur en ritme wat gerespekteer of vermorsel moet word.
Wat is die beste deel van teaterstukskryf? En gaan kyk jy ooit die produksies? Of laat jy die teks gaan as jy dit geskryf het?
Teaterskryf is vir my heeltemal anders as vir die skerm - die mediums verskil so baie. Jou brein dink anders aan die karakters, storie, wêreld ... Vir die verhoog probeer ek om die temas en emosies in woordvorm lewe te gee, en op die skerm, visueel. Dis wonderlik om so met stories te kan speel – ek wil nooit iets anders doen nie.
Ek is baie betrokke, selfs na opening, soveel as moontlik. Ek was die skrywer asook die mederegisseur van Lyf, en dink nie ek sal maklik ’n teks net so kan oorhandig nie. Dis ’n ou cliché, maar jy troetel ’n teks in wording in – en mens laai nie net jou honde by vreemdelinge af nie.
...........
Ek was die skrywer asook die mederegisseur van Lyf, en dink nie ek sal maklik ’n teks net so kan oorhandig nie. Dis ’n ou cliché, maar jy troetel ’n teks in wording in – en mens laai nie net jou honde by vreemdelinge af nie.
.............
Ek het al dikwels Tienertoneel in die verlede gekyk, soos ook verlede jaar se wenners van Parel Vallei, Maanmaats. Tienertoneel is behoorlik goeie teater deesdae. Wat is jou gedagtes oor die belang van tienertoneelstukke en die ATKV se tienertoneelkompetisie? Enige waarde daarin vir opkomende akteurs?
Ek dink die ATKV-Tienertoneelkompetisie is een van die belangrikste hoekstene vir die vooruitgang van ons taal. So ook Pronk Podium, die Reza De Wet-fees, Fraserburg, Nasionale Toneelkompetisie ens. Hierdie kompetisies lewer dalk net ’n handjievol akteurs, regisseurs en skrywers in die bedryf in elke jaar, maar dit is nie die punt nie. Hierdie platforms kweek ’n gehoor: tieners wat lief is vir woorde, kuns en stories – in hulle eie taal. Tieners wat grootword en wat eendag gaan kaartjies koop vir teater.
..........

............ Waaraan skryf jy nou? Dan weet ons kykers en teatergangers solank waarna hulle kan uitsien.
Die tweede deel van die televisiereeks Nêrens, Noord-Kaap is sterk op pad. Ek mag nie sê wanneer nie, maar kykers kan gerus wees: gouer eerder as later. Ek wil die storie goed klaarmaak, en goeie goed vat tyd. Dit voel reg – ek is so opgewonde om terug te gaan Nêrens toe! Ek maak ook gereed vir ’n nuwe teaterproduksie wat by Aardklop vanjaar sal debuteer: ’n verwerking van Marietjie de Jongh se kinderboek Braam en die engel as ’n multidissiplinêre, visuele ervaring vir die hele gesin met onder andere Joanie Combrink en De Klerk Oelofse.
Lees ook:
Waar word Afrikaanse teatertalent raakgesien? ’n Onderhoud oor die ATKV-Tienertoneel-wenners 2022
Vrystaat Arts Festival director Michael Garbett on the transformative power of the arts
The post ATKV-Tienertoneelproduksie, <em>Lyf</em>, by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud met Nico Scheepers appeared first on LitNet.